eNCA: Malema se bewerings nié feitelik of akkuraat

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: enca.com

Die Suid-Afrikaanse uitsaaier eNCA sê Julius Malema, EFF-leier, se bewerings dat die uitsaaier wit mense in sy nuusdekking beskerm, is ontstellend en onwaar.

Mapi Mhlangu, eNCA-hoofredakteur, sê dié bewerings strook nie met die maatskappy se kernwaardes nie.

“Ten spyte daarvan dat ons relatief klein is as nuusorganisasie, wy ons ons beperkte hulpbronne deurlopend aan stories wat geregtigheid, gelykheid en menseregte in ons nuus aanspreek. Dít is in lyn met ons beleid dat ons nuus sonder vrees of guns aanbied. Ons personeel vertel deurgaans stories oor dinge wat nie reg is in ons land nie, hoe dit herstel kan word en hoe ons mekaar verantwoordbaar kan hou,” sê sy.

Malema het op Twitter teruggekap en gesê hy het verwys na eienaarskap by die uitsaaier en dat daar ʼn verskil tussen eienaarskap en redaksionele besluite is. “Julle [eNCA se] redaksionele besluit is bloot om die wit oppergesag te bevorder. Dis al. eNCA bevorder die anti-swart-agenda en julle kan ons nie daaroor mislei nie, ons sien dit raak.”

Hy het vroeër gesê “daar is geen twyfel” dat eNCA “ʼn platform is wat die wit oppergesag bevorder” nie. “Ek dink die EFF moet werklik in diepte vergader oor die rol wat eNCA speel in die voortsetting en beskerming van wit bevoorregting om te sien of ons nie tot dieselfde gevolgtrekking kan kom as wat ons met ANN7 het nie. Ek weet nie, miskien is ek verkeerd, maar ʼn behoorlike gesprek hieroor sal tot dieselfde afleiding lei.”

Mhlangu het egter in ʼn verklaring gesê Malema se karakterisering van eNCA is nié akkuraat nie. Volgens haar is die uitsaaier se grootste aandeelhouer Hosken Consolidated Investments (HCI), ʼn swart-bemagtingsmaatskappy.

“Die personeellede by eNCA is verteenwoordigend van die diversiteit van mense wat in Suid-Afrika woon. Hulle vertel stories van uiteenlopende politieke sienswyses en ervarings wat verseker dat ons stories op ʼn manier vertel wat sóveel Suid-Afrikaners waardeer dat ons die mees gekykte kanaal onder die nuuskanale [in Suid-Afrika] is.”

Volgens Mhlangu het Malema ook dreigemente aan van die uitsaaier se joernaliste op sosiale media gerig. “Die rol van die media en die veiligheid van diegene wat in hierdie belangrike sektor werk kan nie oorbeklemtoon word in die jaar wat voorlê nie – ʼn jaar waarin Suid-Afrika se belangrikste algemene verkiesings nóg gehou gaan word sedert die afskaffing van apartheid. Ons moet herinner word aan die rol wat Suid-Afrika se joernaliste en media-organisasies gespeel het om diegene met gesag verantwoordbaar te hou asook die sleutelrol wat die joernaliste in die beskerming van die demokratiese gespeel het.”

Mhlangu sê as enige politieke leier of party fout vind met ʼn media-organisasie in Suid-Afrika se nuusdekking, kan hulle dié kommer met die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (BCCSA) bespreek. Sy sê die uitsaaier hou hom streng by die kodes van dié liggaam en beskou die BCCSA se waardes ook as sy eie kernwaardes.

“eNCA is ʼn liggaam wat gestig is deur mense wat teen rassistiese oorheersing in Suid-Afrika gekant was. Honderde personeel van die uitsaaier, wat elke dag ongelooflik hard werk, herbevestig daagliks hul verbintenis tot ʼn demokratiese land waarin ons verskeie sienings binne die grondwetlike demokrasie vier en verwelkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Charlotta ·

Ek wonder waar kom Malema daaraan, dat eNCA vir die witmense is. Hulle saai nooit die plaasmoorde uit nie. Dis altyd net wat die wittes verkeerd doen, volgens die eff.

Voosgetransformeer ·

Hulle gaan net aanhou en aanhou met transformasiedruk tot daar geen meer wit of afrikaans in die land oor is nie. Ons moet in massas emmigreer, ons moet asiel soek in die buiteland en vlug.

Eish ·

Seker oor sy luitenant n joernalis aangerand het en dié dit nie daar gaan laat nie. Nou braai hy gal.

Jerry ·

Ignoreer die EFF se uitsprake en idees en dan kom daar niks van nie. Reageer daarop dan gee jy dit stukrag en maak jy jouself beskibaar om geblameer te word! Die EFF gooi n klip (idee) in die bos en as die klip jou tref en jy spring uit die bos dan word jy geteiken en geblameer. Hulle het dit met Afri-Forum gedoen met “Afrikaans must fall”. Goeie raad is, as die klip jou tref, moenie spring nie!

Rynhardt ·

eNCA het in sy bestaan nog nooit blankes in enige positiewe lig gestel nie.eNCA bevoordeel net sy geliefde Anc!Malema het n obsessie met wittes!Kry n lewe Malema.????????

1+1 ·

As daar beskuldigings is van partydigheid is die enigste pad vorentoe in SA iemand met integriteit wat sal “regspreek” en dit is die hof. Die hof kan ook beboet vir naamskending en kwaadwillige leuens wat die wereld ingestuur word. As feite nie bewys kan word nie, behoort dit as leuens geklasifiseer word. As jy normaal funksioneer moet die verskining “ek het dit nie so bedoel nie” as ‘n leuen verklaar word.

Johann cb ·

Julius vind kort-kort iets om oor onmin te saai! Binnekort teiken hy iemand/iets anders en jaag almal se bloeddruk op, insluitende sy eie! Wees effens rustiger mense!

Penellope Jones ·

Malema het een ding in sy kop, rassisme en om verdeling en verwoesting te saai.
Hy het mooi geleer by Zuma 18 maande terug met die verkiesing waar Zuma hoofsaaklik rassisme gebruik het as verkiesingstema.
Dis verpolitiseer en nou hamer EFF daarop.

Tammy ·

As enige mens of organisasie presteer wil Malema dit afvat. Wanneer gaan hy eendag iets self doen wat goed en groot is, iets waarop hy trots kan wees en se “ek het hierdie fabriek gebou” kyk hoeveel mense gee ek werk, kyk watter fantasiese produk vervaardig ek. Hy moet ophou om net te wil onteien, dit vernietig respek…Malema doen iets posetief bou n fabriek of hospitaal….met nie met regeringsgeld nie… dan kan jy nie met trots daarna verwys nie, maar Malema gebruik jou eie geld, jou eie kennis en jou eie tyd en doen iets posetief vir jou mense, wees dan trots daarop bewys jouself, want ek kan myself nie voorstel dat jy self die vermoee het nie, toe dis n uitdaging….ons sal dit nie kom “onteien” nie.

Alida ·

Mnr Ramaphosa het n plan met Julius. Hy katrol hom in en sal hom dan grootmaak en maniere leer.

Koos ·

Bedaar mense! Juliass en ENCA se heen en weer is alles bluf. Dit genereer publisiteit, en die waarheid aldan nie is ‘n bysaak. Werk baie soos rofstoei.

Vra net ·

Waarom beskerm ENCA dan vir Nickolaus Bauer? Hy het soveel skade aangerig deur willens en wetens laasjaar fopnuusfotos versprei oor kwansuise ou-vlag vertoon tydens die Swart Maandag protes, blooot om die protes te diskrediteer en blankes te de-legitimiseer. Maar hy bly aan by hulle?

Oom Kalahari ·

Juliass pobeer oral aandag trek om net in die kollig te kan bly. Ons weet al hoe haatdraend is hy teen wit mense en alles wat hul besit . Nog nooit het eNCA ooit vir die blanke mense opgestaan nie en altyd verslag gelewer teen die blanke. Hy moet liwer na sy eie strukture kyk en wat soek witmense dan in sy party?7

Paul ·

Weinig van die bewerings wat Julius maak is ooit feitlik of akkuraat. Dit gaan vir hom om die grootste impak en kontroversie te ontlok. Dit verkondig hy aan sy volgeling in stadions en saamtrekke, ook gebruik hy Twitter, sweep hulle op, dan is die kwaad klaar gedoen.

Diegene wat soos per hierdie berig ‘n regstelling doen en met die waarheid uitkom, het weinig impak en bereik net mense soos ons in die media wat dit lees.

Daar sal aan ander maniere gedink moet word om Julius te neutraliseer, as dit enigsins moontlik is, hoe om hom te ontbloot en dat sy volgelinge agterkom wie en wat hy werklik is. Dit mag der jare neem, want sy volgelinge is nie diegene wat in hul getalle met hul neuse in die koerante boer nie.

Antoinette Burger ·

Ek wonder wat op aarde hom laat dink dat die Australiers hoegenaamd hulle sal steur aan sy aanmerkings. Wat sy snedige aanmerkings oor die boere wat glo van ‘Australie sal ‘terugkruip’ Suid-Afrika toe . Wil nie met nie, maar darem ook nie sonder nie. Wil darem ook nie honger ly nie. Eish.

Jakkalsdraai ·

Hoekom gee die media so baie aandag aan die ding? Ignoreer hom hy floreer op hierdie baie aandag.

Casper Labuschagne ·

Die feit dat daar binne 12 maande ‘n verkiesing voorlê het alles hiermee te doen. Die EFF wil vir die kiesers wys dat die EFF die “wittes op hul plek sal sit, terwyl die ANC versuim om dit te doen.” Die beriggewing hieroor bied hope gratis publisiteit aan die EFF en dra presies die regte boodskap oor aan beide die jong swart opkomende middelklas asook die 40% ondersteuners van die ANC linkervleuel. Dit plaas ook die ANC konstant op die agtervoet, want Malema wil bitter graag uitwys “hoe die ANC die wittes beskerm.”

Mits jou vel wit is, sal Malema vir sy kiesers wys hou hy die wittes op hul plek sit.

NP , ·

malema is die grootste rassis in die land , en niemand se n woord vir hom nie go figure , TIA

anje ·

Weet jy? Ek wens hy wil net shutup! Hy irriteer my grensloos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.