Emosies loop hoog by Blou Bul se hofverskyning

Dylan van der Walt Donderdag buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Die ma van Louis Pienaar (38), ʼn IT-spesialis wat verlede jaar buite ʼn nagklub in die ooste van Pretoria aangerand is, was hoogs emosioneel toe die aanklagte teen die Blou Bul-o.21-rugbyspeler wat van sy aanranding verdink is, voorlopig teen hom laat vaar is.

Dylan van der Walt, wat tereg gestaan het op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, sou na verwagting Donderdag in die Hatfield-landdroshof gepleit het, waarna sy verhoor sou begin.

Staatsaanklaer JP Liebenberg het egter aangevoer dat die staat nie gereed is om voort te gaan nie.

“Net twee van die vier getuies was vandag beskikbaar. Dit wil voorkom of die ander twee nie hul samewerking wil gee nie. Die ondersoekbeampte kon hulle nie in die hande kry nie,” het Liebenberg gesê en versoek dat die saak uitgestel word om die getuies in die hande te kry.

Jacques Diemieniet, Van der Walt se prokureur, het sterk beswaar gemaak teen verdere uitstel, aangesien die saak al byna ses maande op die hofrol is.

“Die staat was bewus ná die laaste uitstel, langer as ʼn maand gelede, dat die saak vir vandag vir verhoor geplaas is. Dit was meer as genoeg tyd om hulle geleentheid te gee om hul huiswerk in orde te kry en te sorg dat alle getuies by die hof is,” het Diemieniet aangevoer.

“Ons weet ook nie wat die getuies se belangstelling verder in die saak sal wees nie. Verdere uitstel totdat die staat weet waaroor die saak gaan, gaan nie in belang van geregtigheid wees nie. My kliënt het elke uitstel stiptelik bygewoon. Hy is die een wat die regskostes moet betaal en hy word benadeel as die saak verder uitgestel word. Die staat moet eers sy saak in orde kry, waarna die beskuldigde weer voor die hof gedaag kan word sodat dit gefinaliseer kan word.”

Landdros Len Muller het verdere uitstel geweier. Hy het beveel die verhoor moet vandag begin en dat die ander getuies gedagvaar moet word om te kom getuig.

Liebenberg het aangedui die staat het in daardie geval geen ander keuse as om die saak voorlopig terug te trek nie.

Muller het die saak daarna voorlopig teruggetrek.

“Voor u verskoon word, jy het amper iemand se dood veroorsaak. My kind is amper dood en nou wil julle die saak uitgooi,” het Pienaar se ma, Marina, emosioneel in die hof gesê voor die hof verdaag het.

Muller het haar tot orde geroep en gesê sy moet haar beswaar met die staatsaanklaer opneem.

Sy het buite die hof in trane gesê haar seun is hoogs intelligent en moet nou met permanente breinskade saamleef terwyl die aanvaller vry rondbeweeg.

Louis Pienaar in die hospitaal ná sy aanranding. Foto: Verskaf

Pienaar se pa, Pine, het ná die verrigtinge gesê hulle is baie teleurgesteld oor die verwikkelinge.

“Ek kan nie glo dat die staat so onvoorbereid is en ná ses maande nie die getuies kon organiseer nie. Dit is onaanvaarbaar en voel soos ʼn gejaag na wind. Alhoewel ons vertroue in die staat geskaad is, sal ons maar moet wag en kyk wat gebeur,” het hy gesê.

Diemieniet het buite die hof gesê hy het simpatie met Pienaar se familie, maar dat daar veel meer agter die saak is as wat almal dink. Hy kon egter nie meer daaroor uitbrei nie, aangesien dit die toekomstige saak kan belemmer.

Maroela Media het vroeër berig Van der Walt het homself in Januarie op versoek van die Garsfontein-polisie oorgegee. Hy het dieselfde dag in die hof verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Van der Walt is daarvan beskuldig dat hy Pienaar in November by die nagklub aangerand het. Pienaar was lank in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die Wilgers-hospitaal. Hy het bloeding op sy brein opgedoen en moes onder meer ʼn operasie ondergaan om drukking op twee plekke op sy brein te verlig. Hy het ook spraakprobleme gehad en moes van voor af leer praat. Hy kan niks van die voorval onthou nie.

Pine het vroeër aan Maroela Media gesê die kuierplek het vir die aand toegemaak en sy seun was nog op die dansvloer toe daar ʼn groep rugbyspelers, onder wie Van der Walt, daar aangekom het. “Soos ons verstaan, het ʼn woordewisseling ontstaan. Louis en sy neef, Christian Cronjé, is toe na buite, waar Dylan hom in die parkeergebied van agter van sy voete af geslaan het. Hy het hom nog ʼn hou gegee, voor hy saam met mense in ʼn voertuig geklim en weggery het,” het Pine gesê.

Cronjé het ʼn bewustelose Louis na die naaste hospitaal gehaas, waar hy in die waakeenheid opgeneem is.

Lees die vorige berigte oor die voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

thinus ·

Daar is twee getuies, hoekom kan die saak nie voort gaan nie. Ek is doodseker dat die twee beskikbare getuies wel kan getuig en kruis ondervra word dan kan die regter ‘n meer wyse besluit neem vir verdere uitstel. Nee wat die staats aanklaers en ondersoek beamptes gee baie min om, voel vere en die regters/magistrate is te bang/sleg om ordentelike vonnisse te gee. In NSA het ends of justice ‘n vroeë dood gesterf.

Stan ·

Stem 100% saam!!! As daai persoon dood was, wat sou met die saak dan gebeur het??

Nico ·

Stel eerder uit en vat dooierus as al die getuies bymekaar is. Aanklaer het die regte besluit geneem.

Wouter ·

As die arme man nie so wit was nie was die Mannetjie toegesluit en sou nooit weer rugby gedpeel het nie. Hulle gee eenvoudig nie om nie.

Adrian ·

Watse bang aanvaller is hierdie wat nie vir sy geweldsdade wil boet nie?

Tammy ·

Hoop nie hy speel nog vir die Bulle rugby nie, want dit sal n skande wees om so iemand in jou span te he….hy kan dan nie eers so ordentlik wees om iemand van voor te slaan nie, hy bekruip hom van agter !!!! Oeee sies sies sies vir hierdie Blou Bul. Wat moet die ander spanlede van hom dink? Dieselfde as die res van die publiek?

Geen toekoms ·

Die ou het geen toekoms in werk want nie,and wil sulke boelies aanstel nie.

Klaar besluit ·

Jul het soos die Ma klaar besluit, hy is skuldig, nie een was daar en dit is hoorsê getuienis van ander dronk mense. Wat het vooraf gebeur en as die neef als so mooi duidelik kon sien, hoekom het jy nie probeer keer nie.

Saartjie ·

Klaar besluit, het hy dan HOMSELF so erg aangerand? Die neef was dalk bang – watse kans het een /twee maer outjies teen ‘n paar rugbyspelers?

Jaap ·

Wat het rugby of die blou bulle met die saak te doen.
Nul,niks,geen.
So hou op om sport of wat okal te betrek.
Daar verseker iets gebeur,slaan nie net n ou en ry weg nie.

Geelheksi ·

Wil ek ook weet…dit het tog nie op n rugby veld of staduim plaas gevind nie.
Dat hy verkeerd was …ja…maar om aan te gaan sonder om te weet of hy nie dalk berou het nie. Soos vroeer gese…drank maak hou groot en sterk….maar gee terselfde tyd party mense n groot bek en n los tong. Wie weet wat presies het die aanval gespark?

Geelheksi ·

Wil ek ook weet…dit het tog nie op n rugby veld of stadium plaas gevind nie.
Dat hy verkeerd was …ja…maar om aan te gaan sonder om te weet of hy nie dalk berou het nie. Soos vroeer gese…drank maak jou groot en sterk….maar gee terselfde tyd party mense n groot bek en n los tong. Wie weet wat presies het die aanval gespark?

Rob ·

Geelbek, die feit bly, hy is n LAFAARD, hy het die man van agter af geslaan.

Jan Pierewiet ·

Hy bly nogsteeds n Blou Bul. Hy hoort in geen span nie. Moet saam Aswin n span begin. Selfde kaliber.

ES ·

A nee a Louis en Dylan! Julle was altwee stouters gewees! Daar is bitter min mense wat ander vir geen rede aanrand nie. Ek dink daar word te veel gefokus op die feit dat hy ‘n Bloubul speler is en te min oor wat die oorsaak was van die woorde-wisseling. Vir ‘n ma is haar kinders altyd engeltjies, maar vir al wat sy weet kon Louis dalk die aanhitser gewees het… ‘n saak het altyd 3 kante.

Rob ·

Is dit n verskooning dat hy van agter moet geslaan moes word. LAFAARD

Pieter Sielie ·

Hoogtyd dat hierdie mannetjie sy riem vasloop. Hy maak al lank moeilikheid.

Johan ·

Ja onskuldig tot dit bewys is jy is skuldig. En ja, die staat is nie reg nie – kry eers ‘n waterdigte saak. En ja, daar is 3 kante van die saak – joune, myne en die waarheid.

Maar vir my die belangrikste – hoekom vat die saak so lank? Twee van die getuies wat nie in die hande gekry kan word nie? Dit is wat my kommer is en my die stelling laat maak, dat ons regstelsel die gewone man in die straat faal. As die SAP nie twee getuies kan opspoor om in die hof te verskyn nie, wat is die kans dat hulle opgespoor gaan word noudat die aanklagte “vir eers teruggetrek is”.

Geen wonder sekere mense neem reg in eie hande nie.

Rob ·

Ja jy is heeltemal reg, daar is n gekonkel. Ek het die selfde probleeme gehad vir drie jaar, die getuie dag nie op vir die hof saak nie en dis met n las brief en dit gaan so aan tot hulle die saak uit die hof gooi.

a ·

Die feit van die saak is, as jy bereid is om jou hande te lig vir ander, moet jy bereid wees om die gevolge ook te dra. Baie mans dink mos hulle kan alles regmaak met hul vuiste

Meisiemens ·

Ek het in vorige berigte gelees dat Louis by ‘n jong meisie aangele het, en dis waar die woordewisseling ontstaan het.
So, daar is 3 kante van ‘n storie. Gee nogsteeds niemand die reg om iemand in die hospitaal in te slaan nie.

Bloubul nie meer ·

Ek distansieer my van nou af heeltemal van die bloubulle.

Tessa ·

Ek het ook stilweg gewonder wat soek ‘n amper 40 jarige in ‘n nagklub. Nie dat enigiemand verdien om aangerand te word nie, maar kan my die situasie voorstel. Dankie vir die inligting.

Tammy ·

Selfbeheersing!!!! As die man nie selfbeheersing het nie moet hy uit alle sport verban word vir die res van sy lewe. Dit is die alfa en omega van n sportman se besluite…selfbeheersing. Hy hoort nie in die Blou Bul span nie en klaar. As hy nognie gefire is nie dan moet dit so spoedig moonlik gebeur voordat hy dalk in n wedstryd ook sy humeur verloor…. en n mede speler skade berokken en sy wedstyd van hom af wegneem, Duidelik was dit nie voorheen die geval van mooi dink en reg optree nie…
Selfbeheersing!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

jakes ·

As dit wel so is dat die beskudigde die slagoffer van agteraf bekruip en geslaan het dan is hy n lafaard. Drank het seker weer n groot rol gespeel want dan tree meeste mense op sonder n brein.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.