Miljoene rande se gesteelde kabels herwin

Met die polisie se aankoms by die skrootwerf, het hulle op ‘n bakkie vol kabels afgekom (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes van 31 en 61 jaar oud is Maandag in die Mmakau-nedersetting digby Brits in Noordwes in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde aluminiumkabels ter waarde van R10 miljoen. Hulle het glo gepeuter met noodsaaklike infrastruktuur om dié kabels te bekom.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se veiligheidsdienste ontvang oor vermoedelike onwettige bedrywighede by ʼn skrootmetaalonderneming in die Mmakau-nedersetting.

Met die polisie se aankoms by dié skrootwerf het hulle aluminiumkabels op ʼn bakkie en nóg kabels in ʼn gebou op die werf gevind.

Nadat die Prasa-tegnici die kabels uitgeken het, is die bestuurder van die bakkie en die eienaar van die skrootwerf in hegtenis geneem. Die twee sal na verwagting Woensdag in die Brits-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Sello Kwena, Noordwes se polisiehoof, het die polisie, asook Prasa se veiligheidswagte, geloof vir hulle goeie werk en het diegene wat met infrastruktuur peuter, gewaarsku dat hulle voor stok gekry gaan word.

Kwena het ook ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om die oë en ore van die polisie te wees en enige verdagte bedrywighede aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marius ·

R10 miljoen in skroot waarde op een dag ? Dan kry hulle borg en ‘ n boete wat hulle uit hul bakkie se asbak. betaal ? Dis biljoene se skade wat uit die belasting betaler se sak kom . Misdaad in die hool is die lonendste beroep op aarde. .

SomeOne ·

krap maar in alle skrootwerwe, julle, polisie, sal verbaas wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.