EMPD-hoof trek op pad werk toe 2 vas vir dronkbestuur

Genl. Isaac Mapiyeye. Foto: Verskaf.

Genl. Isaac Mapiyeye, hoof van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD), het Sondag op pad kantoor toe self twee bestuurders in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het gesê die voorval het omstreeks 09:40 in Kempton Park plaasgevind.

“Ek was op pad kantoor toe en het by die aansluiting van Voortrekkerweg en Casuarinalaan by ʼn rooi verkeerslig langs ʼn wit Fiat Sandero gestop. ʼn Grys VW Golf het onverwags met ʼn slag agter teen die Renault Sandero vasgejaag,” het Mapiyeye in ʼn verklaring verduidelik.

“Ek het onmiddellik uit my voertuig geklim en tot my verbasing gesien dit lyk asof albei bestuurders te veel gedrink het.”

Beamptes van die Kempton Park-polisiëringsgebied is na die toneel ontbied met ʼn toestel om asem-alkoholvlakke te toets en albei bestuurders se lesing was oor die wettige alkoholperk.

Die 35-jarige man in die Golf en die 59-jarige vrou in die Sandero moes albei eers bloedtoetse ondergaan voordat hulle by die Kempton Park-polisiekantoor van vermoedelike dronkbestuur aangekla is, het Kgasago gesê. Hulle sal binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Mooi Gesê ·

Stem saam met jou. Ek sal ook eers 09h40 werk toe wil ry. Laat ek raai hy werk seker ook net tot 15h00

Cherokee ·

Heeltemal reg Mornay. Ons behoort dus ook te lees van ‘n loodgieter wat ‘n pyp reggemaak het en ‘n poskantoorklerk wat ‘n brief gepos het. En…(!) die kok wat kos gemaak het !! :-)

Nettie ·

Dit was SONDAG. Werk enige van julle Sondae, Mornay & Mooi Gesê? Ek dink nie die HOOFDE van enige regeringsinstansie HOEF op Sondae te werk nie. En wat daarvan as dit eers 09:40 was? Pleks dat julle die ou kommendeer op die feit dat hy op ‘n SONDAG gaan werk het en toe twee dronk bestuurders aangekeer het, kritiseer julle hom eerder dat hy “laat” kom werk het. So julle gaan my seker ook kritiseer as ek eers om 08:30 werk toe ry, want ek begin 09:00 werk? Elkeen vir homself, sê ek en ek haal my hoed af vir mnr. Mapiyeye wat nie net sy werk gedoen het nie, maar ook nie aan sy rank geklou het en gehuiwer het om in te spring toe dit nodig was nie.

Ja nee ·

Ja en dis wat die meeste ongelukke veroorsaak op die paaie!!dronkbestuurders! mense met hulle gekoopte lisensies!ongeduldige bestuurders , spoedvrate!en TAXI’s!!! Niemand gehoorsaam die verkeersreels op ons land se paaie nie!!!!! Dis n happy go lucky land hierdie!!

ampie ·

Dit is n wanbegrip dat dronk bestuurders vir die meeste ongeluke verantwoordelik is 90% sober bestuurders is verantwoorderlik vir die meeste ongeluke word wakker

Hettie ·

Ja baie meer ongelukke deur sober persone volgens statistiek. Mens moet net onthou dat deur weeksdae daar baie meer sober persone op die pad is as dronk persone op ‘n Vrydagaand byvoorbeeld.

Louis Levinson ·

@ Mooi gesê: Werk jy op Sondae en lewer jy ‘n diens aan ander….of is jou werk net om vir jou eie selfsugtigheid te sorg?

Mooi Gesê ·

Ek werk Sondae as jy nog laat slaap na die vorige aan se braai en brandewyn. En ja ek word ook vriendelik verplig om standby na ure en vakansie dae te werk—selfs ook Kersfees. Ek hou die krag aan sodat jy jou warmkombers kan aansit in die koue nagte as ek moet werk.

Marinda ·

Dit was Sondag…loodgieter se pyp kan niemand dood maak.. brief pos nog minder! Mooi so vertel almal wat gebeur met dronkbestuurders. Mooi so! Sê ek weer!

Janie Monsieur ·

Dagsê Milla,
Dankie vir jou kommenataar. Jammer vir die oorsig – die berig is gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

GRAP ·

wel Miskien is hulle vir Drank wie sal nou die drank die skuld gee as jy self drink mmmm wonder maar net

Eishhhh ·

Jy kry nie ‘n FIAT SANDERO NIE maar wel ‘n Renault Sandero, en toe jaar die VW Astra agter in die Fiat Sandero vas!!!!!!!!!!!!

Janie Monsieur ·

Dagsê,
Dankie vir jou kommenataar. Jammer vir die orosig – die berig is gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Koos ·

Man, julle almal wys altyd vingers. Ek waardeer die berig, die man was so vroeg oppad werk toe en toe die ongeluk onder sy neus gebeur is twee bestuurders oor die alkohol limiet. Daai tyd van die oggend! Dankie dat jy dadelik jou werk ordentlik gedoen het sodat die 2 vir dronk bestuur in hegtenis geneem is. DANKIE DAARVOOR. En julle kan nou ophou kerm asb maroela lesers. Waar is julle dankbaarheid, waar is GRACE vir ander. Julle wat so sondeloos klippe gooi. SIES

Olga ·

Dankie Koos ek glo baie van ons mense is wel dankbaar dat ‘n uitsondering sy werk gedoen het.

cor ·

Koos Die twee het maar net die vorige aand hard gekuier en toe hulle wakker word die oggend besluit hulle om huis toe te ry. Hulle is vermoedelik aangekla , maar nerens lees jy dat hulle opgesluit is nie .Vir seker gaan daar die bloed toetse verdwyn of negatief wees en jy sal nie weer in mm daarvan lees nie. Die hoof het net sy plig gedoen en het verder geen beheer oor wat van die twee geword het nie want hy werk by EMPD en SAP moes hlle wegvat.

Se maar net ·

En so gaan daar ook NIKS met hulle gebeur nie. n’ Dronk man het ook in my motor vasgery, …..meer as 3 jaar gelede. Ek moes baklei met die beamptes om hom te laat toets vir alkohol, wat hul nie wou doen nie….Hul wou voorgee ek is rasisties, maar ek kon sien die man is dronk en bestuur ‘n taxi wat vol mense was, wie se lewens in gevaar was met hom aan die stuur. Sy alkoholvlak was 5.7. Hy het toe saam met hul gegaan om bloedtoetse by die hospital te laat doen waana hy toegesluit was vir die nag. Die saak het die volgende dag voorgekom. Die bloed is weggestuur vir ………..dis nounog weg, en intussen loop hy vry rond!!! EK moes maar self my voertuig laat regmaak.

Snip ·

My magtig, en toe werk jy vir `n slag en dit op `n Sondag. 10 uit 10 vir jou, hoop jy kry darem dubbel tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.