Emslie-plaasmoord: Verdagte weer vas

Petros Moyo. Foto: Verskaf

Petrus Moyo, die man wat aangekla is van die moord op dr. Werner Emslie (55) van die Lephalale-omgewing in Limpopo, is weer in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik Maandagaand uit die plaaslike polisieselle ontsnap het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het bevestig Moyo (27) is Woensdag in die vroeë oggendure tydens ʼn intelligensie-gedrewe operasie van die polisie in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig Moyo het Maandag deur die nag uit die Lephalale-polisieselle ontsnap nadat hy die versperring van die sel afgesaag het. Die polisie het vroeër gesê hulle ondersoek waar Moyo die toerusting gekry het om dit te doen en of hy enige hulp gehad het.

Moyo het vroeër die dag in die Lephalale-landdroshof verskyn waar hy teregstaan op aanklagte van moord, huisbraak en diefstal. Die saak is tot 14 Desember uitgestel vir verdere ondersoek en hy is nie borgtog toegestaan nie.

Daar is vasgestel Moyo, ʼn Zimbabwiër, is onwettig in die land, en ná sy ontsnapping is daar gevrees dat hy terug na sy tuisland kan vlug.

Moyo is aanvanklik op 18 Oktober in Frankfort in die Vrystaat in hegtenis geneem ná volgehoue pogings deur die Lephalale-polisie se taakspan, speurders, misdaadintelligensie-eenheid en Heritage Protection Group (HPG). Buiten die aanval op Emslie, en sy vrou, dr. Mariette Emslie (55), word Moyo glo ook verbind met huisroof- en inbraaksake in Lephalale en Frankfort.

Die Emslie-egpaar en hul dogter, Barbara (19), ʼn eerstejaar mediese student aan Tukkies in Pretoria, is op 20 September omstreeks 20:00 deur vier gewapende mans op hul plaas in die Afguns-omgewing aangeval. Mariëtte is ʼn algemene praktisyn op die dorp en Werner was ʼn geliefde boer en doktor in bedryfsgesondheid.

Werner is koelbloedig doodgeskiet terwyl hy buite sy huis op die stoep gesit het. Mariëtte is in die lewer geskiet en moes met ʼn helikopter na die Muelmed-hospitaal in Pretoria gebring word waar sy gestabiliseer is. Sy kan ná die skietery nie loop nie. Barbara is nie tydens die aanval ernstig beseer nie.

Die verdagtes het met twee vuurwapens en die egpaar se bakkie van die toneel gevlug. Die bakkie is later verlate buite die plaas gekry.

Moyo se medepligtiges is steeds soek.

Ngoepe het gesê Moyo sal binnekort in die hof verskyn op in verband met ontsnapping uit wettige aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Leahim ·

En wie het die polisie gelei in hierdie misdaad gedrewe intelligensie operasie was dit HPG want die polisie kon dit nie eers regkry om die verdagte veilig in aanhouding te hou nie.HPG is dit n sekuriteits maatskappy?

Ou Boervrou ·

Wat ‘n wonder! Die SAPD het uiteindeluk in een arresrasue geslaag….

Wille Willem ·

Uitstekende werk! Dit is mos hoe dit gedoen moet word.

Alida ·

Baie bly hy is weer gevang. Ek hoop hule maak hierdie keer seker dat hy voetboeie aanhet en behoorlik toegesluit word.

zack ·

Nou wag Jan Publiek in spanning dat die SAPD lid wat hom help ontsnap het ook toegesluit word.

abc def ·

Leahim,HPG is n nie winsgewende misdaadbestrydings organisasie wat fokus op gewelds misdrywe,wat hul eie ondersoeke doen en n fantastiese oplos syfer het,ondersteun hulle gerus.

Leahim ·

Dit is die tipe organisasies wat sa nodig het nou dat die polisie weier om hulle werk behoorlik te doen weens rede waaroor ek net kan bespiegel dankie HPG doen so voort ek is trots op julle

Grassie ·

Ek is bly oor een stukkie goeie nuus so vroeg in die oggend. Ek hou duim vas vir nog sommer ‘n kruiwa vol goeie nuus van anderkant die Limpopo af.

Moeg vir SA ·

Natuurlik het hy hulp gekry van binne af om uit te breek,hoe anders sou hy daarin kon slaag!!!!!Dit het ñ ruk terug op ñ klein dorpie in Noord Wes ook gebeur.Hulle was ook vier persone wat gevang is vir hul betrokkenheid by plaasaanvalle,ook van hulle was van zimbabwe.Hulle word def gehelp.

Anoniem ·

Welgedaan!!
Pleeg liewer nog n misdaad voor hy Zim toe vlug. Baie meer voordele hier as daar.

Alida ·

Ek hoop sy helpers tydens die “ontsnapping” word ook gevang, afgedank sonder vergoeding.

Riaan ·

Ek verstaan nie MM…
Julle se vermoedelik Maandagnag ontsnap..
Weet julle nie of hy ontsnap het nie? In paragraaf 3 bevestig julle tog dit het Maandagnag gebeur….
Se maar net..

Wilmarie ·

Die swernoot het wraggies probeer inbreek, by n huis nie ver van ons af nie!! Dis hoe hy weer vanoggend gevang is.

Verbysterd ·

Wonder of dit waar is. Iemand is blykbaar duisende rande betaal om di psycho te help ontsnap en is ook gevang? Wonder wie dit is wat betaal is en di geld voorsien het?

Alida ·

As die gerugte waar is dat iemand betaal is om hom te help hoop ek regtig MM berig daaroor sodat ons weet wat die waarheid is. Opvolg berigte is altyd welkom.

Theresa ·

Vorige kommentaar nie geplaas nie. Probeer weer: Baie dankie aan die firma wat herarrestasie help gebeur het! Saag sou geraas maak – dus almal aandiens moet baie goed ondervra word. Laat hom praat oor sy makkers. Waar loop hul rond en saai chaos; moor ingesteld en nie op databasisse nie want seker ook onwettige buitelanders. SO bly hul word gevang en kom ten minste dan op die misdaadstelsel. Bitter jammer dat mense hul lewens moet inboet vir hierdie tipe onwelkome se bestaansreg. Hoop waaragtig dat die ander spoedig gevang word. SORG TOG DAT DIE MAN GLAD NIE KAN ONTSNAP NIE.

abc def ·

Intelligensie-gedrewe operasie se dinges. Hy is deur die huis eienaar gevang toe hy wou inbreek. Waaroor al die geliegery??

Leahim ·

Ek het so gedink net soos die boer wat die klomp plaasaanvallers gevang het is daar nog darem een polisie persoon in die hele suid afrika wat sy werk doen????

Nel ·

Intelligensie-gedrewe inderdaad. Al intelligensie hier ter sprake is die van die huiseienaar wat hom gevang het.

Wonder ·

Is hierdie ni dalk ook georganiseerde misdaad ni? Is dit hoekom hy ni praat oor sy makkers nie? Is dit ni n sindikaat wat di boere so vermoor ni?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.