eNCA moet jammer sê vir Orania

Die nuuskanaal eNCA moet op die lug ʼn verskoning aan Orania aanbied nadat onakkurate en onbillike uitlatings oor dié dorp gemaak is.

Die gewraakte uitlatings is tydens ʼn nuusprogram op 17 April vanjaar gemaak toe ʼn joernalis regstreeks met leiers van Orania gesels het en daar heen en weer na Vuyo Mvoko, die aanbieder in die ateljee, oorgeskakel is.

Mvoko vra dan tydens die uitsending aan die verslaggewer of Orania steeds net ʼn “enklawe is vir wit mense waar mense soos ek en jy net welkom is as tuin- en huiswerkers”. Die joernalis gesels dan met die verteenwoordigers van Orania waarna daar uiteindelik teruggeskakel word na Mvoko wat dan sy stelling herhaal as feitelik.

Hy verwys na Orania as “daardie enklawe van wit mense wat ontwerp is om so te wees, en ek herhaal dat swart mense net welkom is as hulle huis- of tuinwerkers is, daar is geen ander erkenning as dit nie”.

Die Orania-beweging het hierna ʼn klag by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) ingedien.

In die klag is daar onder meer aangevoer dat Mvoko se uitlating totaal onwaar is aangesien mense wat in Orania bly self huis- en tuinwerk doen.

Vuyo Mvoko tydens die uitsending. Foto: Skermskoot/eNCA

eNCA het in reaksie op die klagtes gesê hulle glo dat Mvoko net sy eerlike mening uitgespreek het en dat dit korrek is dat Orania deur baie mense as ʼn plek uitsluitlik vir Afrikaners beskou word.

UKKSA het egter bevind dat Mvoko se finale opmerking nie gesien kan word as nuus wat waar, akkuraat, billik en in die regte konteks berig is nie. Daar is verder bevind dat sy opmerking nie op feite gegrond was nie.

eNCA het appèl aangeteken teen die bevinding maar dit het misluk.

Die UKKSA het bevind eNCA moet die volgende verskoning op ʼn voorafbepaalde datum en op dieselfde nuusprogram tydens dieselfde tydgleuf uitsaai:

“Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika het bevind dat eNCA se aandnuus op 17 April 2019 ʼn opmerking van die nuusaanbieder bevat het wat nie net onakkuraat en onbillik was nie, maar ook nie op feite gegrond is wat waarlik verklaar of billik aangedui en verwys is nie. Die opmerking, wat twee keer herhaal is, het na Orania verwys as ʼn enklawe van wit mense, waar swart mense net welkom is as hulle huis- of tuinwerkers is. eNCA vra om verskoning vir hierdie ongegronde opmerking en ons betreur die ongerief wat dit vir die Orania-beweging veroorsaak het.”

eNCA moet UKKSA inlig oor die datum en tyd waarop die verskoning uitgesaai gaan word en ʼn kopie van die uitsending aan die registrateur van UKKSA voorlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Hans Richardt ·

Onder politieke gedefinieërde swartes bestaan daar kollektiewe paranoia oor Orania, tewens enige-iets kollektief wit.
Gesien teen beleid van geforseerde etniese amalgamasie, is die selfbeskikking bedreiging vir hul nasionale strewe van etniese geforseerde amalgamasie.
Talle swart en bruin mense kom daagliks by besighede in Orania. Orania vra nie geld van belastingbetalers nie en behoort te dien as voorbeeld vir ander gemeenskappe, wat deur kollektiewe samewerking en gemeenskaplike oogmerke, bereik kan word.
Politieke neurotiese paranoia oor “apartheid” vernietig die samelewing in SA. Tans is daar meer blatante diskriminasie, as in oorgangstyd voor 1994.
Daar is tog geen plig op 1 etniese groep, om met ‘n ander te amalgemeer of werk te voorsien nie, want daarvoor is daar buite Orania genoeg bewyse dat verpligte regstel aksie en BBBEE die SA ekonomie vernietig en buitelandse beleggers wegdryf.

Maljan ·

Wonder ek ook. Maar nou ja, so rol die een kleur reenboog-nasie.

Dan ·

Jk

Ek stem volkome saam – waar is die heftige boete hiervoor? Of word dit nie as rasisties geklas nie? Blyk daar is x2 kamme waaronder mense geskeer word, alle mos normal..

Pudini ·

Wat van tronkstraf en hoekom kan hy sy werk by eNCA behou?

Andre ·

Dit is by die menseregte komusie sou hulle n saak wou daar ook le. Die BCCSA se hande is afgekap as dit by sulke fines kom,

Annelie ·

Sal na Orania trek as dit enigsins moontlik was – het dit laas Desember besoek en was mal oor die plek, vreedsaam, skoon en alles WERK! Ons mense.

Gert van Wierdapark ·

Nota: My “eerlike mening” nie-gee-nie, verwys na Nvo-ko se verskoning dat dit sy eerlike mening in sy verweer was. Ek sal daarom eerder niks oor sy meningkie kwytraak nie!!

Jakes Jacobs ·

Enige persoon wat werk, maak nie saak vir watter kleur nie, verdien ‘n inkomste. Dus beter om te werk as om op die strate leeg te lê of om te gaan plunder om te kan oorleef, of dink ek nou verkeerd ???

toy ·

By Orania werk alles tenminste, daar is nie mense wat op grawe staan en rus en kyk dat die ander die werk doen nie.

Regs! ·

Jy is reg Toy. By die ander dorpe is daar nie eers meer grawe om op te rus nie.

Christa ·

Dink jy was daar moord en diefstal die afgelope 10 Jaar? Enige Brande gestig?

Michiel ·

De schaden is reeds gedaan, en ons volk is zwart gesmeerd, de racisten gaat weer op loop. Niettemin goed dat gerechtigheid heeft gezegevierd, iets die in deze tijden een bijzonderheid is.

Gert van Wierdapark ·

Ek beter nie my eerlike mening hier lug nie!!

Poot ·

Gert van Wierdapark
Lyk my jy was ook la n slag in Orania soos ek. Ek sal ook maar my opinie reserveer

Geitjie ·

Gert van Wierdapark, dit maak 2 van ons, ek sal ook eerder nie my mening lug nie!!

Waarheid ·

Reg so nail vals nuus.
Ek is mal oor Orania!
Daar is nie een lui mens daar nie!!!
Alles is skoon en netjies en alles werk!

Jacques ·

As jy miljoene het is jy enige plek in die wereld welkom
Meer miljoene, meer welkom…!!

Charles ·

Bambi, ek is doodseker dit is nie die geval nie.

Gaan lees asseblief L.J. Bothma se artikel op hierdie blad van 23 Augustus 2019 om jou te vergewis van wat eintlik in onse eerste vrye Afrikanerdorp, Orania, aangaan en hoe dinge eintlik daar uitsien en gedoen word. Dankie.

Cherokee ·

bambi, klein bokkietjie, ek dog jy weet met miljoene is jy omtrent orals welkom.

Gaitsigubib ·

Ek geniet julle kommentaar baie! Dis duidelik beter as myne wat nie voldoen àan die vereistes nie. Dis ook maar moeilik om van die wat respek nie verdien nie te praat asof hul belangrik is.

Charles ·

Toonkrul-lekkerkry.

Wens ek kon in Orania woon! Dit sou hemels wees!

Poot ·

@Charls
Vergewis jou eers oor die feite van Orania voor jy dit oorweeg om daar te gaan bly ou maat.

Siener ·

@Poot. Lyk my jy is gelukkig om in ‘n omgewing te bly waar daar Moord, Verkragting, Diefstal, Witboortjie misdaad, Omkopery aan die orde van die dag is. Orania is daar reels en wetgewing. Lyk my jy moet ‘n draaitjie gaan maak in Orania dan sal jy sien wat jy mis.

Gerda ·

Oh Vuyo…. are you a liar? Just been found guilty of lying on air to the whole of SA? Unfounded allegations…. Stop that thumb sucking! Shame on you!

Jerry ·

Anders as sekere burgerregte organisasies raak die Orania beweging net met eerlike bedoelings betrokke by gevegte wat die beweging weet hulle sal wen. Die beweging raak nie doelbewus betrokke by onverdedigbare sake wat doelbewus verloor word vir propaganda doeleindes van opsweping nie! Laat dit n les wees vir ander bewegings van hoe om deel te wees van die oplossing en nie deel te wees van die wantroue skep probleem nie!

jakes ·

Bly dat Orania kon seevier. Ek wil by Blanja Blou gaan bly.

Stiks ·

Jaloers omdat hulle in meer as 25 jaar. Nog nooit iets daadwerklik tot stand kon bring nie! Ek en my vriende boikot in elk geval hierdie kanaal

Perre ·

n 3de is onder 18 in Orania, en 90% van hul trek weg na hul mondig is.

Danie ·

Perre, verskaf asb. jou bron sodat ek dit kan nagaan.
En doodse stilte van Perre se kant af…….

Johan ·

Perre ek kan net se jou bron van inligting is fake. Daar is goeie balans in Orania van kinders, jong mense, middeljariges en bejaardes. Kinders kom van oral oor om in daardie skole te wees want dit werk en hulle woon in die koshuis. Kry jou feite agtermekaar.

Gaitsigubib ·

Ja Kolla ek verneem so. Hulle bou redelik en is altyd aan die onwikkel, so mense in die ambagte het werk. Toerisme en onderwys lyk my bied ook nogal geleendhede. Ek sien van die boere voer uit en daar is plek vir nog boere maar grond is peper duur. Die plek groei so geleendhede groei ook. Wil jy gaan kyk?

Nee wat ·

Jy sal my nie eers kry om in Orania te bly nie al betaal jy my. En ja, ek was al verskeie kere gedwonge op die dorp weens familie wat daar bly. Die wat dink dis net vir ryk mense moet weer dink, dit is uiters eenvoudig daar. Klomp verbitterde mense wat nie kans sien vir hul naaste nie… Maar so doen almal maar wat hulle gelukkig maak. En dan spog almal hoe skoon die dorp is en hoe alles werk?? Daar bly net 3 mense so uit die aard van die saak sal dit skoon wees en alles werk! As jy skoon soek waar alles werk en Afrikaners om jou soek trek eerder na die Suid-Kaap!

Jonnie ·

@Nee wat, volgende keer as jy gaan kuier moet jy dalk net weer tel, baie seker ek het meer mense gesien. En as verbitterd is dat ek nie deel wil wees van die chaos wat nou in die land heers nie, dan is ek seker verbitterd.

Johan ·

Nee wat ek dink jy sit die bal mis. Dit is plek waar mense kan werk en hulleself uitleef tussen hulle eie mense. Sandton is nie vir my nie so is Orania nie vir jou nie. Niemand forseer jou om daar te woon nie so bly daar uit. Almal daar is gelukkig in ‘n veilige omgewing waar alles werk en vooruitgang is elke dag. Jy lieg blatant en jou feite wys maar net jy was nog nooit daar nie of jou wiskunde is pateties.

Nee wat ·

Jammer, ek vra onverskoning. Daar bly sowat 2000 mense uit die 2 700 000 miljoen Afrikaners in die land.

Gaitsigubib ·

Jy was nog nie daar nie maar die mense is kwansuis bitter. Ken jy een mens wat daar gebly het? Jy weet nie waarvan jy praat nie en onkunde doen jou nie n guns nie.

Cherokee ·

Jou erkenning van onkunde en onkundige terugvoering met apologie dien geen doel want jy weet steeds nie waarvan jy praat nie. Moet nie maak of jy weet waarvan jy praat wanneer dit nie so is nie.

Gaitsigubib ·

Cherokee ek is beslis nie n kenner nie maar my broer was al n paar maal dàar en het grond gekoop. Beleggings lyk goed want hy het dit vinnig weer verkoop teen n wins. Hy was al meer male daar en ons vergader en bespreek elke maal as hy terug kom. Wat is jou idee in die verband? Moes ek eers op die raad gedien het voor ek mag saam praat?

marous ·

Waarom dagvaar hulle nie in ‘n klas geding die rook uit hulle uit nie ? Die mrk sal niks daaraan doen nie want …..

aj ·

Aag ou Perre … wat is fout met jou dat jy probeer ‘vlieë vang” op Orania se mense?

Ek het die grootste respek vir die Oraniërs wat gemotiveer is deur ‘waardes’!

Gemotiveerde, beginselvaste, begaafde mense VERANDER DIE WÊRELD!

Terwyl beginsellose lamsakke die weg van die minste weerstand volg! … en hul lamsakkigheid probeer regverdig deur alewig fout te vind met SUKSESVOLLE mense.

CR ·

@nee wat het jy iets met ‘n vervaldatum gehad. ‘n dorp kan nie uit 3 mense bestaan nie dus was jy op ‘n ander planeet en kon niks raaksien nie. Juis mense wat vir mekaar omgee wat daar bly en in die Suid-Kaap sneuwel almal onder bende geweld. Moet dan nie weer vir jou familie gaan kuier as dit so sleg is, snaaks dat jou familie daar bly.

Nika ·

Ek dink die een helfte van mense wat so gekant is teen Orania is omdat hulle nie met reëls en regulasies kan saam leef nie die ander helfte is jaloers of kan nie bekostig om n nuwe begin te maak op n dorp waar daar baie min is. Dis n plek van waardes, geloof, goeie opvoeding en ware Afrikaanse kultuur. Iets wat baie min mense deesdae het of na te streef. Almal is so social media en tegnologie mal hulle gooi hul waardes en kultuur weg vir geld en skatte van die aarde. In Orania werk dit nie so nie, jy moet kan klaar kom met min en deel wees van die gemeenskap.

JohanR ·

Dit is nou lekker! In Suid Afrika sal die oorlog seker nooit gewen word nie, maar jy kry dit soe LEKKER as daar daarem’n geveg gewen woord!

Lou ·

Ai en hier gaat ons alweer. Almal sê mekaar sleg omdat niemand ‘n ander se opinie kan vat vir wat dit is nie. ‘n Persoonlike OPINIE of MENING.
Wees eerder bly saam met Orania se mense dat hulle die saak gewen het en geregtigheid gaan geskied. Dit lyk asof die UKKSA darem nog ‘n paar beginsels oor het en na feite kyk voordat hulle ‘n bevinding maak.

Gaitsigubib ·

Lou baie mense is dejoos in as die afrikaner iewers ‘n ligsraal in die donker gevind het, maak nie saak hoe niettig die gebeurtenis nie. Of dit nou ons taal is wat iewers behoue gebly het of n boer wat vrygespreek is, afguns is duidelik. Dit wys jou net hoe diep het die Satan sy sade van haat tussen ons kom plant. Dis werklik n skande en jammer dat ons so moet lewe.

Andile ·

Orania is n fakkel in die stik donker. Om as Afrikaner gekant te wees daarteen spreek van ingeburgerde volksverloening in die hoop om so aanvaarding by ander volkere te kry.
Lank lewe Orania en die pioniers wat hulle so beywer vir die voortbestaan van die Afrikaner beskawing. Julle is Volksvoortbestaan helde.

Mariaan ·

Orania is die naaste aan vrede wat jy ooit in die land gaan sien..ek sou wat wou gee om daar bly…weg van stink vuil strate..vol kriminele…betogers..moordenaars ens ens…ons land is n stink gemors!!

Elizabeth Kupke ·

Hulle moet ophou kos eet wat wit van kleur is, want alles wat wit is is deesdae ‘n irritasie in SA. So weg met wit toiletpapier, mieliemeel, buns en brood en wit vis – wat is nog wit?

John ·

Orania dink oor my voorstel om ‘n groot stadion langs die Oranje te bou vir groot feeste soos Afrikanerfeeste, Afrikaans is Groot en klassieke- en opera-opvoerings. Besoekers kan per bus ingevoer word. AfriForum kan dalk saamwerk. Dit kan groot inkomste bring en gastehuise en verblyf in die omgewing stimuleer. Geld vir uitbreidings sal instroom. Kunstenaars en gastehuis- en eetplek-eienaars sal belè. Oggendmarkte vir besoekers kan volg. Droom groot en doen.

Olie ·

John, jy kan die eerste R100 000 000 skenk, wat nodig sal wees om dít te doen wat jy voorstel

Jimmy ·

Begin ‘n dobbel karnavaal. Die begin van ons eie Las Orania.

Rubber ·

Ek ken ‘n verslaggewer in eNCA. Die ou is duidelik ‘n rassis, maar dis nie wat ek ondervind het terwyl ek in aanraking met die ander een was nie. Ons moet begin om respek aan mekaar te betoon in ons daaglikse handel en wandel. Hierdie oproermakers aan beide kante en dit sluit politici in wat net kan bestaan op rassistiese fondament, in sleep ons oor ‘n gevaarlike afgrond. Ons gaan wakker word en die land gaan brand. Bid dat ons nog almal kan omdraai.

Melanie ·

Ek het by Orania een aand oorgeslaap. ‘n Baie rustige nag gehad. Baie dankie vir julle gasvryheid Orania. Julle is puik!

PJC ·

Ek is al baie jare ń uitwonende lid van die Orania beweging en het al baie daar gekuier en wat ń plesier was dit nie. Die wat negatief is oor Orania is net afgunstig omdat dit hul liberale idees in ń swak lig stel.

Nee wat ·

Ek sal graag voordat die kommentaar sluit ‘n paar slot opmerkings wil maak.

Ek vind dit verstommend dat daar mense is wat my kommentaar letterlik opneem en glo dat daar slegs 3 mense in Orania bly – dit was uiteraard sarkasties bedoel met die oog daarop om te bewys dat bitter min Afrikaners in vergelyking met die res van SA wel daar bly.

Ek moet ook noem dat alhoewel ek al verskeie kere wel daar was, ek drie jaar laas daar was so ek weet nie hoe dit tans daar gaan nie. My opinie is dis gebasseer op drie jaar terug.

Die vakansieoord teenaan die rivier is heerlik en die mense gasvry, maar die dorp self het vir my uiters eenvoudig voorgekom. Skoon en veilig wel. In die kafee oorkant die dorp staar die mense jou met hangende half oopmonde aan. Weereens, dit is nie almal in die dorp nie.

Ek verkies, as Christen, om ‘n verskil te maak onder verskeie kulture en geniet ons multikulturele samelewing. Ek is nie blind vir die land se foute nie, maar wil graag ‘n verskil maak sonder om myself te isoleer. En ek ervaar baie mense(nie almal nie)van Orania as rassisties, ook iets waarmee ek Christenskap nie mee kan vereenselwig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.