eNCA reageer ná vergadering met Duarte

Adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte (Foto: Bhekikhaya Mabaso/Africa News Agency/ANA)

Senior verteenwoordigers van die nuuskanaal eNCA het Woensdag met ʼn afvaardiging van die ANC vergader nadat Jessie Duarte ʼn verslaggewer van die kanaal tydens ʼn nuuskonferensie oor die kole gehaal het.

Duarte, adjunk-sekretraris-generaal van die ANC, het teen Samkele Maseko uitgevaar nadat Maseko gevra het of die party se verkiesingslys voldoen aan die Grond- en verkiesingswet. “Jy is net ʼn verslaggewer, soos ek net ʼn burger is. Niks meer nie, niks minder nie,” het Duarte onder meer aan Maseko gesê.

eNCA se hoofredakteur, Jeremy Maggs, het gesê die nuuskanaal het tydens die vergadering sy standpunt herhaal dat hy voortdurend moeilike en ondervragende vrae van alle politieke partye in hierdie verkiesingsperiode sal aanhou vra en nie verbale mishandeling of boeliery van enige politikus sal duld nie.

Volgens Maggs is die regerende party ook herinner aan die reëls van betrokkenheid tussen die media en politieke partye soos voorgeskryf deur die verkiesing se gedragskode wat dit moontlik maak vir verslaggewers om politici te bevraagteken oor enige kwessie, sonder vrees vir intimidasie.

“Na ʼn eerlike en robuuste bespreking verwelkom die kanaal die ANC se toewyding tot mediavryheid en om aan te beweeg ná die voorval. Ons waardeer ook die ANC se kommer dat joernaliste toegelaat moet word om ongehinderd en sonder vrees in die veld te werk, sowel as die party se erkenning dat dit die onbetwiste reg van die media is om moeilike vrae te vra.”

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het vroeër gesê hy is besorg oor die verbale aanval op Maseko en dat hy die vergadering tussen die betrokke partye verwelkom.

Sanef het gesê terwyl dit Duarte vry staan om ʼn klagte by die persombudsman of die Uitsaaiklagtekommissie aanhangig te maak oor ʼn nuusberig of optrede van ʼn verslaggewer, sy nié die reg het om vrae voor te skryf nie.

Duarte het Maseko onder meer daarvan beskuldig dat hy arrogant en ʼn boelie is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Andreas ·

Kom ons erken, ‘n jaar of so gelede sou die skoen aan die ander voet gewees het. Kry vir jou Duarte en ANC. Dit lyk my ons vorder. En dit sekerlik nie te danke aan die ANC nie, maar die nuusmedia wat begin vasskop en rug styfmaak.

Toks ·

Sy kon seker nie die moeilike vrae antwoord nie…Ja hoe se spreekwoord, aanval is die beste vorm van verdediging

Alida ·

Sy is arrogant en spring nou rond. Sy is mos n Zuma fan. Die ANC se beeld lyk al hoe slegter 5 weke voor die verkiesing.

Wielspore ·

Iemand wat kwaad word gedurende ‘n nuus konferensie se tone is raak getrap. Die net word al hoe nouer gespan om die staatskapers en dit laat skuldiges ongemaklik voel. Na my mening gaan daar nog baie koppe val.

Sam ·

Duarte het in ‘n ondeurdagte oomblik die ware gees van die regerende party verwoord. Dit het in wese nie veel verskil van hul reaksie op Myburgh se boek nie. In ‘n rasionele samelewing kon dit fataal wees vir die party, maar dit lyk nie of rasionaliteit in die weefsel van die massas teenwoordig is nie.

Hans Richardt ·

Ek huldig beskeie opinie dat van hierdie joernaliste deesdae houding het van hul regeer en hul het gepaste geforseerde etniese amalgamasie politieke beleid.
Grense word daagliks deur liberale media getoets met almal.
Synde wittes teiken van SA media vir 2 dekades is, dink ek tog die Persombudsman is van min waarde om SA media te beheer met dikwels swak subjektiewe sienings en interpretasies of persoonlike obsessies.
Ek glo dat objektiewe media globaal noodsaaklik geword het, om vals nuus en ou nuus met nuwe subjektiewe sienings hok te slaan. Bv Media in VSA is partisane teen pres Trump, luister bv na BBC, vanwaar SABC en Media 24 opinies en ou nuus kom.

Johanna Botha ·

Die vrou maak droog so ver sy gaan …kyk waar is SA vandag soos sy zuma help berskerem het

Eddy ·

Jessie Duarte moet aftree.wat soek sy nog daar? Sy is lankal arrogant.Dieselfde soos daai EFF en ANC sprekers op gister oggend se RSG debat op Potch.gister

Emma ·

Ek is al so keelvol vir almal in die anc wil hulle nie gaan swem nie. Arrogante en korrupte lot wat in elk geval vere voel vir ons land en sy mense net vir hulle sakke

Jerry ·

Ten minste is haar tone wat raak getrap is nie so gevoelloos en gewetenloos soos die ANC se struggle verlede, hede en gewete nie!

JohanL ·

Nee wat Jessie – ek dink jy is die en wat arrogant is en ‘n boelie is. Verder beweeg jy darem lekker rond in kringe waar korrupsie tans ondersoek word. Gebruik eerder daai mond om te eet en bly stil. Die nonsens wat daaruit kom is ‘n refleksie van die stand van die ANC – siek, vrot en skelm.

Henry ·

‘n benoude kat maak ‘n benoude sprong. As jy ‘n klip in die bos gooi dan moet jy verwag dat iets sal uit spring. As jy ‘n kwaai hond aan sy ore op tel moet jy hom iewers weer neer sit.

Jerry ·

Julle moet nie met die kwaai tannie moeilikheid soek nie! Net soos haar organisasie verdra sy geen onreg nie, nie van die verlede nie en ook nie van die hede nie! Die oplossing vir hierdie situasie is dat tannie jesse n “anger management” kursus moet deurloop en slaag voordat sy weer toegelaat word om joernaliste te woord te staan.

Sarel ·

As die jakkals tjank het jy hom gekwes. Die madame trek n kort hempie aan en spook om haar naeltjie toe te hou.

Alki ·

Al hoe meer anc geraamtes val uit die kas, die wiele kom los, ancenuwees rafel uit, die skrif is teen die muur. you can fool some people sometimes but you can’t fool all the people all the time, tiktok, tiktok………………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.