Endley ná vrylating: ‘Ek sal weer gaan’

William Endley. Foto: ANA

William Endley, die 57-jarige Suid-Afrikaanse oudkolonel wat na benadiging deur Suid-Soedan die doodstraf vrygespring het, sê hy sal na dié land terugkeer as hy gevra word.

Endley het Saterdagoggend in Suid-Afrika aangekom nadat hy vir langer as twee jaar in Suid-Soedan aangehou is. Endley het Donderdag aan die media gesê hy het sedert sy aankoms in Suid-Afrika dit geniet om ʼn koue bier te kon drink en die vryheid wat hy het nadat hy tydens sy aanhouding ook baie keer vir lang tydperke alleen aangehou is.

En ondanks sy traumatiese ondervinding is Endley bereid om terug te keer na Suid-Soedan sou hy gevra word. Volgens Endley het Riek Machar, die rebelleleier van die opposisiegroep die Sudan People’s Liberation Army (SPLA), hom reeds gevra om terug te keer en te help om die rebelle met die weermag te integreer.

Salva Kiir, president van Suid-Soedan, het verlede Woensdag aangekondig oudkolonel Endley sal as deel van ʼn vredesverdrag vrygelaat word. James Gatdet, woordvoerder vir Machar, is ook vrygelaat.

William Endley (links) se familie het dié foto van hom en James Gatdet wat saam vrygelaat is. Foto: Verskaf

Endley is die doodstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan sameswering en ʼn poging om die Suid-Soedannese regering omver te werp. Hy is ook skuldig bevind aan die verskaffing van wapens, spioenasie, aanhitsing tot ʼn opstand, sabotasie, terrorisme en onwettige toegang tot Suid-Soedan.

Die Endley-familie glo egter Kiir se administrasie het van Endley ʼn sondebok gemaak omdat hy ʼn veiligheidsraadgewer vir Machar was en hom daarmee aan die verkeerde kant van die politiek in Suid-Soedan bevind het.

William is in Augustus 2016 in hegtenis geneem terwyl Juba in ʼn bloedbad van geweld ontaard het ná bewerings van ʼn beplande sluipmoord op Machar aan die lig gekom het. Machar was toe nog die adjunkpresident in Kiir se kabinet.

Machar se private magte en Kiir se regeringsmagte het op mekaar geskiet en Machar het landuit gevlug. Die Suid-Afrikaanse regering het gesê Machar is op uitnodiging in Suid-Afrika en kry hier mediese behandeling. Dit word vermoed dat hy hom tans iewers in Gauteng bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Biltong ·

Nou toe nou. Pasop, volgende keer huil jy weer lang trane!!

Jessica ·

Ja, nee lang trane, ek ruik a rot, wat soek hy daar, snuffel rond vir groot moilikheid, hierdie keer moet hulle die sleutel weg neuk en hom daar los.

Piet Snot ·

Julle kritiseer ‘n man wat bloot ‘n eerlike dag se werk probeer doen in die veld waarin hy opgelei is.
Tensy julle hom ‘n werk in SA aanbied met ‘n redelike salaris, het julle geen reg om enigiets oor hom te sê nie.

Stormrider ·

Bly weg tjom! Bly ver weg! Jy het ‘n tweede kans gekry!

Ian ·

Baie slim van die spulletjie hierbo om kommentaar te lewer. Probeer julle nou as middeljarige wit man, ondanks kwalifikasies, om werk te kry in SA. Dieselfde rede waarom ek nou al jare in die Midde Ooste sit. Sal omtrent enige gevaar trotseer net om aan my familie se behoeftes te voldoen.

BLOM ·

As hy weer gevang word, is dit sy verdiende loon – dan het hy gesoek daarna.

Adri ·

Darem baie interessant dat Machar juis na Suid-Arika toe vlug toe ‘n Suid-Afrikaner hom wou vermoor. Goie stof vir ‘n spannende speurverhaal.

N Lourens Reitz ·

Adri wie sê ñ Suid Afrikaner wou Machar vermoor?.Marchar was dan juis die rebellie magte se leier nadat hy as adjunk president in Salva Kiir se kabinet gedien het. Salva Kiir se regeringsmagte en Riek Maschar se private magte het op mekaar geskiet en daarom vlug Machar landuit. Endley was Machar se veiligheidsraadgewer.

Sputnik ·

Heng, maar julle is erg lelik met die man! Skaam julle! Hy is sekerlik bq van ‘n avonturier en waaghals, maar hy sal dit ook nie doen as hy tuis ordentlike werk kan kry nie. Persoonlik dink ek egter ook hy moet verbyhou by daardie onstabiele “hell holes”.

Heidi ·

Gaan terug en jou geliefdes weer deur die trauma sit? Belaglik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.