eNCA-verslaggewer met dood gedreig ná maskerdebakel

(Foto: Twitter)

Lindsay Dentlinger, die verslaggewer van eNCA wat haar midde-in ʼn rasherrie oor die dra van gesigmaskers bevind, is met die dood en met verkragting gedreig.

ʼn Video is vroeër versprei waarin kwansuis gesien kan word hoe Dentlinger net swart mense vra om maskers tydens hul TV-onderhoude te dra en nie dieselfde met wit mense doen nie. Daar is sedertdien vasgestel sommige van die beeldmateriaal in die video is nie eens geneem toe die dra van maskers verpligtend was nie.

Dit is glo saamgestel nadat Dentlinger, na afloop van die begrotingsrede, daarvan beskuldig is dat sy net swart parlementslede gevra het om maskers te dra toe onderhoude met hulle vir die nuuskanaal gevoer is.

Sy is onder meer by die Menseregtekommissie (MRK) verkla en veral op sosialemediaplatforms vir haar beweerde optrede verguis.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) sê sy voorsitter, Sibusiso Ngalwa, het Donderdag met eNCA se besturende redakteur, John Bailey, en besturende direkteur, Norman Munzhelele, vergader om bewerings van rassisme by die nuuskanaal te bespreek.

“Die vergadering was hoflik, maar op die man af,” het Sanef in ʼn verklaring gesê.

Volgens die forum vergader eNCA met verskeie instellings, waaronder die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, die organisasie #NotInMyName, asook politieke partye, oor die onlangse gebeure.

“eNCA moet ruimte gegun word terwyl hy hiermee besig is,” lui Sanef se verklaring.

Die twee organisasies het ook onderneem om in die toekoms nouer saam te werk en eNCA gaan volgens die forum nou meer betrokke by Sanef se bedrywighede word.

Sanef het ook die dreigemente wat Dentlinger sedertdien ontvang het, ten sterkste veroordeel.

“Die misbruik, wat dreigemente van verkragting insluit, was meestal op aanlyn platforms. Die geteikende misbruik is heeltemal ongevraag.

“Die mishandeling van joernaliste, veral vroue, is algemeen op sosialemediaplatforms. Ons het die soort misbruik ook al by politieke geleenthede, saamtrekke en betogings gesien waar vrouejoernaliste gestamp, seksueel geteister en aan verbale misbruik onderwerp is.”

Sanef sê Suid-Afrikaners het ʼn reg om joernaliste aanspreeklik te hou wanneer hulle fouteer, maar dat dit nie mag ontaard in kuberboeliery en vrouehaat soos dít wat Dentlinger tans in die gesig staar nie.

Die organisasie het ook mediamaatskappye se verantwoordelik benadruk om te luister na openbare kritiek en persepsies as deel van pogings om vertroue in die beroep te bou. Hy het egter ook gewaarsku teen misbruik en doelbewuste vals inligting wat daarop gemik is om die beeld van die media skade te berokken.

Sanef sê die gebeure het ook bestaande spanning in die bedryf blootgelê en dat die tyd gebruik moet word om te besin oor die media se benadering tot diversiteit en transformasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan ·

Sou dit eerder wou beskryf as iets anders, maar dit sal nie geplaas word nie.

JohanR ·

Ons lewe in ‘n siek siek land. Hy het ‘n hart oor planting nodig!

Johanna ·

Almal maak foute, die sogenaamde blankes gehoor moes ook self besef het hulle moet maskers dra. Maar Suid Afrikaners is moeg vir omgekeerde rassisme. Hierdie aangeleentheid is kleinlik en word weer opgeblaas.
Maar om nou doods dregimente en verkragtings dreigimente te maak is 100 keer erger, veral in Suid Afrika waar vroue se lewens feitlik niks werd is nie.
Malema en sy volgelinge maak openlike RASSISTIESE en Rasse-haat aantuigings en hulle is un-touchable.
Hou op met DUBBEL stelle reels in SA.

Jaco ·

Die wat gehelp het met die aanhutsing moet verantwoordlik gehou word. N mense kan nie aanhou tot iemand se lewe bedreig word nie.

Sarel ·

Wat is die MRK se antwoord hierop aangedidn hulle ook ondersoek doen. Of keur die MRK dit goed

Persheks Adri ·

Ek weet sommer dit kom van die petters af pffft. Natuurlik sal MRK haar ondersoek, want hulle skreeu mos áltyd rassisme pffft. Sluit die klomp toe hoe verdomp moeilik is dit?

Blomme ·

Wanneer gaan dit ophou dat enigiets wat in die land gebeur deur die rassebril gesien word? Lyk die Demokratiese SA gaan NOOIT haar baba skoentjies ontgroei nie. Dis so jammer.

Gert ·

Dis maar tyd dat die afdreigers van hulle eie boelie medesyne kry. Hulle moet op die harde manier leer dis verkeerd, daai ding van doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.

Eragrostis ·

Wat het van die BLF leier, Andile Mngxitama, wat op 8 Desember 2018 in Potchefstroom in die openbaar blatante rassistiese uitlatings teenoor blankes gemaak het, se saak geword, wat weereens pateties deur die Menseregtekommissie hanteer is omdat hy swart is? Daar is dubbele standaarde wat die MRK en die hoofstroom media volg as dit kom by sake waar blankes en swartes van rassisme aangekla word. ‘n Land wat tans gedryf word deur ń piesang-bestel.

Sarel ·

Sulke gedrag word goed geprraat deurcdie Regering.
MRK aangesien julle reeds op die bus is gaan julle die
Gedrag en dreigements teen die Joernalis ondersoek.
Ras word deesdae vir alke regverdiging van misdaad aangevoer.

Lian ·

Ons het weer in Julius se hande gespeel ; ons het hom publisiteit gegee. Die regering is die laaste wat kan praat oor rassisme . Wat van die arbeidswet en BEE ?

Di ·

Ek is al so moeg om dieselfde ou stories te lees – Alles gaan altyd oor RASSISME. Kan net dink wie sit weer agter hierdie dreigemente, as usual. Hulle het duidelik niks beter om te doen nie, net besig om te kyk waar hulle nou weer amok kan maak – patetiese spul

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.