Emosionele kommissaris ‘jammer’ oor inkomstediens-gemors

Mark Kingon voor die kommissie. Foto: ANA.

Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID,) het Vrydag gesukkel om sy emosies in bedwang te kry toe hy “onvoorwaardelik om verskoning” gevra het vir die mislukkings van die belastingsinvorderingsdepartement.

Kingon het aan die Nugent-kommissie van ondersoek na belastingadministrasie en -bestuur gesê die agentskap het tekortgeskiet in terme van die hoë standaarde van prestasie wat hulle altyd vir hulself stel.

“Ek wil daarom graag onvoorwaardelik jammer sê namens die SAID-leierskap vir belastingbetalers, belanghebbendes, insluitend die president en die minister en adjunkminister van finansies; die regering; ons voormalige en huidige personeellede en die burgers van die land,” het Kingon gesê.

Nadat hy om verskoning gevra het, het mense vir hom hande geklap terwyl hy probeer het om sy emosies onder beheer te bring.

“Ek is net passievol oor die organisasie, vergewe my,” het Kingon gesê.

Kingon is op 19 Maart aangestel ná die vorige kommissaris, Tom Moyane, se skorsing.

Hy het Vrydag sy getuienis begin deur te erken dat die SAID in ʼn ongewenste posisie is en dat hy hoop dat hulle hulself nooit weer in hierdie posisie bevind nie.

Bewyse voor die kommissie toon aan dat die IT-infrastruktuur van die SAID stelselmatig oor die laaste vier jaar agteruit gegaan het as gevolg van nalatigheid en dat die “e-filing”-stelsel ook later ineen sal stort. Die kommissie het gehoor hoe Moyane ʼn nuwe bedryfsmodel, met erge nagevolge, geïmplementeer het op advies van Bain and Company.

Groot maatskappye het begin om nie hul belasting te betaal nie en dit is gevolg deur ʼn toename in gesmokkelde sigarette, perlemoen en alkohol.

Mark Kingon voor die kommissie. Foto: ANA.

In ʼn tussentydse verslag wat Dinsdag bekendgestel is, stel regter Robert Nugent, voorsitter van die kommissie, voor dat Ramaphosa dadelik vir Moyane moet afdank.

Kingon het gesê hy is bekommerd oor die algehele welstand van die organisasie en dat hy slapelose nagte het en hom bekommer oor hoé om die gemors by die SAID uit te sorteer.

“Ons uitvoerende leierskap is gebreek en onstabiel. Ons benodig visionêre leierskap en ek dink nie ons hét visionêre leierskap om dié organisasie vorentoe te neem nie. ʼn Organisasie sonder visie gaan dood,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

legens ·

die eintlike manne wat om verskoning moet vra , skuil agter uitgerekte futiele hofsake .

alida ·

Hy het voorwaar iets om oor te huil nadat daardie vrou so’n spektakel van haarself gemaak het en SAID in so’n verleentheid geplaas het. Huil Mnr ek huil saam met jou.

Gert van Wierdapark ·

RG gelukkig sal jy nie saam met haar (IT – “hoof”) hoef te werk nie want ‘n vyfde wiel aan ‘n wa doen eintlik niks! Ek stem egter saam dat sy beslis ‘ n ” GRENS-GEVAL” is!!

Jerry ·

Visionere leierskap sal nie slaag alvorens die SAID ontslae raak van die Zuma lojale kaders wat aangestel was in die plek van bevoegde amptenare wat die SAID onder Tom Monjane se skrikbewind moes verlaat. As jy die SAID wil red moet jy al die kaders skors en die bevoegde amptenare wat die SAID verlaat het weer in hulle poste heraanstel. Nie net sal dit die SAID red nie, maar geregtigheid sal ook seevier! Hierdie voorstel weerspieel ongelukkig nie ANC denkwyse nie!

alida ·

Skande !!! daardie vrou is ‘n verleentheid vir haarself, SAID, ANC en die samelewing. Hoe op aarde het sy in daardie pos beland en ek wil nie eers weet wat sy verdien vir haar onkunde nie – dit is die ergste.

Cherokee ·

Dis okay, solank sy haar e-filing doen score ons ten minste.

Leon ·

Dus wat Kingon in die laaste paragraaf hier bo in die artikel sê is dat hy is ook nie die man om hulle vorentoe te neem nie. (Hy het ook nie die visie nie.)

Alex ·

Hy weet hulle sal hom nooit aanstel nie. Te wit, jy sien. Daarom praat hy asof hy nie oorweeg kan word nie.

Snowball ·

Ja, Mnr Kingon, dit is om van te huil. Alles waarby die ANC betrokke is gaan uiteindelik dood.

Griet ·

Leon, x soo dankbaar dat jy iemand ken wat op sy eie en /of met n huidige span soos dit is, SARS kan uitsorteer. Gee biki di name deur man.

Leon ·

Griet, dis nie ek wat so gesê het nie, dis Kingon, ek het dit net in my kommentaar herhaal. Ek self het vooraf gedink hy kan dalk by Moyane oorneem, maar toe diskwalifiseer hy homself soos per die laaste paragraaf in die artikel hier bo.

Essie ·

Dankie dat u die lig aan die einde van die tonnel gesien het.

Alida ·

CR sal nou big time moet inspring en red wat oor is. Hoop hy vergeet van kleur en stel bevoegde mense met die regte kwalifikasies aan. Dit kan nie so aangaan nie.

Vissie ·

Nee wat, ons moet net terugsit en geniet hoe hiertoe treintje ontspoor soos alles wat die ANC in beheer van is. Hoe kan dit nou ‘n slegte ding wees as die instansie wat ons stukkende sakke uitskud sodat die ANC regering se verwoesting van Suid Afrika daarmee gefinansier kan word……..

Staak saam ·

Nou laat hy gaan, moenie hierdie drenkeling probeer red nie, hierdie pap is nie die kool werd nie, laat hom toe om sy oe te sluit.
Rus in vrede SAID on gaan jou nimmer mis.

Al ·

Ek wens almal in hoë posisies wil ñ ruggraat soos hy groei en erken daar is probleme in staatsinstansies. Dis eerder makliker om die blaamspel en skouers op te trek.

Challa ·

Trots op jou Mark. Hoop jy kry joppie as hoof. Jy verdien dit dubbel en dwars.

AW ·

The MM reader Wil do themself a favour by reading :
Rogue – The Inside Story of SARS’s Elite Crime-busting Unit (Johann Van Loggerenberg with Adrian Lackay);

Then you will understand the reasons of SARS “current situation” …..

Danie van Zyl ·

Dit help nie julle kry SAID in orde nie, maar die hardverdiende belasting geld word onbeskaamd deur die ANC regering gemors nie.

BAN ·

Ek was bevoorreg om Mark KIngon self te ontmoet in Pretoria. Hy is n man van integriteit en sy toewyding aan SARS sal ek nooit bevraagteken nie. n Mens kan net doen en help ook tot waar jy toegelaat word. Dit klink asof daar baie van die bestuur weerhou is. Hoop egter alles sal regkom twv ons wat belasting betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.