En die wenner van The Voice SA is…

Craig Lucas toe hy as wenner van The Voice SA aangekondig is (Foto: The Voice SA, Twitter)

Die wenner van die M-Net-sangkompetisie The Voice SA is Sondagaand aangekondig.

Craig Lucas van #TeamKahn het met die gesogte titel weggestap.

Die wenner is deur die publiek se stemme beslis, en is tydens ʼn twee uur lange spesiale uitsending regstreeks aangewys.

Lucas en Josh Ansley was uiteindelik die top twee voor die wenner aangekondig is.

Die 24-jarige Lucas is oorspronklik van Elsiesrivier in Kaapstad en het ekonomie en politiek aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Ondanks ʼn belowende loopbaan wat vir hom in die korporatiewe wêreld gewag het, was hy nog altyd in die geheim lief daarvoor om te sing. Hy het ʼn belofte aan sy ma gemaak dat hy eers sy graad sal voltooi voordat hy ʼn musiekloopbaan sou volg. Sy weergawe van The Animals se “House of the Rising Sun” het al vier afrigters laat spring om hom te ondersteun. Hy het uiteindelik op Kahn Morbee besluit.

Kahn, Karen Zoid, Bobby van Jaarsveld, Lira het dié seisoen die finaliste afgerig.

Dit was die eerste keer dat sewe deelnemers van dié reeks in die laaste episode meegeding het om die kroon. M-Net het vroeër aangekondig dat die vyf oorblywende deelnemers aan die kompetisie wat nog nié uitgestem is nie, tesame met Luke Lovemore en PJ Pretorius, wat reeds huis toe gestuur is, saam gaan meeding om as wenner aangewys te word. Die organisasie het gesê dié besluit is geneem in die belang van regverdigheid en deursigtigheid nadat M-Net ingelig is oor beweerde betaalde bemarkingsopsies op sommige van die deelnemers se persoonlike sosialemedia-profiele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Ruaan ·

Dus n klug hy was so swak dat hy uit gestem is en nou wen hy sommer.

Bets Bothma ·

Ons kyk The Voice van 1e episode af en Craig was nie wennersmateriaal nie – ek wil sommer my sms geld terugvra. Dit was duidelik van begin af dat Josh die wenner moes wees, hy het tops gewees in al die episodes – belaglik! Kan niks meer vertrou nie!

Johann ·

En hy kon nie ‘n noot in daai laaste song hou nie. Brrrrjig.

M'Lady ·

Stem nie saam met die uitslag nie. Josh moes gewen het. Sy stem en verhoog persoonlikheid het kop en skouers bo die ander uitgestaan. Uiters teleurgesteld.

lisa ·

Josh moes gewen het!! hy op internasionale standard. Genade hoe kon Graig wen hy mens se ore seer gemaak wanneer “sing”
JOSH WAS DEUR EN DEUR DIE BESTE!!!

Julia Potgieter ·

Wat n teleurstelling. Die beste strmme was nie in die top 4 of top 2 nie. Jammer ek kyk nie weer nie. Sorry Judges julle het ook seker maar net moes se die ou kan sing. Gin wonder Suid Afikaners kom nerens oorsee nie. Dis oor sulke swak talent kompetisies wen as die werklike talent konsuis uitval

Ander Annie ·

Hiert jou Ma se Kind. Baie geluk. Baie goeie en veelsydige stem.

Ronell ·

Baie geluk Craig. Nou begin die harde werk. Moenie dat hierdie titel vir jou op louere laat rus soos ander van vorige ander kompetisies nie. Dit hang nou van jou af hoe suksesvol jy gaan wees. Gogogo hoop jy bewys wat in jou steek sterkte en voorspoed

Louiaa ·

Ja ja mnet. Maar net nog n klugspul. Craifg was van die begin af nie in n posisie om.te wen nie. Hy gaan dit nie maak daar buite nie. Ai hoekom moet ons Suid~Afrikaners altyd onder bedrog en klugspul lei. Go Josh jy is die werklike wenner en n oudit van die stemme sal dit bewys. Gaan oorsee en gaan doen jou ding daar waar regverdigheid seevier.

Jan ·

Wat ‘n disaster, wat ‘n klug, nie naby nie, die persoon teen wie hy verloor het sou in die Amerikaanse Voice in ten minste in die laaste 4 ge-eindig het terwyl die wenner vanaand in die 1 e rondte sou uitgeval het.

Geen wonder ons het geen vertroue in ons mense nie, dis net kwotas en wat nog, politiek korrek en wat nog, ….. ek twit nie eens meer nie …. Wat ‘n disaster ……

pbotha ·

ek het nooit die program gekyk nie. Maar wat ek in die insetsel gehoor het spreek van kwaliteit. Geluk jong man…jy het groot talent

Jan ·

Die ou teen wie hy verloor het, kon die Amerikaanse Voice gewen het. As jy een op uit 1,000 hoor sing, dan wen daar op, want jy het die ander 999 nie gehoor nie.

Jan ·

Whauuuuu? Ek sit in die sitkamer en werk terwyl my vrou na die program se uitsendings kyk. Sy is al gewoond daaraan , as iemand met ‘n goeie stem op kom, spring ek op en staan en kyk daar eenkant. Hierdie ou wat vanaand “gewen” het, het ek nog nooit in my lewe hoor sing of gesien nie.

Lorraine ·

Jammer maar van die vier was hy swakste sanger en met sy laaste lied het geklink of hy nie kan sing nie. Groot klug.

LB S ·

Ek self het gedink HY gaan beslis uit wees. Samantha (kan Rock ook!) en Fatman…..
Josh skree net.

Johann ·

Genade, en ons sal nooit die wenner na vanjaar sien nie, die tweede ou het ‘n toekoms en ons sal nog baie van hom hoor.

Gerrit ·

DIE kommentaar van sommige persone is n voorbeeld van oningeligtheid. Hul het nie gekyk nie maar wil kommentaar lewer. Craig en Josh was vanaf dag 1 veel beter as die res. Enige een kon wen maar Craig baie geluk jy gaan nie net in ons land nie maar wêreldwyd naam maak. Jou stem is uniek! En Kahn jy weet hoe dit gedoen word om n wenner te maak!!

Cherokee ·

Hehhahhehhee.. Gert, jy probeer darem bietjie komedie in bring (om op te maak vir jou gebrek aan smaak).

Regte wen! ·

Dit is waar…
Baie mense lewer kommentaar sonder feite.
Hy het van die begin ñ grt kans gestaan om te wen en hy het dit vedien want hy het ñ onskuldige eerlike opregte talent wat nog baie ver kan gaan.
Wonder of die wat so eiers almal lê gestem het?

Stella ·

Is jou ernstig? Craig was nie sleg nie maar verseker nie die beste nie. In die top 4 was hy 4rde.

Jan ·

Ons kyk nou op die ooblik na die finale van die UK se X-Factor. Die ou wat by ons se Voice tweede gekom het kon net sowel die in die UK se finaal gewees het, dalk nog die wenner, die ou wat vanaand ons Voice gewen het, sou al heelwat vroeër in die X-Factor van die UK uitgeval het. Wat ‘n klug is ons Voice nie.

JJ ·

Ek volg The Voice van die heel eerste Amerikaanse uitsending en my ore het nie altyd saamgestem met wat ander gehoor het nie, met die gevolg dat baie wenners in verskeie reekse nie volgens my moes gewen het nie. Craig is ook nie volgens my die beste sanger nie maar ek is seker daar is baie ander wat van stem en liedjies hou en HULLE het gestem, ek nie. Baie geluk Craig! Ek hoop jy het ‘n goeie loopbaan. Josh, jy gaan baie gewild wees en sakke vol geld maak!

Daleen ·

is onregverdig!! josh was by verre beter en moes die wenner wees! selfs die vroue wat uigekies was was beter as hierdie sogenaamde wenner!!

Wenz ·

Craig jy verdie om te wen. Baie geluk en sterkte voorentoe. Craig en Josh was die beste en enige een van hulle het dit verdien om te wen. Well done

lynni ·

Julia, daar is nie judges op The Voice maar couches (afrigters). Maar geluk aan Graig.

Heleen ·

Ag aarde..die hele spul is swak..kan nie met Amerikaanse kwaliteit stemme vergelyk word nie

LB S ·

Beide Craig en Josh skree net. Daai lang ou, Luke, HY was goed! Mooi stem, en kon enige genre mooi sing. Maar van die top 4 was my keuses 1, Samantha (wat kan Rock ook) en Fatman, net so “versatile”.

Johann ·

Jig, skuus mens, maar die “wenner” kon nie ‘n noot hou met daai laaste song nie. Sjoe! en hy wen! Sjoe!

Petro ·

Josh was my gunsteling van die begin af…sad dat hy nie gewen het nie. Maar ons sal nog baie van hom hoor as hy werk daarvoor. Die is net die begin.
Geluk Craig..gaan doen jou ding jongman

Anti Josh ·

Josh is hopeloos te vol van homself. Ek is so, so bly hy het nie gewen nie want hy het gedink hy gaan. ek sou glad nie 1x vir hom gestem het nie maar ek gee toe, hy kan sing.

Johan ·

Mense dit is die stelsel wat hulle gebruik het om n wenner aan te wys. Dit maak dat n wenner deur sy vriende en famielie in gestem word. Julle sal sien tyd sal wys dat Craig nerens heen op pad is nie. Samatha, Josh en Fatman ons wag vir julle CD’S. The Vouce, dink ASB tog aan n BAIE beter metode van n wenner aanwys. Dankie.

Ronel ·

Baie geluk Craig. Jy het ons almal oortuig. Jy verdien die titel . Bly so beskeie soos jy is. Josh baie goed ook, jy sal ook jou stempel kan afdruk.

Anel ·

Geluk Craig. Josh was by verre baie beter en ons het vir hom gestem. Glo ook nie meer aan die stemmery nie. Ons het elke keer (behalwe met Purple Rain) Craig se liedjie “geforward” want ons kon net nie na hom luister nie. Hy moes by top 7 uitgeval maar ons het ook nou al gesien dat die wenners nie noodwendig dit baie vêr in die lewe bring nie…. ons wens Craig wel sterkte toe

T ·

Josh was ook my gunseling van die begin af! Ek dink ons gaan nog baie van hom hoor.

foxi ·

Kyk….elke mens is uniek, maar Graig is regtig nie sing materiaal nie. Ek sal my doodskrik as Graig vir my moet gil. Josh moes die wenner gewees het, ek kan net nie verstaan hoe die mens se kop werk nie, nee regtig………

Clyvia ·

Baie geluk Craig. Jy het dit verdien om te wen!! Kan nie wag vir jou CD nie.

Louisa ·

Ag lekker luister want dit gaan belaglik klink want hy is pateties

Linda ·

Ek persoonlik dink profesionele beoordeellaars moet beslis wie moet wen. Sal enige tyd die ander 6 se cd’s koop. Josh moes gewen het.

#JoshFan ·

Josh moes wen, Craig kan nie sing nie al wat hom bekend gemaak het is van die note wat hy hoog kon sing. Josh gaan nog baie ver kom en sy eerste CD wat uitkom koop ek met n smile op my gesig….

Anti Josh ·

Geluk Craig!! jy verdien dit absoluut! in my opinie het Josh goed gesing maar hy was hopeloos ‘te vol’ van himself; al sy ‘moves’ en vinger-gooiery het my tot in my dinges in ge-irriteer. Craig is ‘n baie nederige persoon en ek wens hom slegs die allerbeste toe vir sy toekoms.

Hewitt ·

Om eerlik te wees, het nie een van hulle verdien om te wen nie. Ons talent wat jaarliks inskryf vir The Voice en Idols ens., is nou maar net nie op die standaard van die in Amerika en Brittanje nie. Ons het maar gekyk omdat daar nie veel anders is om te kyk op Sondae nie, maar ek het meer gekyk as geluister. As van hulle aan die sing/skreeu gegaan het, het ek sommer die klank afgesit. Daar was nou nie eers een deelnemer wat vir my uitgestaan het nie, almal was maar so-so! Josh was ongelukkig ook heeltemal te vol van homself, gedink hy het reeds gewen, kon sy houding van die begin af sien. Dit is vir my maar ‘n simpel kompetisie, die “coaches” se sang aan die begin van die finaal was self maar lekker vals gewees! :)

Alicia ·

Geluk Craig. Al 7 het talent, maar die ou met die meeste stemme het gewen. Jy verdien dit!

Amori ·

Die beste ou het gewen met die meeste stemme. haahahha aan die suurknolle wat nie eers die Voice gekyk het nie.

Anita ·

Kyk maar gerus terug na ander programme Andriette het nie gewen met die kompetisie nie, maar is vandag suksesvol…waar is die wenner wat haar gewen het? Nooit eens weer van haar/hom gehoor nie!

LB S ·

Net soos verlede jaar se Gavin Edwards, die heel beste! Gee Almur Marais ook maar kans…

Anoniem ·

Baie geluk Craig. Suid Afrika het gestem en jy is n baie goeie sanger. Ek persoonlik wou graag sien dat Josh wen maar sal beslis na jou musiek ook luister. Ek dink die mense wat nou so naar is oor die uitslag het 90% van hulle nie eens gestem nie. Baei geluk ook aan jou moeder vir die bystaan en goeie opvoeding wat sy vir jou gegee het.

Soekie ·

Regtig???!!! Ek het dit nie van die begin af gekyk nie. Het so die laaste paar episodes gekyk en van die begin af gesê Josh moet defnitief wen…maar in my agterkop het ek nog steeds gewonder…gaan ons dieselfde paadjie stap as met die Idols…en wragtig…politieke besluit, dis wat dit was. Daar is geen vergelyk tussen die 2 nie. Josh staan kop en skouers bokant hom uit. Josh gaan in elk geval baie meer geld maak as hy…net soos wat Andriette ook doen wat 2de ge-eindig het destyds in Idols. Hierdie shows van SA is maar net ‘n sirkus..net die land self.

Uvonka ·

Ook maar goed ek het nie ingeskryf nie, Josh en Craig sou soos amateurs geklink het. LMGA!!!! Baie geluk aan Craig maar in my opinie was Josh numba One!!!

Win or loose ·

Wat maak dit saak of Josh n houding oor himself gehad het, Craig was nie ver agter nie… Maar Josh in my opinie gaan nog ver kom

E.K. ·

Ek persoonlik hou ook meer van Josh hoewel nie een van die twee my nommer een was nie. Mens kan nie al die mense al die tyd tevrede stel nie. Dis maar hoe dit is met alle musiek, een hou van Beethoven een van Al Debbo…

Zuzu ·

Ek het SO gehoop Josh wen… Ai… my hart is sommer seer… Craig is goed… Maar ek dink Josh is baie beter!!!
Sterkte aan albei vir julle toekoms!!

Wille Willem ·

Eish! As al hierdie kommentaar gebruik kan word om positiewe stemme te werf vir Suid-Afrika se toekoms was ons laaankal beter af.

E.K. - ek sê net! ·

Die rusbankboelies se vingertjies is weer woelig vandag…

foxi ·

Nee ou maat…..dit is ons wat oral beweeg wat weet wat buite aangaan. Rusbank is vir die jongetjies. JOSH BO!!!

Penelope ·

Ek is so jammer josh het nie gewen nie, ek sal verseker sy CD’s koop. Ek hoop maar regtig Craig het die wen verdien deur stemme van publiek EN AFRIGTERS. Onregverdigheid kan iemand ‘n groot knou gee. Die anderkant is natuurlik die kwessie waar iemand wen en verkeerdelik aangepor word, al is hul nie regtig so goed nie….en dit lei weer tot iemand wat dink hy is goed en plank sy naam die heeltyd. Gee die regte persoon die lof wat hom toekom en kweek vir SA ‘n ster! JOSH jy bly my nr 1. Aan Craig, baie sterkte en ek hoop jy maak jou wen die moiete werd.

pieter ·

WAT STRY JULLE JOSH GAAN ELKE GEVAL MEER CDS VERKOOP AS GRAIG.

Amanda ·

Samantha ek wag vir jou cd. Afrikaanse cd gaan soos soetkoek verkoop.

Ouma ·

BAie geluk aan Craig! Jy het die wen verdien! Maak nie saak wat die mense sê nie, As iemand anders gewen het, sou daar ook mense wees wat hulle gekritiseer het. Smaak verskil mos maar. Ek het my oog van die begin af op jou gehad. Jou stem het soveel diepte, jy maak magic met jou stem . Josh het ook fantasties gesing. Veral Barselona saam met die sopraan! Die top 4 was almal F-A-N-T-A-S-T-I-E-S! Julle gaan ‘n groot aanwins wees vir ons musiekbedryf en ons gaan nog baie van almal hoor en sien. Fatman ook…. Die mooiste wat hy gesing het was die lied wat geskryf is deur Karen Zoid vir haar seun.

Skoeter ·

Groot klug soos alle kompetisies in hierdie land, hy was aanvanklik nie eens in die top 5 nie en nou skielik wen hy. As hy nie meer ‘n noot kan hou nie dan skree hy, hierdie is ‘n talent kompetisie nie “charity” nie, ons almal kry swaar en werk hard vir wat ons wil hê maar om so te wen kan net nie lekker voel nie. Maar nou ja dit is hoe dit gaan in SA, Idols het hieronder gelei en ek is seker The Voice kan dieselfde paadjie loop. Behoede ons as SA begin met SA’s Got talent…. ja ons het baie mense in hogere poste was fantastiese talent het vir korrupsie.

Thinus ·

Kyk gerus na paar maande wie het die meeste CD’s verkoop: Josh, Samatha en Fatman. Craig sal soos baie Idol wenners net verdwyn ….

LB S ·

Samantha, jy is loshande my gunsteling. Jy kan ENIGE IETS sing! Ons wag vir jou CD’s.
Caroline, jy sing ook baie mooi en kan net so goed vaar as Andriette en Juanita, maar Samantha het daai ietsie meer, sy kan ROCK!
Baie geluk, Craig, mag jou drome waar kom. Jy werk hard genoeg daarvoor.

linda ·

well done Craig. your mother must be very proud of you.
ignore the negative comments
enjoy your win and keep going with your talent

Ai ·

Met ons huidige polities korrekte klimaat en BBEEE weet ek regtig nie nog hoe mense kan dink dat enige iets wat in Suid Afrika gehou word regverdig sal wees nie.

Spandeer eerder my geld op Refentse se cd want hy KAN sing.

Genade ·

Wie is julle wat tande het om te kritiseer en te oordeel….genade asseblief ja ek verstaan elkeen is daar vir sy eie opinie…….almal het pragtige gesing en is baie talent vol….sterkte aan elkeen een van julle in julle loopbaan en Graig geluk ook dat jy die wenner is, JULLE IS ALMAL WENNERS………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.