En die nuwe Mej. Suid-Afrika is…

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Twitter)

Mej. Suid-Afrika 2017 is Sondagaand tydens ʼn glansgeleentheid by Sun City in Noordwes gekroon.

Ntandoyenkosi Kunene, Mej. Suid-Afrika 2016, het tydens die geleentheid haar kroon aan haar opvolger, Demi-Leigh Nel-Peters (21) van Sedgefield in die Wes-Kaap, oorhandig. Demi-Leigh spog nou met die titel as die 59ste Mej. Suid-Afrika. Adé van Heerden (25) is die eerste prinses en sal Demi-Leigh verteenwoordig as sy nie beskikbaar is nie. Boipelo Mabe (23) is as tweede prinses aangewys.

Altesaam 12 finaliste het om dié gesogte titel meegeding.

Dié finaliste was Adé , Boipelo, , Iman Mkwanazi (26), Kayla Malherbe (21), Nicole van Niekerk (26), Nompumelelo Mampholo (20), Odirile Sepeng (23), Priyeshka Lutchman (24), Shané Naidoo (24), Shelbe Pretorius (23) en Yuta Raubenheimer (25). Klik hier om hul foto’s te sien.

Boipelo, Priyeshka, Adé, Odirile, Shané, Nicole, Iman en Demi-Leigh het die eerste spreekwoordelike kap van die byl oorleef en na die top agt deurgedring.

Vandaar, ná stemme van die publiek en ʼn nuwe ronde punte van die paneel beoordelaars, het Shané, Demi-Leigh, Boipelo, Adé en Priyeshka die top vyf gehaal, waarna hulle met die vraag gepeper is: “Wat is jou grootste vrees wat jy moes oorkom, om te kom waar jy vandag is.”

Demi-Leigh , Adé en Boipelo is daarna het met hul antwoorde beïndruk en deurgedring na die top 3.

Die kroondraer van dié kompetisie, wat vir die eerste keer in 1943 aangebied is, ontvang vanjaar ʼn R1 miljoen kontantprys. Benewens dié prys wen sy ook ʼn nuwe motor, ʼn oorsese vakansie en ander pryse ter waarde van meer as R2 miljoen.

Claudia Henkel, voormalige Mej. Suid-Afrika en mediabestuurder van Sun International, het gesê dié kompetisie ploeg terug in die lewe van vroue en probeer ook hul lewens verander. “Die kontantprys sal die wenner se lewe vir altyd verander en haar in staat stel om enigiets te bereik wat sy in haar lewe wou doen. Ons wil die beste persoon vir dié belangrike rol lok,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Andre ·

Baie Geluk aan ons mooi meisie van Sedgefield!! ‘n Volwaardige wenner met die mooiste geaardheid. Sien uit om jou tuis te verwelkom. Geluk aan Anne-Mari en Johan – ons feel in jul vreugde.

Belangrik ·

Gelukkig bestaan die belangrike kompetisie nog. Al die meisies is pragtig, die 3 wenners absoluut in die kol. Adé, wat n mooi gebaar om Demi se vreugdes traan spoortjies in plek te kry vir haar groot oomblik, jul meisies gaan die land trots maak. Julle is pragtig en positief en dit is wat ons kort. Dankie Maroela vir die deel van mooi positiewe artikels ook.

Oops ·

Jd, lyk dalk oppervlakkig, maar ek glo hul sal jou goed klits met hul inteligensie, dit is beslis nie net n mooi gesiggie, n hele pakket, mooi, gesond, skraal, goed gebou & belangrikste hoogs intelligent. As jy geluister/kyk het, sou jy weet een het nou haar ingenieursgraad gekry, Roelene is byna n dokter, so kan jy elkeen van hul deurgaan, afguns is ongesond en verantwoordelik vir baie hartseer.

Oops ·

Demi-Leigh met n B.com graad sal ek nou nie as oppervlakkig sien nie. Meisie laat hul maar dink oppervlakkig, geniet alles wat jy gewen het, geniet jou jaar van besige goeie tye en gaan voluit vir Mej Wêreld, jy het dit.

Pendoring ·

@Jd – Ek het ook gedog in vandag se politieke korrekte wêreld sou die paradering van jong dames soos skoudiere reeds ook al gestop wees. Wat van hul menseregte? Hulle word letterlik opgeveil aan die beoordeelaars en moet soos diere allerhande toertjies uithaal voor hulle kan wen.

Hendrik ·

Yip, stem saam met jou. Ons leef in die 21ste eeu, en nog steeds bestaan die seksistiese kompetiese!

Susan@ ·

Sy is pragtig!!!!Sy gaan die mej. Wêreld titel Los hande wen.?

Cherokee ·

Dankie baie dankie Maroela vir hièrdie artikel…. Het gekyk na die nuwe Mej Suid Afrika en sy is steeds tweede! My vrou is hope soos in klompe mooier.

Elize C ·

Beauty is in the eye of the beholder. Cherokee, jou kommentaar sê vir my jy het ‘n baie gelukkige vrou – letterlik. ‘n Man wat SO oor sy vrou voel en nie skaam is om dit te deel nie, gaan ‘n vrou hê wat hom op die hande dra, want hy gaan haar altyd laat goed voel. Demi-Leigh is pragtig, baie geluk en alle sterkte aan haar, sy is verseker nie net op haar voorkoms gekies nie, en haar take vir die komende jaar is nie ligtelik of kinder-speletjies nie. Daar word van haar verwag om ‘n ambassadeur vir die land te wees, en dit alleen kan nie maklik wees om positiewe antwoorde te gee op die derduisende vrae wat sy gedurende die komende jaar gevra gaan word dwars oor die wêreld oor hierdie stukkende land van ons nie.

Lollie ·

Pragtige meisie! Glo sy gaan haar goed van haar taak kwyt!

Ouma Skoeter ·

Sy is pragtig. Maak ons Suid Afrikaners trots dat sy ons land verteenwoordig

Ronell ·

Ek stem. Almal pragtig. Ongelukkig kan daar net een wenner wees. Ek is seker Demi gaan SA se naam hoog hou.

Johann ·

Johann. Van n ander Johann. Praat jy nou dankbare waarheid! Gelukkig was Karlien besig om.stil stil te trou volgens haar mamma wat terloops dit op sosiale media gedeel het, EN Karlien vra steeds wa ha koene? Soek blykbaar weekliks na ha koene saam ha boetie…

Bekker van Niekerk ·

Van harte geluk aan Demi-Leigh en veral ook aan Anne-Mari en Johan. Ons het al die pad duime vasgehou en ge glo nes julle. Sien julle DV volgende naweek. Veilige terug reis na Sedge.!!
Groete Bekker

Jos ·

Haak haak haak, die Wes Kaap het gehap. Baie geluk aan ons pratige meisie !!!

Sputnik ·

As jy mooi is, is jy mooi. Soos iemand hierbo reggewys het – die prysgeld is beslis nie oppervlakkig nie. Dan kom sy nog van die baie mooi deel van ons land wat ons as gesin baie na aan die hart lê. Sy moet baie spesiaal wees want van die ander deelnemers was darem ook tops! Baie geluk!

Arsène Lupin ·

Pragtige meisie – kan ongelukkig nie dieselfde sê van die klere nie.

anton ·

Ek dink die land het baie mooier meisies as die maar omrede die kompetisie n politieke geur het, weier hulle om deel te neem.

E.K. ·

Al drie dames wat gewen, tweede en derde gekom het verdien dit myns insiens, aldrie is pragtig en Demi-Leigh is pragtig, lyk na ‘n oulike mens en verdien die wen. Baie geluk, hou osn naam hoog by die internasionale kompetisie!

Liza ·

Ek het gisteraand dit gekyk en dit was die moeite werd….. Die nuwe Mej S A 2017 is die titel werd sy is pragtig en mooi geaardheid, welldone jou pragtige kind…..jy verdien dit…….

Connie ·

Geluk meisies. Julle hou die Suid-Kaap se naam hoog. Ons is trots op julle. Laat die oppervlakkiges maar dink dis oppervlakkig.

VanAfrika ·

Almal was deur die hele kompetisie smaakvol en pragtig geklee en pragtige ambasadeurs vir SA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.