En die motor van die jaar is …

Porsche Panamera

Die Porsche Panamera het Dinsdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by Gallagher Estate nege mededingers uitgestof om as die 2018 Wesbank Motor van die Jaar gekroon te word.

Die Porsche Panamera is die 33ste Wesbank en Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste se Motor van die Jaar. Die Volvo S90 is tweede en die Alfa Romeo Giulia derde. Die tien finaliste is deur ʼn uitdagende tweedaagse toetsrondte gesit by Kyalami-renbaan deur ʼn paneel van 26 van die SAGMJ se lede en elke faset van die voertuie met ʼn fynkam deurgegaan en evalueer.

Die tien finaliste is gekies deur lede van die SAGMJ uit ʼn moontlike 35 modelreekse. Die finaliste was:

Alfa Romeo Giulia
Audi Q5
BMW 5-reeks
Kia Picanto
Land Rover Discovery
Peugeot 3008
Porsche Panamera
Suzuki Ignis
Toyota C-HR
Volvo S90

Die mees suksesvolle handelsmerk in die kompetisie se geskiedenis is BMW met ses wenners, dan Opel met vier. Drie handelsmerke, Audi, VW en Porsche, spog elkeen met drie vorige wenners.

Vorige jare se wenners lyk só:

2017Opel Astra
2016Volvo XC90
2015Porsche Macan S Diesel
2014Porsche Cayman S
2013Porsche Boxster
2012Hyundai Elantra 1.8 GLS
2011VW Polo 1.6 TDI & BMW 530d
2010VW Golf VI 1.4 TSI Comfortline
2009Honda Accord 2.4i Executive
2008Mazda 2 Individual
2007Honda Civic 1.8 VXi
2006Audi A3 Sportback 2.0T FSI
2005Volvo S40
2004Renault Mégane 1.9 dCi
2003VW Polo 1.4 TDI
2002Audi A4 1.9 TDI
2001BMW 320d
2000Renault Clio 1.4 RT
1999Alfa Romeo 156 T-Spark
1998Ford Fiesta Fun
1997BMW 528i
1996Audi A4 1.8
1995Opel Astra 160iS
1994Opel Kadett 140
1993BMW 316i
1992Nissan Maxima 300 SE
1991Opel Monza 160 GSi
1990BMW 525i
1989Toyota Corolla GLi Executive
1988BMW 735i
1987Mercedes-Benz 260
1986Toyota Corolla Twin Cam

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Christo van Zyl ·

Wat n grap wie kan die kar van die jaar bekostig!

Andre ·

Ek stem saam. Dis belaglik.
Na 10% deposito en substansiele reswaarde is die maandelikse paaiment baie meer as wat die gemiddelde mens per maand se totale salaris is!

Pop ·

En hier vertel mense ons heeltyd Volvo is die veiligste motor? Waaraan meet hulle die kompetisie.?

Hennie ·

Wat n joke …hoop alle goedkoper handelsname boikot die grap …Laat hul dan kies uit motors oor milj …..Wonder wie kry wat …….???..

Paul ·

My vrou het ‘n 2000 Renault Clio RT 1.4. Dit het nou so 29,000 op die klok.

SjN ·

Waar laat diens jy daai motor as jy op ver afgeleë plek bly, hou maar by die ou betroubare maak en model.

Daan Erasmus ·

Die mense is so uit voeling met die werklikheid. Hulle lewe in hul eie borrel. Geluk met nog ‘n irrelevante keuse.

Warren daries ·

Gaan dit porshe se verkope n hupstoot gee? 99 % van mense kan die ryding nie bekostig nie! So wat help dit nou?

hendrik ·

Of dit motor van die dekade of motor van die eeu is, hou maar liewer verby. Ek verkies my ou donkie sonder tierlantyntjies.

Spark Plug ·

Wow…dis great. Wag laat ek gou spark en vir myself n Porsche Penamera gaan koop. Ek is lankal lus om vir die volgende 10 jaar op brood en water te leef…moet in elke geval mos gewig verloor, hoe anders gaan ek inpas :-)

Sluk maar swaar ·

Water is al amper net so n luuksheid as die Porsche

Anoniem ·

Ek weet nie hoe hulle by die een uitkom as wenner nie. Jy sien skaars een op die pad. Hulle kon netsowel n donkie kar gevat het en bekroon het wat beter gepas sou wees want die donkie gebruik nie brandstof nie. Het geen elektroniese onderhoud nie, bespaar op bande en hy vat jou waar jy wil teen n veilige spoed.

MAK MUIL ·

My aarde! Nie geweet hulle maak eers nog daai lelike ding nie!

Seker nog net so 2 op die pad gesien hier in ons kontrei.

bgj van der westhuizen ·

die meeste moters wat hulle getoets het kan die man op die straat nie bekostig nie waar om toets hulle nie moters wat die man op die straat kan bekostig dat hy kan sien wat is die verskil tussen dit maar nog n ding die daar is baie min moters wat swak is

TS ·

Daardie storie van die veiligste kar is ń Volvo is ñ mite.
Die kriteria van hierdie kompetisie maak dat dit in ń glansryke klugspul ontaard het.

Rudolf ·

Stem saam met al die bogenoemde kommentaar. Die kompetisie is werklik banaal en irrelevant. Hoe kan jy die Porsche en die Suzuki hoegenaamd met mekaar vergelyk ? Maak dit dan maar “Droom motor van die Jaar”. Gewone salaristrekker sal dit net nie kan bekostig nie.

Daan Erasmus ·

Hierdie is Wit Monopoly Kapitaal in aksie. Die keuse vir die top 1% van die bevolking wat ‘n motor kan bekostig. Dit is al jare wat gewone mense hoop dat die mense hul kop uit die wolke sal haal en kyk wat in die regte wêreld gebeur.

Ella ·

Dalk moet daar verskillende kategoriee wees. Hoe kan n Porsche en Ignis meeding? En die Ignis is n oulike en bekostigbare kar. Organiseerders moet bietjie beter dink.

Andre C ·

Een van daardie twee klein rooi karretjies voor op die foto sou n beter keuse gewees het.

Edmund ·

Geluk Porsche. (ek bedoel dit werklik) En volgende jaar (2019) is die motor van die jaar….. (drum roll) seker ‘n Lamborghini Huracan/Aventador. Ek verlang terug na die dae toe die motor van die jaar ‘n Opel Astra, Volkswagen Polo, BMW 316i of ‘n Toyota Corolla was.

Hennie ·

Bly om te sien dat alle lesers saamstem dat die motor van die jaar in n klug ontaard het hoekom word die kriteria nie bekend gemaak nie …n milj rand voertuig ..kan tog nooit met n R200000. Meeding nie …Soos in die PFMA …moet appels met Appels vergelyk word …tweedens die peugeot wat motor van jaar 2017 in Europa was ..kom nerens in die klug spel …verseker tog moet n voertuig iets beteken wat eerste kom in n Eerste Wereld land …of is die 3de wereld land se kriteria anders ….Ek weet ons kommentaar sal niks beteken ..maar dalk net dalk neem iemand kennis ..en PLAAS DIE VOERTUIE OM IN HUL PRYSKLAS MEE TE DING …..Ek het altyd gereeld Laat wiel gekyk .maar hul is ook betrokke in die klug …so hoe kan ek glo dat hul objektief is oor voertuie wat getoets word ….Weet nie of die mening geplaas sal word …maar as die skoen pas ….Trek Dit Aan …

Jacques ·

Jô! My tameletjie is… watter een van die 16 verskillende Panamera modelle kies ek?

Chrisjan ·

Die’ “kompetisie” het GEEN waarde nie.Dis net heerlike tyd verdyf vir ‘n klomp joernaliste.Hoe vergelyk mens ‘n Picanto met ‘n Porche of BMW?Die kompetisie is absurd.

Philip ·

Die rede vir die wen is mos natuurlik dat dit die meeste staatsamptenare, hulle vrouens en kinders se privaat voertuig is…

Root ·

Ek het geweet daar gaan weer briekmerke in almal se onnies wees!
Al hoekom ek hierdie berig gelees het! Die kompetisie is motor van die jaar en nie bekostigbare karretjie van die jaar of blikkie met wiele van die jaar nie. Dalk moet hulle maar sulke kompetisies begin om die gegrens te stop.

Dit kroon die beste motor van die jaar teen ‘n stel kriteria wat bekostigbaarheid insluit. Die Porsche is uistekend in alle opsigte – so goed dat dit waarde vir geld (baie geld) is…

Ai mense!

Bernard Hellberg ·

Dankie tog, iemand verstaan dit gaan nie om die tradisionele SA strewe na middelmatigheid nie. Afguns is ‘n monster

TvdM ·

Net so Root. Presies die rede waarom almal nie Chery QQs ry nie.

TvdM ·

Chery se QQ is die goedkoopste motor op die mark. Hoekom is daar nie duisende van hulle op die paaie nie – hy is mos die goedkoopste, en hoekom is hy nie die motor van die jaar nie. Is dit dalk omdat die goedkoopste nie die beste is nie???

Gaan kyk bietjie wat die prys van die A8, S-klas en 7 reeks is en sê dan vir my dié Porsche is nie ‘n bargain nie.

Marietjie ·

Moet se my Picanto het laas week een van daai Porches verby gegaan. Was trots op my motortjie. Nie my skuld die dame agter die stuur ry 100 op die R21 en besef nie wat se krag en spoed eintlik in daai engine is nie. Sy ry dit verseker net vir status. Ek wil ook altyd weet hoe bekostig mens so ‘n kar as die goedkoper karre skaars bekostigbaar is vandag.

Sak sarel ·

Enige motor joernalis wat nie n kar met sy eie geld koop nie se mening is irrelevant. (Ek dink nie daar bestaan so een nie)

Jack Klok ·

Was al my lewe nog geinteresseerd in motors en het oor die jare op verskeie motor tydskrifte ingeteken. Baie daaruit geleer ook, veral die tegniese artikels.

Maar verskeie jare gelede het ek opgehou om motortydskrifte te koop. Lees nie eers meer die goed nie want motorjoernaiste het snobs geword. Hulle skryf net oor baie duur en luukse motors. Hulle kritiek teen gewone motors is gewoonlik belaglik en hulle verwagtings altyd hemelhoog. Hulle kraak alle allemanskarre af. Dan is dit ook so dat sommige motorvervaardigers die joernaliste se guns wen deur allerhande uitstappies, geskenke ens. Geen wonder sekere handelsmerke se lof word ver bo andere geprys nie.

Die gevolg is dat motrorjoernaliste nie objektief is nie en dat hulle artikels nie onpartydig is nie. Die BMW/Mercedes/Toyota handelsmerke kry oormatige publisiteit, die res heelwat minder.

Met al die voorafgaande in gedagte, hoe kan ‘n Kia Picanto op gelyke vlak met ‘n Porche wat 10 keer so veel kos meeding? Alles aan die Porche is in die oortreffende trap, die Picanto is ‘n intree motortjie.

Die motor van die jaar kompetisie is ‘n klug. Dit beteken eintlik niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.