Emosies loop hoog in verhoor oor jong man se dood

Daniël Botha

Die saak teen drie jong mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die 26-jarige Daniël (Danie) Botha in ʼn kuierplek in Benoni vermoor het, is Donderdag in die landdroshof in Benoni aan die Oos-Rand hervat.

Gideon Fourie (24), Jacques de Lange (24) en Sampie Hearn (24) staan almal tereg op ʼn aanklag van moord. Hulle pleit onskuldig.

Botha is in die vroeë oggendure van 26 Julie 2018 na bewering só erg aangerand dat hy breindood verklaar is. Die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, is enkele dae later afgeskakel. Danie en ʼn vriendin, Charlene Maré (19), was by die kuierplek in Benoni, nadat hulle vroeër by ʼn aksiekrieketwedstryd was.

Riaan Louw, wat Fourie verteenwoordig, wou tydens vandag se hofverrigtinge onder meer by Maré weet of Botha sy kop kon gestamp het toe twee uitsmyters hom ná die worsteling op die dansvloer uit die kuierplek gedra en buite neergesit het. Maré het getuig dat sy basiese noodhulpkennis het en dat sy bekommerd was dat Botha moontlik sy tong kon insluk. Sy oë het teruggerol in hulle kaste en hy was klaarblyklik bewusteloos.

Louw het dit aan Maré gestel dat ás Botha dadelik behoorlike mediese sorg gekry het, die situasie moontlik anders sou gewees het.

Maré het ook getuig dat een van die beskuldigdes en sy vrou Botha ná die voorval na ʼn hospitaal geneem het. Botha se ouers is daarheen ontbied en Maré het kortliks aan hulle verduidelik wat – volgens haar – by die kuierplek gebeur het.

Adv. Marius van Wyngaardt, namens Hearn, wou by Maré weet waarom sy nie buite die kuierplek óf by die hospitaal die betrokke beskuldigde as een van Botha se vermeende aanvallers uitgewys het nie.

Hy het haar ook uitgevra oor ʼn tweede verklaring wat sy oor die gebeure afgelê het, dié keer by ʼn privaat ondersoeker wat aan die saak gewerk het. Hy wou by haar weet of sy dié verklaring afgelê het omdat die privaat ondersoeker ontevrede was met dít wat in haar eerste verklaring gestaan het.  Maré het getuig dat die ondersoekbeampte in die saak gesê het dit is aanvaarbaar om nog ʼn verklaring af te lê in omstandighede waar sy meer gemaklik voel.

Emosies het soms hoog geloop in die hof, waar familielede en vriende van die slagoffer én die beskuldigdes die hof volgepak het. Catharina Pretorius, Botha se ma, het die landdros tydens die verrigtinge versoek dat Fourie se pa op ʼn ander plek sit, omdat “hy geen respek vir my as ouer het nie”.

Landdros Ian Cox het hom gevra om te skuif en het diegene in die openbare galery gemaan om nié opmerkings tydens die verrigtinge te maak of mekaar te intimideer nie. Hy het gesê as die gedrag enigsins voortduur, sal hy die verrigtinge agter geslote deure voortsit.

Pretorius het buite die hof gesê sy vind dit moeilik om na die verloop van gebeure te luister. “Ek soek geregtigheid. Ek wil hê die skuldiges moet in die tronk sit vir dit wat hulle aan my kind gedoen het. Hulle moet ʼn regverdige vonnis opgelê word.

“Hulle is self jonk. Ek probeer jammer voel vir hulle, maar ek kan nie. In dié stadium moet hulle [die beskuldigdes] vergifnis by die Here soek, nie by my nie.”

Sy het gesê hulle het op 12 Februarie, die dag waarop Botha 27 jaar oud sou word, vir hom 27 kerse aangesteek. “My seun se as staan in die huis. Jy kyk daarin vas, maar hy is nie meer daar nie,” het Pretorius gesê.

Botha se familie het besluit om sy organe te skenk. “Ten minste klop sy hart nog êrens in iemand anders …” het Pretorius gesê.

Die saak word op 26 Augustus hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Maar net n mens. ·

Wat n hartseer gebeurtenis. Albei kante het seer. So n onnodige gebeurtenis. Maar ek sou ook vra dat Fourie se pa skyf – hy’s maar n grillerige karakter met geen menslikheid in hom nie. Gebede vir AL die betrokke partye.

Rob ·

Gee hulle geen genade nie, “eye for an eye, tooth for a tooth.”

Cherokee ·

Lees weer die berig.. aandagtig. Dan sal jy weet hoe om skyf/skuif te skryf. (haai, dit rym!)

Eunice ·

Ontsettend hartseer,vir die wat agterbly!
Ennn…alkohol sal ñ euwel tot in lengte van dae ook bly..

Sakkie ·

Ja nee ek stem 100% saam. Hulle moet gaan sit in die tronk en gaan dink oor hulle sinnelose dade. Jammer aan die botha gesin.

? leser ·

dis onmoontlik om jou eie tong in te sluk wanneer dit nog vas in plek is
And for this reason, you can’t swallow your tongue [source: Keeton].
uitsmyters sit jou ook nie buite net neer nie, jy maak kennis met die grond so hard as moontlik

IK ·

Ek stem met jou saam oor die tong insluk maar dit is moontlik dat die tong die lugpyp kan blokkeer afhangende van die grootte van die tong.
In par. 5 is daar ‘n ‘Nel’ in die prentjie, sou dit nou ‘Louw’ wees of omgekeerd?

Irene ·

Stuur hulle vir 20 jaar tronk toe. Daar is baie van hul soort wat dit doen as hulle saam is

Braam ·

Ek was die afgelope 4 Dae in die Hof. Dit het duidelik! Uitgekom dat die Orledende se OUWERS of FAMIELIE die Hoof getuie van die Staat, Gebruik het om Haar Getuies 3× te verander om Hul doelwit te Beruik.! …. Dit is n Skande!!! Ek kry die Dame Bitter Jammer, om namens die Famielie onskuldige mense Skuldig te bevind…..

Mariaan ·

Dit is verskriklik hartseer oor Danie, GEEN ouer verdien om n kind te verloor ni. Maar mense moet eers di waarheid uitvind voor jy kan oordeel. Want di familie het hulle privaat speurder 4 maande later gebruik om Mare se statement te verander om Gideon skuldig te laat lyk- hy het hom net geslaan, glad ni dood gemaak nie! Dis di waarheid!!!! So dis vir my baie lelik van hulle om lieg stories op te maak,

Doefis ·

Jy mis die punt !ariaan. Hy, Danie is reeds dood omdat hy geslaan was? Wat is dit met lelike mans dat hulle altyd n mooi man te lyf wil gaan en him slaan om net so lelik soos hulle te word?

Nuuskierig ·

Braam, eers onskulding as die hof hulle onskuldig bevind. Punt bly staan ‘n jong man se lewe is verby so as hulle dan onskuldig is en “niks” gedoen het nie hoe is hy dan dood? Sit jouself in daai ma se skoene vir een oomblik sy het haar kind verloor.
Glo geregtigheid sal geskied soos dit MOET!!!

Mariaan ·

So mooi jong man…so onnodig…mag die skuldiges BOET !!

Thomas ·

Braam, watse “beruik” is dit? Praat jy van ‘n snuffelhond?

Ronel ·

Ai Thomas ten spite van die hartseer van die saak kon ek tog nie help om lekker te lag vir jou opmerking nie!!! ja nee, hier word nuwe woordeboeke geskep!!!!

HESTER ·

Hoe weet jy hulle het dit laat doen ? Jy kan nie net iemand laat skuldig lyk nie. Daar moet bewyse wees.

Adele ·

26 Aug eers? Liewe land…. Die land se regstelsel is n grap!!!

Superman ·

Ook maar net soos “our people”. Was dit nou nodig om so op te tree en nou maak of jy onskuldig is?

Isabel ·

God is die Waarheid en Sy Woord is die Waarheid Die leuen haal die Waarheid gewoonlik in Gideon nie n moordenaar nie Watter moordenaar jaag 120 km per uur om sy slagoffer se lewe te red? My hart is stukkend vir Danie se ouers God vergewe ons elke dag vir ons sondes Wies ons om nie te wil vergewe nie??? Geregtigheid sal seevier Dit glo ek en mag almal wat soo met stene nie klippe nie , gooi vergewe word en hoop dit gebeur nie eendag met een van hulle nie!!!

Dries du Toit ·

Sterkte aan beide die families. Bid vir julle. Geregtigheid sal seëvier

@Isabel ·

Watse moordenaar doen dit….. Die tipe wat agterna eers besef het daar is moeilikheid en gesien het dis ernstig!

Mark ·

Sou nogal graag wou weet wat die antwoorde was van die getuie, na al die stellings en vrae wat gevra was deur die regsverteenwoordigers.

Nico K ·

Die verdediging probeer nou tegnies wees en probeer bewys dat die ander ouens nie sy dood veroorsaak het nie. Maar dit verander niks dat hulle hom wel aangerand het nie en hulle is dus ‘n klomp varke.

Gatvol vir "regsgeleerdes" ·

Ek is gatvol vir sg. “regsgeleerdes” wat willens en wetens probeer om moordenaars te probeer vrykoop deur gebeure te verdraai en tegniese punte te misbruik. Verkrag hulle etiese waardes en dis alles net vir geld!

lh ·

My hart en gebede gaan uit na die Botha gesin. Alles wat in die donker gebeur, kom een of ander tyd uit in die lig! Mag geregtigheid geskied . . . rus in vrede Daniel Botha

Heksie ·

Walglike van Wyngaardt … sou gedink het hy sou weereens kriminele verteenwoordig!

Cherokee ·

Mense beweeg in verskillende kringe en lae van die samelewing Heksie. Die vlak waarop beweeg word, is gewoonlik ook die vlak wie verteenwoordig wor.

Meliny ·

Dit is baie hartseer. Nog so jonk en hulle het almal ‘n blink toekoms gehad wat nou verby is oor een dom besluit en almal se lewens is in n oogwink verander. Dit is nie vir ons om te oordeel nie ja, maar die punt hier vir my is maak nie saak wie skuldig is nie, ‘n jong seun het gesterf en NIKS kan dit verander of beter maak nie. Ek voel so jammer vir sy ouers. Ek is self n mamma en kan nie dink wat hulle moet deur gaan nie. RIV Danie.

Denise ·

Drie lafhartigge mans n fight is net tussen twee ouens !!!!!! Skokkend.

Kennis ·

Sampie Hearn is n moeilike kind. Hy het die naweek wat verby is sy EIE pa geslaan!!!

Plaas Japie ·

Kan dit goed glo, net soos hy meer as een van sy ex mesies geslaan en verniel het en ek ken van hulle persoonlik so dit is nie hoor se nie – sy reputasie van geweld loop hom ver vooruit.

Probleem is sy ouers sien nie sy voute raak nie so niks sal daarvan kom ni.

Meester manipuleerder – niks is OOIT sy skuld nie, almal en alles behalwe hy self kry die skuld vir sy aksies.

Mag Danie in vrede rus – innge simpatie met die familie.

Dries du Toit ·

@Kennis Waaaat. As dit waar is en nie net hoorsê nie. Dan is dit n vreeslike aanklag teen daai knaap

Cherokee ·

Testosteroon dra nie handskoene maar eerder blomme en balonne.

Straf hulle ·

NEEWAT as die Waterkloof 4 moes sit moet hierdie DRIE OOK SIT > daar is GEEN verskoning vir die MOORD op ‘n jongman nie .. ons kan NIE plaasmoorde afkeur maar wanneer die moordenaars wit jong manne is, is dit maar net ”n ongeluk’ nie .. GEE HULLE HULLE STRAF !!

HESTER ·

As jy hierdie jongmanne se geskiedenis van hoerskool dae af ken soos ek, dan maak baie dinge sin……..

Anoniem Pretorius ·

Hester,
Het ons almal nie maar n geskiedenis op skool gehad nie….? Indien jy fout-en sondeloos is, en n 100% skoon skool rekord en lewe het, los mense se verledes liewer waar dit hoort…. in die verlede. Ek is seker die skuldige(s) en onskuldiges, lewendes en oorledene het almal n verlede…. soos almal v ons wat ons probeer vergeet.

Bennie ·

MAN hierdie regsmanne moet nie nou probeer maak of die manne onskuldig was en die arme MEISIE kruisondervra en HAAR die skuldige een maak nie .het hulle of het hulle nie die man doodgeslaan nie?

WIEBO ·

Hoe kan n regsverteenwoordiger saans slaap om mense wat hy weet ,skuldig is te verdedig en hul onskuld bewys? Hoe slaap daardie mense, het hulle nie n gewete nie? Dis net oor geld en om n hofsaak te wen. Verskriklik om daaraan te dink!

Johanna ·

Dis n hartseer storie. Ek het baie simpatie met die ouers. En ek bid dat wie ookal skuldig is die nodige straf sal ontvang. wie onskuldig is vrywaar sal wees. Jong manne wat gekuier was en onverantwoordelik opgetree het. N jong lewe kort geknip. Ek is bly ek is nie die Regter in hierdie saak nie. dit kan nie maklik wees nie.

Nerina Smith ·

Jy kan nie verwag dat hul by die Here moet gaan vergifnis soek maar jy self kan nie vergewe nie. Dan is jÿ die een wat na die Here toe moet gaan vir vergifnis

Cherokee ·

Jy is roekeloos met wat jy sê. Volgens jou moet Pretorius se ma hulle met koekies en tee ontvang en verduidelik dat sy hulle nie verkwalik nie. Weet nie waarom jou tipe kommentare geplaas word nie. Die Here ons Skepper het ons met diskressie geskep wat emosies insluit.

Van die os op die jas ·

Cherokee, jou windeiers behoort beslis ook nie geplaas te word nie – dis absoluut niksseggend en dra niks by tot die gesprek nie. En Vergifnis is ‘n keuse, dit is iets wat jy doen uit gehoorsaamheid aan God, ongeag van hoe jy voel. Dit het niks met emosies en jou onvanpaste verwys na koekies en tee te doen nie.

Adam ·

Dankie van die Os op die Jas. Ek is ook al tot die dood toe moeg vir die minagtende trant van Cherokee se kommentaar en sy veelvuldige teregwysings en die korrigeer van sommige mense se kommentare. Jy is reg, MM behoort nie snert te plaas wat geensins debat kan ontlok of bevorder nie.

DS ·

‘n Jong man is dood nadat hy geslaan is (feit) – wonder hoe sou die 3 beskuldiges se ouers gevoel het as dit een van hulle seuns was wat dood is? Tog gaan beskuldiges aan met hulle lewens en wys GEEN berou nie is nog steeds net so selfvoldaan en arrogant soos voor die voorval. Hoop geregtigheid seevier hier want om ‘n kind aan dood af te staan is erg genoeg om dan nog deur beskuldiges se arrogante familie by hof geminag te word maak dit nog meer traumaties. Sterkte met die hofsaak Daniel se familie julle verdien om antwoorde te kry.

Walglik ·

Lyk vir my as ek kommentare lees van mense wat die drie ken (van skooldae af) dat hulle laakbaar en moeilikheidmakers is.
Daar’s net een ding wat help vir sulke gedrag – verwyder hulle uit die samelewing. Sluit toe en gooi die sleutel weg.
…en as hulle skuldig bevind word, vat sommer hulle regspan wat willens en wetens saam lieg en alles verdraai om hulle los te kry saam met hulle tronk toe.

Wilma ·

Ouers wie se kids by misdaad betrokke is muni eers vi hul prok aanstel. Hul was braaf om daad te pleeg. So.kom ons kyk of hul so braaf is om die punch te vat

Anoniem Pretorius ·

As n medemens na alle partye se kante toe wil ek graag die situasie opdra aan geregtigheid, waarheid, onskuld, skuld en ons Here…. hier is soveel seer, families en jong seuns betrokke…. daar is niks erger as die dood v n kind nie, geen ouer sal ooit oor dit kan kom nie, jy leer om daarmee saam te leef, maar jou seer, verlange dra jy elke dag, elke sekond soos n rou seer aan jou… daar is ook niks erger as om n kind wat dalk wel onskuldig staan in n situasie wat homself voorgedoen het en elke man/seun homself huidiglik moet verdedig nie, te sien breek in duisend stukke, gedreig met sy lewe, op gespoeg en beledig word want hy moet sy onskuld bewys nie… Ek beroep op elkeen v die publiek wat dink hulle het die reg om aan te val, vieslik te wees en “aantuigings” te maak om stil te bly, want indien jy nie Danie was nie, of daardie aand daar was as een v die seuns/mans wat dalk wel skuldig of moontlik onskuldig is nie, maak julle woorde en dade die betrokke familie lede seer. Lewend of dood. Kom ons wag vir die hofsaak om sy gang te gaan…. en geregtigheid om te geskied. Mag Christus wat onskuldig aan n kruis gehang is vir ons almal met soveel opinies n voorbeeld wees. Is jy n dissipel, die soldaat met die swaard of Pilatus?

God slaap nie ·

Mense wat in glashuise woon, moenie met klippe gooi nie — ‘n mens moet nie ander se foute kritiseer as jy self ook sulke gebreke het nie & vir almal anders wat sulke “onvanpas” kritiek lewer “Leë blikke maak die meeste geraas” – MAW – As julle nie WEET wat daai aand gebeur het nie bly liewers stil & wag dat geregtigheid skied!!! En soos dit vir my klink het almal ń eier te lê oor Sampie? Jaloesie of wat? SIES!!!!! Dat “volwasse” mense nie van beter sal weet nie & optree soos dwase agter hulle fone se skerms. “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie gehoor deel word nie”. Oh & nog ń ding: Wanneer die onskuld bewys word van sommige beskuldigdes gaan al hierdie skynheilige mense vir die wie hulle so sleg sê onverskoning vra? Seker nie.. Ek voel eintlik bitter jammer vir julle & sal vir julle ook bid!! God slaap nie!!

DS ·

god slaap nie jy is nou belaglik. Hoekom sal enige iemand nou jaloers op Sampie wees? Soos dit vir my klink is die man se lewe onderstebo en deurmekaar en is hy ‘n beskuldigde in ‘ n moordsaak so ek verstaan nie wie sal jaloers daarop wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.