Die Porsche Panamera het Dinsdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by Gallagher Estate nege mededingers uitgestof om as die 2018 Wesbank Motor van die Jaar gekroon te word.
Die Porsche Panamera is die 33ste Wesbank en Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste se Motor van die Jaar. Die Volvo S90 is tweede en die Alfa Romeo Giulia derde. Die tien finaliste is deur ʼn uitdagende tweedaagse toetsrondte gesit by Kyalami-renbaan deur ʼn paneel van 26 van die SAGMJ se lede en elke faset van die voertuie met ʼn fynkam deurgegaan en evalueer.
Die tien finaliste is gekies deur lede van die SAGMJ uit ʼn moontlike 35 modelreekse. Die finaliste was:
Alfa Romeo Giulia
Audi Q5
BMW 5-reeks
Kia Picanto
Land Rover Discovery
Peugeot 3008
Porsche Panamera
Suzuki Ignis
Toyota C-HR
Volvo S90

Die mees suksesvolle handelsmerk in die kompetisie se geskiedenis is BMW met ses wenners, dan Opel met vier. Drie handelsmerke, Audi, VW en Porsche, spog elkeen met drie vorige wenners.
Vorige jare se wenners lyk só:
2017 | Opel Astra |
2016 | Volvo XC90 |
2015 | Porsche Macan S Diesel |
2014 | Porsche Cayman S |
2013 | Porsche Boxster |
2012 | Hyundai Elantra 1.8 GLS |
2011 | VW Polo 1.6 TDI & BMW 530d |
2010 | VW Golf VI 1.4 TSI Comfortline |
2009 | Honda Accord 2.4i Executive |
2008 | Mazda 2 Individual |
2007 | Honda Civic 1.8 VXi |
2006 | Audi A3 Sportback 2.0T FSI |
2005 | Volvo S40 |
2004 | Renault Mégane 1.9 dCi |
2003 | VW Polo 1.4 TDI |
2002 | Audi A4 1.9 TDI |
2001 | BMW 320d |
2000 | Renault Clio 1.4 RT |
1999 | Alfa Romeo 156 T-Spark |
1998 | Ford Fiesta Fun |
1997 | BMW 528i |
1996 | Audi A4 1.8 |
1995 | Opel Astra 160iS |
1994 | Opel Kadett 140 |
1993 | BMW 316i |
1992 | Nissan Maxima 300 SE |
1991 | Opel Monza 160 GSi |
1990 | BMW 525i |
1989 | Toyota Corolla GLi Executive |
1988 | BMW 735i |
1987 | Mercedes-Benz 260 |
1986 | Toyota Corolla Twin Cam |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
34 Kommentare
Wat n grap wie kan die kar van die jaar bekostig!
En hier vertel mense ons heeltyd Volvo is die veiligste motor? Waaraan meet hulle die kompetisie.?
Wat n joke …hoop alle goedkoper handelsname boikot die grap …Laat hul dan kies uit motors oor milj …..Wonder wie kry wat …….???..
My vrou het ‘n 2000 Renault Clio RT 1.4. Dit het nou so 29,000 op die klok.
Waar laat diens jy daai motor as jy op ver afgeleë plek bly, hou maar by die ou betroubare maak en model.