eNCA-span in Khayelitsha beroof

Monique Mortlock tydens die regstreekse uitsending kort voor die rooftog. (Skermgreep: eNCA)

ʼn Verslaggewer en kameraman van eNCA is in Khayelitsha beroof terwyl hulle oor ʼn gebrek aan basiese dienslewering in die gebied verslag gedoen het.

eNCA sê op sy webwerf verslaggewer Monique Mortlock en kameraman Asanda Javu het kort tevore ʼn regstreekse uitsending na The Lead gedoen.

Hulle selfone en kameratoerusting is gesteel.

Mortlock het in ʼn twiet geskryf hulle het nou boonop te doen met ʼn “onbeholpe polisiebeampte” wat sê hulle kan nie die voorval daar aanmeld nie, omdat dit in ʼn ander polisiestasie se gebied val.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ʼn saak van gewapende roof word ondersoek.

Van Wyk sê die twee was omstreeks 15:50 besig om hul toerusting weg te pak toe vier mans hulle genader het.

“Al vier was met vuurwapens gewapen en het hulle van hul toerusting en selfone beroof. Die waarde van die kamera is R400 000,” sê Van Wyk.

Geen skote is geskiet nie en geen inhegtenisnemings is tot dusver gedoen nie.

Die ondersoek duur voort.

Mortlock het vroeër vanjaar ʼn klag van aanranding teen ʼn betoger aanhangig gemaak nadat hy haar masker tydens ʼn byeenkoms van haar gesig gepluk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jack

Ja wilde weste SA.Hier word jy sommer op enige plek beroof maak nie saak wie jy is nie.En Khayalitsha gaan jou defnitief nie spaar nie.En ons onbeholpe polisie weet niks en kan niks doen nie.So gaan dit.

Alet

????‍♀️

Termiet

Justice

Oemfaan

Cry me a river.

Fedup

And why exactly will you go there in the first place?
I understand journalism, but not stupidity.
Every nook and cranny in this country have none to extremely bad service.