
Genl. Isaac Mapiyeye. Foto: Verskaf.
Genl. Isaac Mapiyeye, hoof van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD), het Sondag op pad kantoor toe self twee bestuurders in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur.
Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het gesê die voorval het omstreeks 09:40 in Kempton Park plaasgevind.
“Ek was op pad kantoor toe en het by die aansluiting van Voortrekkerweg en Casuarinalaan by ʼn rooi verkeerslig langs ʼn wit Fiat Sandero gestop. ʼn Grys VW Golf het onverwags met ʼn slag agter teen die Renault Sandero vasgejaag,” het Mapiyeye in ʼn verklaring verduidelik.
“Ek het onmiddellik uit my voertuig geklim en tot my verbasing gesien dit lyk asof albei bestuurders te veel gedrink het.”
Beamptes van die Kempton Park-polisiëringsgebied is na die toneel ontbied met ʼn toestel om asem-alkoholvlakke te toets en albei bestuurders se lesing was oor die wettige alkoholperk.
Die 35-jarige man in die Golf en die 59-jarige vrou in die Sandero moes albei eers bloedtoetse ondergaan voordat hulle by die Kempton Park-polisiekantoor van vermoedelike dronkbestuur aangekla is, het Kgasago gesê. Hulle sal binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
EN dis mos jou werk of mis ek iets
Ja en dis wat die meeste ongelukke veroorsaak op die paaie!!dronkbestuurders! mense met hulle gekoopte lisensies!ongeduldige bestuurders , spoedvrate!en TAXI’s!!! Niemand gehoorsaam die verkeersreels op ons land se paaie nie!!!!! Dis n happy go lucky land hierdie!!
@ Mooi gesê: Werk jy op Sondae en lewer jy ‘n diens aan ander….of is jou werk net om vir jou eie selfsugtigheid te sorg?
@Louis Levinson – mooi gesê aan “Mooi Gesê”!!!
Dit was Sondag…loodgieter se pyp kan niemand dood maak.. brief pos nog minder! Mooi so vertel almal wat gebeur met dronkbestuurders. Mooi so! Sê ek weer!