Emosionele dogter getuig oor moord op pastoor-ma

Stefan Visser Donderdag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Stefan Visser (29), wat in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind is vir die moord op sy skoonma, past. Elsabe van Niekerk (55), wou nie Donderdag self in die hof getuig soos verwag is nie.

Visser se vonnisverrigtinge het Donderdag begin met getuies wat geroep is om ter verswaring en versagting van vonnis te getuig.

Adv. Philip van Staden, Visser se regsverteenwoordiger, het aan regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen gesê hy het aan sy kliënt verduidelik dit sou tot sy voordeel wees om self te getuig. Visser het glo Woensdag ingestem om te getuig, maar teen Donderdag van besluit verander en aangedui dat hy nie wil getuig nie.

Adv. Pieter Luyt, vir die staat, het wel vir Leandi Visser (30), Stefan se vervreemde vrou en Van Niekerk se dogter, as getuie geroep om ter verswaring te getuig.

“Wat was die invloed van die moord op u moeder op u gesin en u vader?” het Luyt aan ʼn emosionele Leandri gevra.

“Dit was een van die moeilikste gebeure in ons lewe. Dit het ons hele familie uiteengeskeur, want my ma was die steunpilaar in ons lewe.”

Sy het gesê veral haar en Visser se kinders is erg getraumatiseer en dat sy, die kinders en haar pa [Dirk van Niekerk wat op sy vrou se liggaam afgekom het] vir berading moes gaan.

“Ons kinders soek na hul ouma. Hulle verstaan nie hoekom daar nie besoektye in die hemel is om vir haar te kuier nie. My pa gaan deur ʼn verskriklik moeilike tyd. Hy gaan elke dag agteruit. Sy was sy lewe gewees. Sy gesondheid gaan agteruit. Hy is die enigste een wat oor is vir ons en ons wil hom nie verloor nie.”

Leandri het gesê sy moes haar eie onderneming, ʼn fotografiebesigheid wat sy saam met haar ma bedryf het, toemaak omdat sy nie meer sonder haar ma kon werk nie. Haar dood het die gesin finansieel geknak en hulle is besig om hul huis te verloor.

Leandri het getuig Stefan was vir haar ma soos ʼn tweede kind nadat hy op 17-jarige ouderdom by hulle ingetrek het.

“Sy sou hom berispe as hy iets verkeerds gedoen het, soos enige moeder sou. Wat sy aan my gedoen het, het sy aan hom gedoen; dit is hoekom ons as gesin nie regtig kan verstaan hoekom hy haar so wreed vermoor het nie.”

Luyt het uitgevra oor die verhouding tussen Van Niekerk en Visser ten tyde van hul egskeiding en sy het geantwoord: Sy sou hom bystaan en raad gee oor hoe om die egskeiding te hanteer.

Leandri Visser (tweede van links) en Dirk van Niekerk (vierde van links) Donderdag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Volgens Leandri was haar en Visser se verhouding aan die begin van die egskeidingsproses in 2015 “rof” gewees, maar hulle het die laaste maand [voor die moord] mekaar begin verstaan en per WhatsApp besoektye met die kinders gereël.

Van Staden het in sy kruisondervraging uitgelig dat die voorval tydens die rugbywedstryd [waar Dirk en Visser ʼn woordewisseling gehad het] Visser woedend gemaak het.

Hy het dit gestel dat Visser op die dag van die moord [11 April 2016] nie seker kon wees dat Van Niekerk by die werkswinkel [waar sy vermoor is] sou wees nie, aangesien sy slegs periodiek soontoe gegaan het.

Van Nieuwenhuizen het Leandri geloof vir haar bereidwilligheid om te getuig en gesê dit is ʼn moeilike en brawe ding om te doen. “U is reeds ʼn voorbeeld vir die vrou wat na u ma klink.”

Van Staden het aan die hof versoek dat ʼn straf van 15 jaar tronkstraf geskik sal wees aangesien dit Visser se eerste oortreding is, hy nie die hof se tyd gemors het nie en wel berou toon.

Van Nieuwenhuizen het egter kapsie gemaak en gesê daar is geen bewyse aan die hof verskaf dat Visser berou toon nie, aangesien hy nie wou getuig nie.

“My kliënt het nie getuig soos beplan nie en dit kan moontlik emosionele kwessies wees. Ons versoek genade en dat die beskuldigde nie ʼn lewenslange vonnis kry nie. Die moord was nie vooraf beplan nie, maar uit woede,” het Van Staden geantwoord.

Luyt het egter gesê die staat versoek ʼn minimum vonnis van 30 jaar tronkstraf.

“Die geweldige mate van geweld waarmee die oorledene aangeval is, wys hy het geen berou nie. Selfs terwyl hy haar aangeval en agtergekom het ʼn buurman neem hom op ʼn selfoon af, het hy slegs ʼn klapmus oor sy gesig getrek en haar aanhou steek,” het Luyt gesê.

Visser het meestal tydens die hofverrigtinge met sy arms gevou in die beskuldigdebank gesit, geklee in ʼn denim en vlootblou T-hemp. Hy het min emosie getoon.

Van Nieuwenhuizen het die hof verdaag om te besluit wat ʼn geskikte vonnis vir Visser sal wees.

Visser sal na verwagting Vrydag gevonnis word.

Stefan Visser Donderdag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wors ·

Jy bly my bloed en weet net hier buite is baie wat vir jou omgee.maar JESUS het almal lief en liefde is wat baie se op aarde maar hoe hulle dit wys deur goed so te se asof hul in die persoon se skoene was is agteraf.ek respekteur wat die hof besluit en hoee jou hart klop.die engelle is met jou en my vlees en joune is een vir JESUS.love u brother fish.en die wat wil judge asb ek is beskikbaar en sal wil luister.maar lees eers Matt 7 want die lippe is mos los.sterkte aan leandri en ha pa en benji en familie en ook aan chantell di ane vriendin van my broer wat hom bystaan.en aan my ouers weet net niks fout met julle nie ons almal is n sukses en ABBA VADER het n skets met ons en ons is unity.

Mercy ·

Dit is n mooi gebaar om te sien dat jy jou broer bystaan, al weet jy dat hy skuldig is. Dit is onbaatsugtelike liefde, iets wat baie skaars is. Ek glo dat jou familie ook deur baie pyn gaan. Jou broer gaan vir die res van sy lewe met sy gewete saamleef, dit is erger as enige straf wat n regter kan toeken. Daar is geen sonde wat onvergeefbaar is deur God nie, mag hierdie tyd wat voorlê vir Stefan n nuwe ontmoeting met die Here vir hom inhou. Vir die mense wat judge …. gaan maak bietjie jou eie kas skoon, want geen sonde is groter as die ander nie.

henry ·

Ek het Stefan net voor die Moord ontmoed, n gawe jong man. N fout het gemaak en ek glo hy het berou. Sterkte aan beide vd families. Hy is bevooreg om families te he soos sy broer wat hom bystaan

Adeline ·

Ons almal weet wie Stefan was en is my maat, en baie van ons ken ook die geskiedenis van Laer- en Hoerskool dae, die stories wat nie die koerant gehaal het nie. Dis hartseer vir Leandri en Stefan, en ook die arme kinders, mense is vinnig om vinger te wys en goed te se wat hulle voel is reg, maar baie vergeet hy betaal ook met sy lewe…
Al is ons almal nie vocal van die situasie nie is jou support circle groter as wat jy besef.
Sterkte vir jou en die families wat hier geraak word, ek kan myself nie indink hoe julle harte moet voel nie, en al was dit nie reg nie, het almal wat so maklik vinger wys al iewers in hulle lewe gevoel of hulle kan moor. Almal het dit in hulle, nes ‘n hond wat sy eienaar byt

suzie jordan ·

Ek oordeel nie en wil net graag weet…. as hy berou toon, hoe kan hy dan “min emosie” toon. Dis goed en wel dat hy erken hy was stout gewees en stout kinders moet maar hul pak vat.

paula ·

Vir my is die storie van “min emosie toon” nonsens. Net omdat iemand nie n sceen opsit en transe stort ens. nie beteken nie dat sy innerlike nie n warboel van hartseer spyt en selfverwyt is nie. Net God kan bepaal wie en wat n mens rerig is en net God kan binne die hart van n mens kyk.

Anaq ·

Kyk ek het nie die storie gevolg nie, vandag eers gelees vir eerste keer – en ken nie die hele storie nie maar:

SELFS TERWYL HY HAAR AANGEVAL HET EN AGTERGEKOM HET ‘N BUURMAN NEEM HOM OP SELFOON AF … WTH

kon die buurman nie inspring en haar help nie???

Adam Boshoff ·

Ek wou dieselfde vra Dis laat in die dag as jou naaste liewers iets boos op kamera wil vasvang as om eerder te help om n lewe te red Dit is in my oë lafhartig en is hy nie die held wat hy graag wil wees nie

Se ek ook ·

Ek stem saam met jou Anaq – genugtig! watse ‘man’ staan ek kyk EN neem foto’s terwyl iemand vermoor word?

Marianne ·

Kan daai man wat die moord afgeneem het, nie aangekla word nie? Dis amper “medepligtig” ??
Wonder maar net ..

Zella ·

Anaq, ek is selfs wit maar vandag se mense wil nie betrokke raak nie… hul wil nie ander mense help nie… Hoekom sal iemand by so iets wil betrokke raak in vandag se tyd? Boere staan min bymekaar en help min mekaar… Dis afgryslik dat as iemand dit gesien het nie die dame gehelp het nie… Ek sou probeer help het al was dit om die nood dienste te bel of selfs die polisie… Ons volk is nie meer wat dit was nie…

cor ·

Zella dit is nie n geval van nie betrokke raak nie, maar wel n geval van hierdie ou is beserk en kan met een swaai van die mes my keel afsny, want as een onder invloed is of beserk raak kan niemand hom beheer nie en die kanse dat jy beseer raak of sterf is 99% het jy al gesien as so iemand uithaak ek glo nie want dan sal julle nie die stelling maak niemand wil betrokke raak nie. Die ander ding vandag se dae word dit so miklik geswaai en dan word jy die skuldige gemaak ongeag of jy net wou help.

Geen verskoning ·

Jammer Cor, ek verstaan waarvan jy praat en ja ek het dit al beleef, maar wragtig neem ek nie video, as ek soooo bang is, bel ek nooddienste, sit alarms af, jy maak video, no way, ek glo dit nie.

Meer & meer ·

Niks wat niemand sê kan ooit die hartseer vir Pastoor se familie regverdig of maklik maak nie. Wat my egter pla is dat jul meer en meer soek, oordeel, vergelding. Kyk ander hofsake /moorde hul erken nie, stry & pak die skuld op die slagoffer en familie. Hierdie jong man het erken, sy verkeerde dade uitgespel, wie is ons om nie te vergewe, wie is ons om meer te soek. Hy weet hy gaan in daai tronk bly, ek was kwaai toe hy nog streke van vergeet probeer het, maar sy verklaring wys dat hy op n nuwe pad is.

Pieter ·

Is die man wat die video geneem het dan nie n meedepligtige nie?

Voel ek ook ·

Pieter, so voel ek ook. Indien jy sien iemand is in gevaar of ernstig beseer moet jy ‘n poging aanwend om dit te stop of hulp aan te bied, maar nee buurman maak seker hy kry die coolste video! Jammer buurman, maar ek kan dit nie anders sien nie, video van die grootste vernedering van die vrou maak terwyl jy as man hom met ‘n plank of iets kon slaan, nee dit gaan my verstand te bowe.

Justice ·

Mag God gee wat jy verdien vir wat jy n onskuldige vrou so wreed vermoor het. Wat jy gedoen het is walglik man. Hoop jy kry slapelose nagte, jy is n moordenaar of jy dit nou vir die eerste keer gedoen het of 100ste keer, n moordenaar bly n moordenaar.

Se net ·

En Oordeel is oordeel ,en God se ons mag nie oordeel nie want dit mag net God doen

chantelle ·

Love you
jou kind sal weet wie die ware stefan (pappa) is.
bly wi j is en onthou waar j vandaan kom, lief vi jou van my en jou monkey

chantelle ·

Lief vi j
jou kind sal weet wi di regte Stefan is. Di papa en mens wi ek Ken, onthou wa j vandaan kom
mis j

My genade ·

Mense hierdie gaan nie oor ons opinions nie dit raak mense se lewens en meeste van alles die kinders en ouers wat betrokke is. Kom ons bid net vir almal want dit is wat Christus van ons verwag om vir mekaar te bid.

LS ·

Hierdie is net totaal en al HARTSEER verby !!!
Sterkte vir die familie wat nou al hierdie hartseer het, hoop God hou julle hande styf vas in hierdie moeilike tyd.
Dit is vir my n baie mooi dat jou broer en vriende/familie jou bystaan, niemand wil ALLEEN wees in die lewe nie, veral nie wanneer mens in so ‘n situasie soos joune is nie MAAR die feit bly staan, JY HET HAAR WREED VERMOOR!!! WREED !!!
Mag jy kry wat jy verdien !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.