En die nuwe Mej. Suid-Afrika is …

Tamaryn Green, Mej. SA en Mej. Heelal SA. Foto: @Official_MissSA / Twitter

Mej. Suid-Afrika is Sondagaand tydens die skoonheidskompetisie se skouspelagtige 60ste feesviering in Pretoria gekroon.

Adé van Heerden, wat die titel as Mej. Suid-Afrika 2017 oorgeneem het toe Demi-Leigh Nel-Peters as Mej. Heelal gekroon is, het tydens die glansgeleentheid haar kroon aan haar opvolger, Tamaryn Green, oorhandig.

Waar daar voorheen drie finaliste gekies is van wie een as wenner en twee as eerste en tweede prinsesse aangewys is, is daar vanjaar slegs twee finaliste gekies.

Tamaryn Green spog nou met die titel as 60ste Mej. Suid-Afrika asook Mej. Heelal SA.

Die vrou wat voorts met die titel Mej. Wêreld SA gaan spog, is Thulisa Keyi.

Altesaam 12 finaliste het om dié gesogte titel meegeding. Hulle is:

  • Akile Khoza (23) wat besig is met haar meestersgraad in neurowetenskappe.
  • Anzelle von Staden (24) van Centurion. Sy het ʼn BCom-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en is tans ʼn model.
  • Bryoni Govender (21) van Kempton Park. Sy is ʼn derdejaar-LLB-student aan die Universiteit van Johannesburg.
  • Daniellé de Jager (20), oorspronklik van Benoni, is ʼn tweedejaarstudent in biokinetika aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth.
  • Karishma Ramdev (23) is van Westville in KwaZulu-Natal en ʼn mediese student.
  • Margo Fargo (25), oorspronklik van Heidedal in Bloemfontein, het ʼn BSc-honneursgraad in verbruikerstudies en is die medestigter van ʼn niewinsgewende organisasie.
  • Noxolo Ndebele (24) is van Pinetown in KwaZulu-Natal en het ʼn BCom-graad in rekeningkunde.
  • Tamarin Bensch (25) is ʼn eiendomsbestuurder en binnenshuise opknapper van Somerset-Wes.
  • Tamaryn Green (23) is ʼn sesdejaar- mediese student van die Paarl in die Wes-Kaap.
  • Thandokazi Mfundisi (23) van Oos-Londen is ʼn finalejaar-LLB-student aan die Fort Hare- Universiteit.
  • Tharina Botes (21) van Roodepoort is ʼn eerstejaar-BCom-student in bemarking en sake by Damelin. Sy is ook ʼn deeltydse model.
  • Thulisa Keyi (26), oorspronklik van Oos-Londen, woon nou in Fourways en doen tans haar klerkskap by KPMG nadat sy haar graad aan die Universiteit van Kaapstad behaal het.

Thandokazi, Karishma, Noxolo, Tamaryn en Thulisa het die eerste spreekwoordelike kap van die byl oorleef en na die topvyf deurgedring.

Van daar is Thulisa as Mej. Wêreld SA en Tamaryn as Mej. Heelal SA aangewys.

Nagenoeg 40 voormalige titelhouers van Mej. Suid-Afrika het die geleentheid bygewoon, onder wie Penny Rey Coelen, Mej. Wêreld 1958; Anneline Kriel Bacon, Mej. Wêreld 1974; Rolene Strauss, Mej. Wêreld 2014; Margaret Gardiner, Mej. Heelal 1978; en Demi-Leigh Nel-Peters, die huidige Mej. Heelal.

Thulisa Keyi, Mej. Wêreld SA. Foto: @Official_MissSA / Twitter

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ai Toggie ·

Baie geluk Tamryn, bly so nederig en statig soos jy is.
Nogsteeds dink ek onnodige geld word bestee aan dié tipe kompetisie, maar nou ja, dit gaan al vir 60 jaar aan.
Hopelik bring die werk wat die dames doen iets positief vir ons land.

Cherokee ·

Sien my voorafgaande kommentaar (in ‘wie gaan Mej. SA wees?). – ek het smaak nè!

rollie ·

Ek sal graag ‘n kompetisie wil sien waar die dames alleenlik en slegs op grond van skoonheid beoordeel word. Deesdae lyk dit meer na ‘n “ek is nogal mooi maar kom ons kyk wie is die slimste” kompetisie.

Andre ·

Die dae van net skoonheid is verby. Want skoonheid vergaan my skat, die mense wat gekies word moet ook ‘n ambassadeur vir Suid-Afrika wees en ook breins hê om iets positief vir die samelewing te doen. ‘n Mooi blonde gesiggie met geen breins beteken net mooi niks in die Miss World kompetisie nie. Hier moet jy kan dink en mooi wees. Gelukkig het skoonheidskompetisies aanbeweeg.

Marie ·

Dit kan nie net oor skoonheid gaan nie. Al hierdie dames is blootgestel aan soveel vrae en word gemeet aan hulle antwoorde. Dit gaan oor die hele menswees, intelligensie, skoonheid en persoonlikheid. Die uiteindelike wenner gaan die hele wêreld vol toer en ‘n beeld uitdra…’n ambassadeur wees…

rollie ·

Ek wil ‘n aparte kompetisie he waar die meisies net op skoonheid beoordeel word. Sy hoef niemand nerens te verteenwoordig nie. Maak dit mejuffrou skoonheid. Mej SA , wereld of wat ookal kan maar redelik mooi en slim wees en die land verteenwoordig (sy is definitief nie die mooiste in die land nie).

Hendrik van George ·

Skoonheid kompetisies – so uitgedien in die moderne samelewing, en ook seksisties in die ergste graad.

Mags ·

Tamaryn, baie geluk. Jy is lieflik. Sien saam met jou uit na ‘n wonderlike, geseènde jaar.

Leanette ·

Baie geluk!Ai Suid Afrika het beslis die mooiste vrouens!

rollie ·

Stem saam want skoonheid lyk my verskyn al laer op die lys van vereistes. Liewers dan mej mees gebalanseerd of so iets.

Lorraine ·

Eerste keer toe ons fotos hier gesien het het ek Tamaryn uitgewys as wenner en wraggies daar wen jy toe. Baie geluk en geniet elke oomblik.

Sarie ·

Pragtige mens die Tamaryn en boonop nog ‘n dokter ook. Die tweede dokter in twee jaar wat met die titel wegstap. Baie geluk en voorspoed vir jou ons kan doen om met met nog ‘n wereldtitel huistoe te kom en jy kan dit doen.

jaco ·

is haar ras “reg”? is sy darem “verteenwoordigend van die nasionale demografie”? Dis nie goed wat ek uit my duim suig nie. dis goed wat mense, ook van haar ras, daagliks hoor wanneer hulle vir werk aansoek doen.

rollie ·

Daar blyk ook ‘n wanpersepsie te wees dat hoë wangbene = mooi.

MartieMartie ·

Ek kyk terug na al sie skoonhede van 60jaar.Party het nog redelik mooi oud geword en kan hulle nog redelik uitken maar party het heeltemal die bus verpas at doe oud ord betref.Maar dit s nou maar so n mens kan doen wat jy wil jy kan nie teen ouderdom baklei nie.Altwee wat gekies is is pragtig.

Gesiggie ·

Hierdie was my eerste keuse die oomblik toe ek haar foto sien, sy straal uit bo almal… Well Done Tamaryn Green…. so bly dat jy Mej SA is…. jy is n ware vrou…. En ek sal stuif duim vashou vir Ms World vir jou”’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.