En die motor van die jaar is…

Die 32ste Wesbank SAGMJ Motor van die Jaar is die Opel Astra. Foto: Brendon

Die 32ste Wesbank SAGMJ Motor van die Jaar is die Opel Astra. Foto: Brendon Staniforth

Die motor van die jaar is Woensdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by die Kyalami-renbaan in Midrand bekend gemaak.

Die Opel Astra is pas as die 32ste Wesbank SAGMJ Motor van die Jaar aangewys. Die Audi A4 Sedan is tweede met die Volkswagen Passat in derde plek.

Die kompetisie het in 1986 begin toe ʼn Toyota Corolla Twin Cam as die eerste wenner aangewys is. Die sterkste vervaardiger in die kompetisie se geskiedenis tot dusver is BMW met ses wenmodelle: die 735i in 1988; 525i in 1990; 316i in 1993; 528i in 1997; 320d in 2001 en hul laaste wen was die 530d in 2011.

Verlede jaar het die Volvo XC90 gewen en drie jaar agtereenvolgend voor dit, almal Porsche’e – die Macan S Diesel in 2015, Cayman S in 2014 en Boxster in 2013.

Die wenner word gekies deur 28 Suid-Afrikaanse Gilde vir Motorjoernaliste (SAGMJ)-lede. Die lede is deur hul portuurgroep gekies om te dien. Die finaliste is gekies uit ʼn lys van 35 voertuig-reekse. Die kompetisie is in 2016 aangepas dat ʼn spesifieke model nie as wenner gekies word nie, maar eerder ʼn modelreeks.

Die finaliste vir 2017 was:

Audi A4 Sedan
Honda Civic
Hyundai Tucson
Jaguar F-pace
Mazda CX-3
Opel Astra
Renault Kadjar
Toyota Fortuner
Volkswagen Passat
Volkswagen Tiguan

Lees meer oor die vorige wenners hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Paul ·

Wat’s nuut? Suid-Afrika se motorjoernaliste is byna almal verslaaf aan Duitse karre en ignoreer enige foute wat hulle het, terwyl die kleinste foutjies uitgewys word as die kar van ‘n ander land af kom.

Frikkers du Plooy ·

Suzuki Kizashi is die beste waarde vir geld, fantastiese motor.

Peter ·

Was SA keuse al ooit wereld keuse.?
Seker weinig
Oor paar jaar sal elektriese motors seker elke jaar wen.

Johan. H. ·

Manne is ook slinks , Hier sit hulle name van motors wat eintlik in my opinie nie goed verkoop nie. Intredokteneer die publiek,,,Jy kan niks meer glo nie, ,Stem saam met die fortuner,,

G P Benade ·

Baie geluk aan Opel. Ek dink ook dt is n mooi kar ens. Ons moet egter nie vergeet dat dit n slegte verkoper is nie. Dit beteken dat daar dalk fout is met die bemarking of dat slegs die journaliste dink dit is n werner.

Nico ·

Hoe relevant is hierdie kompetisie regtig? Ek ken niemand wat ‘n Astra ry nie.

Kobus ·

Hierdie toekenning het steeds waarde, want mense wat meer van motors weet as ek help om die standaard van motors in Suid-Afrika hoog te hou.

Martin ·

Ek hoop die GM-parasiet maak werk daarvan om Opel te verkoop, hul het lank genoeg die mpy se vernuf misbruik en verwater deur hul ander naamplate op ander se uitstekende produkte te plak, veral in ander markte. Ek stem in ‘n mate saam dat ‘n deel van die Suid-Afrikaanse mark bevooroordeeld is, spesifiek vir Opel se hoof-kompetisie in Duitsland. Dit is deels waarom elke jan rap blindelings die Astra se mededinger koop.

Voorlaaier ·

Laaste ordentlike Opel was die GSI Superboss 16V van di 80’s wat di renbane aan di brand gery het met Mike Briggs agter di stuur…..

Basson ·

Gaap – lekker party en rondrits vir motorjoernaliste en dan word die wenner met groot fanfare aangekondig gebaseer op totaal arbitrere evalauasie kriteria.
Die paneel leef in ‘n borrel wat dit aanbetref, maar wat – as mens genoeg spin (nie wiele die keer) kan die oningeligtes dalk ‘waarde’ daaraan heg. (Dis nou as daar nie sommer twee wenners is soos ook al gebeur het nie hahahaahah)
Daar is CAR tydskrif se ‘Best buy per category’ meer sinvol.

Wouter ·

Volkswagen Polo Sedan. Ons kry soveel komplimente van die goeie motor.

Voorlaaier ·

Laaste ordentlike Opel was di GSI Superboss 16V van di 80’s wat di renbane aan di brand gery het met Mike Briggs agter di stuur!

Harambe ·

Jong, ek sal jou ‘n ding vertel: die 200ts was net so giftig. En ek het vir jare lank ‘n Turbo Coupe gery en daai ding was morsig as hulle so bietjie met so sagteware gepeuter het. Sien, as Opel seg die ding maak 147kW, dan is dit by die wiele, waar dit saakmaak, nie by die flaaiwhiel (dis ‘n afrikaanse woord, ek swee!) soos ander ouens nie.

Hannelie ·

VOLKSWAGEN, Duits maar gerieflik en luuks. Sal geen ander voertuig bestuur.

Christa ·

Ek bestuur ‘n klein Hyundai i10 wat lig is op petrol. Ek gee nie om wat ‘n motor se naam of van is nie. Dit moet net 6 wiele he – 4 op die pad, ‘n stuurwiel en ‘n spare en dit moet loop!!!

Koos1 ·

Mnr. Stippel van Rapport was 100% in die kol. Ek stem saam met hom dat Opel eerder die 1.0 t Astra moes laat deel neem.
Ek het al vir baie jare ‘n 2003 Astra. Mensig wat ‘n goeie kar. 17 tot 18 km per liter op die lang pad met sleepwa! En dis ‘n 1.6 petrol.

Ig ·

Koos 1 Sak Sarel . Motor van die jaar is deesdae soos party Rugbyspanne,Speel mooi maar wen nooit die Kompetisie nie

Frans C ·

‘n Storm in ‘n teekoppie.Mense stem met hul voete en koop wat hul sak pas.Dus kyk maar watter modelle verkoop die beste, in elke afdeling.

Anton ·

Dit klink vir my net soos die flieks wat geresenseer word. Die flieks waaror die resensente gaande is wil niemand anders na gaan kyk nie

Willem ·

Gaaaap….ja ja ek geniet my BMW 440i Grand Coupe…….lekker chat mense….

Cassie Carstens ·

Hierdie kompetisie is ‘n klug. Ek is nie ‘n Toyota aanhanger nie, maar kan dit nie regverdig dat ‘ Opel Astra ‘n beter kar is as byvoorbeeld die Toyota Fortuner is nie. En dan betaal jy nog meer as R300K vir ‘n klar met ‘n 1400 masjientjie?? Ag nee wat, en nou gaan die heer Sippel seker die motorjoernalis van die jaar toekenning ook kry. Hier in Pretoria het ek noual 3 nuwe Opels Corsa, Astra en Mokka gesien wat teen die pad staan met enjinkap in die lug – masjiene het gestaak! Opels verkoop ook swak – nee wat ek weet nie – “Car” se keuse jaarliks is baie beter as wat hierdie manne kan doen.

pieter ·

LANK OPEL VERKOOP, GOEIE MOTOR MAAR BESLIS NIE MOTOR VAN DIE JAAR AS EK KYK NA VERKOPE

Andre ·

Stem saam met jou Martin.GM het vir Opel amper ten gronde laat gaan.Nou word GM se topverkopers in Korea en ander lande vervaardig met Opel se tegnologie.Dis goed dat die Franse Opel gekoop het.Onder Delta Motorkorporasie was Opel n topverkoper in SA.

Piet Pompies ·

As Volkswagen ondersteuner probeek ek om objektief te wees teenoor ander vervaardigers, met ‘n toevallige besoek aan ‘n Opel handelaar was ek nogal beindruk met die kwaliteit van die Opel Astra.
Persoonlik dink ek dat die sukses van ‘n produk bepaal word deur sy handelaarskap en naverkope diens.
Onstabiliteit soos verandering van eienaarskap deur vervaardigers skep wantroue.
Ek werk ook heelwat aan VW voertuie en kan die produk komplimenteer met sy bo gemiddelde kwaliteit en hoë standaarde.

Harambe ·

Julle mense moet ‘n slag ‘n Subaru ry as julle waarde vir geld wil sien. Ek hou van Opel, en ek het al 3 besit, maar my “nuwe” Forester XT (hy’s 10 jaar oud, maar nog perdfris) is net soveel beter op die grondpaaie. En hy laat die GTI-bestuurders bloedrooi bloos.

Andre ·

2016 Europa se Motor van die jaar is vanjaar SA se motor,nogal toevallig.Die laaste paar jaar was dit altyd iets wat net die rykes kan bekostig

Christo ·

Mooi so Opel jy is no 1.
Ek is nou nie juis n Oupel fan nie en hou maar verby .
Hier by ons is daar maar min op die grond en ek ek het jou nog net op n foto gesien .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.