Emile Etzebeth het Vrydag vlugtig in die Hopefield-landdroshof verskyn op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die voorval hou verband met die beweerde aanranding van twee mans buite ’n kroeg in Langebaan in 2019.
Die Springbokslot Eben Etzebeth en nog ander mense is destyds daarvan beskuldig dat hulle twee mans buite die kroeg aangerand en na bewering rassistiese aanmerkings toegesnou het.
Eben het deurlopend die aantygings teen hom ontken en SA Rugby het ná ’n ondersoek bevind dat hy hom nie aan rassisme of aanranding skuldig gemaak het nie.
Emile, luidens berigte Eben se neef, het nou in verband met die voorval verskyn.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê die saak teen Emile Etzebeth is tot 14 Mei uitgestel vir die verdediging om die dossier te bestudeer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
En hy was te lafhartig om te sê dit was hy. Laat toe maar iemand anders beskuldig word.
het die klaers nie maar net vergeet wie die regte etzebeth moet wees nie, eers was eben die skuldige, nou skielik sy neef
Watter Argief het hulle die een opgespoor…2019…2021.
Of is dit weer ‘ n Heksejag
Om stil te bly as jy weet jy is skuldig is papbroekig. Hoop nie hy speel rugby nie..
Daai klaers moes nie sy Mustang met die bakstene gegooi het nie dan was die geboksery nooit nodig nie.