Manushi Chhillar, Mej. Indië, is vanjaar gekroon as die mooiste in die wêreld nadat sy met die titel van Mej. Wêreld weggestap het.
Chhillar is Saterdag by die Crown of Beauty-teater in Sanya in China as die wenner aangewys.
Mej. Engeland, Stephanie Hill, en Mej. Mexiko, Andrea Meza, is onderskeidelik as eerste en tweede prinses aangewys.
Adé van Heerden (25), wat in Maart vanjaar as eerste prinses in die Mej. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie aangewys is en Suid-Afrika in dié kompetisie verteenwoordig het, was onder die top-10. Die skoonheid kom egter nie terug met geen toekenning nie – tydens die uitdrunrondes het sy onder meer die “Beauty with a purpose”-toekenning gewen.
Van Heerden, ʼn dokter van die Wes-Kaap, het sedert die begin van die kompetisie teen deelnemers van 123 ander lande te staan gekom.
Die topvyf lande in die kompetisie was Engeland, Frankryk, Indië, Kenia en Mexiko.
“Ons kan nie beskryf hoe trots ons op Adé is nie,” het die amptelike blad vir die kompetisie op sosiale media laat hoor. “Jy het Suid-Afrika met grasie, egtheid en integriteit verteenwoordig.”
Die Mej. Wêreld-kompetisie word jaarliks deur sowat een miljard mense gekyk.
- Die top-10 in die mej. Wêreld-kompetisie (Foto: Twitter)
- Manushi Chhillar is Saterdag as mej. Wêreld gekroon (Foto: Twitter)
- Adé van Heerden (Foto: Twitter)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Sy is pragtig. Haar gelaatstrekke lyk meer Europeus as verwag. Indiese meisies is absoluut net so mooi maar dit verander nie dit dat Europa glinster in Manushi, wat tog ‘n Indiese naam het. se gesig.
Sou ek ‘n pasiënt wees van Adé dan was ek kronies siek. . .
Ons meisie sou definitief Mej. Bene gewen het.
Sjoe, hierdie was ‘n politieke besluit. Die wenner was miskien die beste uit die bondel met die mooiste klere maar haar gesig is opvallend onsimmetries.
Sy is beeldskoon! Indieer vrouens is nou maar een maal van die wereld se mooiste vrouens.