eNCA-maskersage: MRK stel ondersoek in  

(Foto: Twitter)

Die Menseregtekommissie (MRK) gaan ʼn eNCA-joernalis se optrede ondersoek nadat ʼn herrie losgebars het omdat net sekere persone glo versoek is om maskers te dra tydens TV-onderhoude.

Volgens die MRK is die ondersoek begin nadat talle klagtes in dié verband ontvang is. Lindsay Dentlinger word daarvan beskuldig dat sy tydens haar dekking van die begrotingsrede buite die parlement slegs vir swart parlementslede gevra het om maskers te dra toe onderhoude met hulle vir die nuuskanaal gevoer is.

Die kommissie het versoek om met eNCA en Dentlinger te vergader as deel van sy ondersoek na die voorval.

Bantu Holomisa, leier van die UDM, is een van diegene wat ʼn klag by die MRK ingedien het. Volgens Holomisa is Nqabayomzi Kwankwa, die UDM se adjunkpresident, versoek om sy masker te dra kort nadat daar ʼn onderhoud met ʼn wit LP gedoen is sonder dat dié ʼn masker gedra het.

“Dit is blatant rassisties dat ʼn onderhoud met ʼn wit persoon gedoen word sonder dat hulle ʼn masker hoef te dra terwyl ʼn swart persoon gedwing word om ʼn masker te dra. Die boodskap aan die wêreld was: ‘Wit Suid-Afrikaners is Covid-19-veilig en swart Suid-Afrikaner is nie’.”

Holomisa het ook ʼn klag by die Uitsaaiklagtekommissie ingedien.

Lede van die ANC betoog buite eNCA se kantoor in Johannesburg. (Foto: ANC/Twitter)

Talle ANC-lede het Dinsdag na eNCA se onderskeie kantore opgeruk om teen beweerde rassisme by die maatskappy te betoog.

eNCA het vroeër in ʼn verklaring gesê hy verstaan hoe sekere foto’s en beeldmateriaal wat op sosiale media gedeel is dit kon laat lyk of Dentlinger inkonsekwente gedrag toegepas het rakende Covid-19-protokolle. Dit nadat die EFF aanvanklik ʼn verklaring oor die voorval uitgereik het en eNCA daarvan beskuldig het dat hy die “propaganda-arm van witmonopoliekapitaal” is en versoek het dat die nuuskanaal geboikot word.

eNCA se bestuur het met Dentlinger vergader ná die voorval en tot die gevolgtrekking gekom dat haar optrede nie rasgemotiveerd of kwaadwillig was nie.

Dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep, meen die dubbele standaarde van die ANC en die EFF oor die voorval, is verstommend.

“Die VF Plus het in ʼn brief aan die speaker van die parlement gewys op onlangse onderhoude met die joernalis wat duidelik wys dat sy alle persone met wie sy onderhoude gevoer het, op dieselfde wyse behandel.”

Volgens Mulder was hy een van die LP’s wat verlede Donderdag ʼn onderhoud met die betrokke joernalis voor die parlementsgebou gevoer het.

“Ek wou my masker verwyder, maar me. Dentlinger het onmiddellik daarop aangedring dat ek dit terugplaas. Ek het die onderhoud gevoer met my masker op. So ook ander wit parlementslede soos Geordin Hill-Lewis en Natasha Mazzone van die DA.

Dit dui nie op rassistiese voorkeurbehandeling nie. Die gewraakte voorval moet gesien word in die lig van die geweldige druk waaronder veral TV-joernaliste tydens ʼn direkte nuusuitsending werk. Die praktyk by sekere nuusstasies waar onderhoude op die parlementêre gronde gedoen word, soos byvoorbeeld SABC-nuus, is ook dat die persoon met wie die onderhoud gevoer word en die onderhoudvoerder nie maskers dra nie, maar sosiale afstand handhaaf en die mikrofoon reinig tussen onderhoude.”

Die feit dat die ANC en die EFF ʼn rassevoorvaal probeer skep, is volgens Mulder ʼn tragiese ontkenning van die werklikheid en wys dat dié partye uit hul pad sal gaan om rasse-onmin te skep.

“Die rassistiese uitsprake en optrede van die EFF se leierskap en van sy lede is goed gedokumenteer en verskeie organisasies en politieke partye, onder meer die VF Plus, het al klagte hieroor by ʼn organisasie soos die MRK ingedien.”

Die optrede van die ANC en die EFF om die joernalis te viktimiseer, is volgens die VF Plus duidelik onbillik en onaanvaarbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

agnes ·

Dis weer eens twak, mense soek net rassisme vir verskonings.

Johan ·

Hoekom het almal skielik hulself aangestel oor ander…wie dink sy (en ander) is sy om vir mense te sê wat hul moet aantrek! Hoe moet jy kommunikeer as jou gesig toe is, skending van vryheid van uitdrukking en spraak. Kla haar maar aan en sort die snert uit.

Werner ·

Hier sal nooit vrede wees nie.As ek so na onlangse gebeure kyk die aanvalle die afgelope week , sou ek se dit is die eskalasie na anargie en oorlog.En die aanvalle op polissie lede.

Althes ·

Nêrens is daar vrede op die planeetnie. Ons leef in ñ gebroke wêreld. Al wat ons kan doen is om vrede in onsself te vind.

Jaco ·

Sy het die UDM adjunkpredident versoek. Dan sê hulle later sy het hulle gedwing. So wat is nou die regte storie.

Bernard ·

Ag, get a life julle klomp. Dis to SO lekker om op die “rassisme-trein” te ry terwyl julle jul eie blatante rassisme ignoreer!!!!!

Persheks Adri ·

Ag regtig dis nou kinderlik en ek’s mooi keelvol vir die petters en die klomp in kabinet. Natuurlik sal MRK wil ondersoek in stel, want die rasse kaart word WEER gegooi teen die blankes pffft tsssk man dis om van te kots magtag man

Fritz ·

Hoekom dra ALLE leiers nie te alle tye hul maskers nie? Hulle verwag dit dan van ons. Alle partye is dan tog so ten gunste van voorkomende maatreëls. Ek stem saam n masker is n simpel ding, maar dit sal lekker wees om te sien hoe politici daardeur verontrief word. Ek is baie dinge, maar ek is beslis nie n politikus liefhebber nie, liberaal en konserwatief.

Eragrostis ·

Die enigste rede waarom die ANC en die EFF van hierdie onbenullige molshoop so ń berg van maak, is omdat dit hierdie jaar munisipale verkiesings is, en hulle sulke stories gebruik om hulle eie steun te verhoog. Dit wys eintlik hoe ongeloofwaardig en integriteitloos hierdie partye is as hulle na sulke grashalms gryp om steun te werf in plaas van om vertroue te wen deur diens te lewer en sake aan te roer wat regtig tot voordeel van die land en sy mense is.

Sterkte aan eNCA. Hou by julle standpunt, en moenie toegee aan hierdie belaglike aantygings nie. Julle het reeds respek afgedwing deur julle aanvanklike standpunt hieroor.

SwartBees ·

Dit gaan elke dag so en ons moet die heeltyd op eiers loop en watch vir ons wickets.

Eragrostis ·

@Swartbees, Ek stem, maar dit moenie so wees nie. Jy weet mos hoe om te onderskei tussen reg en verkeerd. En jy hou by jou standpunt, want jy weet jy is reg, al dreunsang die 99% ander teen jou. Elke keer as jy toegee, soos Tresemmé, gee jy meer mag in die hande van die opposissie, en is die kanse groter dat hulle nog meer soortgelyke aksies gaan loots.

Louis ·

Pleks hulle ondersoek in stel na al die plaasmoorde.nou mors hul tyd oor onbenullige anc rassisme.

Hennie J ·

Die uitsprake van die (swart) menseregtekommissie sal natuurlik in die gegewe rigting gaan. Hierdie klomp kripvreter-narre is die grootste rassiste in piesangland.

Mariana ·

Ek sien oral berigte van reg oor die wêreld waar blankes nou uitgesonder word om die sondebokke te wees vir rassisme. Nie net in nuus nie maar selfs in flieks……oral. As daar nou nuwe episodes van tv shows kom, is als oor ras en hoe sleg witmense. Blankes is skielik die slegste mense op aarde. Regtig kyk om julle rond en sien die rassisme oral by alle nasies. Dit is nou holruggery en alle mense kan nie oor dieselfde kam geskeer word nie. En ja sit maar die maskertjies op, vir jou eie veiligheid, al voel jy of jy versmoor. Baie mense weet nie hulle dra daai virus saam met hulle nie.

Karen ·

Om tyd en energie te mors op belaglike dinge is aan die toeneem, amper soos klein kindertjies wat baklei of stry oor onnodige kaf. Dié kan jy nog verstaan want hulle is nog besig om te ontwikkel en te leer oor reg en verkeerd. Gee eerder aandag aan dinge wat werklik saakmaak.

Jessey ·

Kannie verstaan waaroor die bohaai en hoekom die nog nuus is nie. Dentlinger het self in haar onderhoud gese sy is nie blank nie, hierdie is ‘n kwessie van hoe groter die persoon se profiel is, hoe groter die heksejag.

Chickens voting for KFC

En die MRK is betrokke, wat ‘n grap, miskien moet hulle actual werk probeer doen.

Lindsay, doen jou werk met trots, en as mens jou werk doen is dit moontlik dat daar foute gemaak kan word. Hierdie Heksejag is ongelukkig net aangeblaas deur ‘n klomp mense wat hulleself wil laat sien as hulle “veg” vir wat reg is. Daar was nie eers so ‘n groot bohaai gemaak toe “antie” sonder masker by Jackson Mthembu se begrafnis rongewandel het nie.

Groot bohaai oor niks en hulle weet dit, dan gaan dans mense met profiele soos Jessey Duarte ook saam. Tot die nuus haar beet kry.

Ons almal voel die pyn van die roubeklaers

Dirk Mostert ·

In die Middeleeue is daar geredekawel oor die aantal engeltjies op ‘n speld se punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.