Energieminister gaan nié appelleer teen hofuitspraak oor kernkragplan

Mmamoloko “Nkhensani” Kubayi. Foto: Twitter

Mmamoloko Kubayi, minister van energie, het Saterdag gesê sy sal nie teen verlede maand se uitspraak deur die Wes-Kaapse hooggeregshof appelleer dat die staat se verkrygingsprosesse vir sy kernkragbouprogram onwettig en ongrondwetlik is nie.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het dié beslissing op 26 April gemaak.

Earthlife Africa en die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskap se Omgewingsinstituut (Safcei) het in 2015 die saak by die hof ingedien. Die aktiviste het aangevoer die regering kan nie die een duisend miljard rand bekostig wat dit sal kos om met die kernkragbouprogram voort te gaan nie.

Hulle het ook gesê die regering het nie openlik opgetree toe hy ʼn ooreenkoms as deel van die program onderteken het nie. Die organisasies het die regering daarvan beskuldig dat die regte prosedures nie gevolg is nie deurdat die planne nie eers in die parlement gedebatteer is nie.

“Ek het besluit ek sal nie teen die besluit van die Wes-Kaapse hooggeregshof oor hierdie aangeleentheid appelleer nie,” het Kubayi gesê. “Na afloop van gesprekke is groot kommer geopper ten opsigte van die implikasie daarvan op die departement, met betrekking tot artikel 34 bepalings.”

Kubayi het gesê sy het die departement opdrag gegee om alle toekomstige artikel 34-bepalings en ook alle bepalings wat tans in plek is te hersien, om te verseker dat die uitspraak nagekom word.

Die departement sal verder ook “streef na die standaardisering van alle interregeringsooreenkomste wat gesluit moet word met internasionale lande” om te verseker dat dit met die Grondwet strook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Justice ·

Baie dankie Min. Kubayi – `n verstandige besluit in belang van die land. Neem nou aub. die skaliegas korrupsie en watertafel vernietiging onder die loep.

zoom zoom ·

Hulle hou dit terug vir 2019 se stemmery om stemme te trek deur werk verskaffing as ‘n wortel voor te hou as jy vir die ANC stem

jaco ·

stop hoë salarisse, gupta-nonsens, korrupsie ens ens, kry swaar vir ‘n paar jaar terwyl die kernkragstasies gebou word en wanneer dit eers klaar is, is daar NOOIT WEER probleme met elektrisiteitsvoorsiening in SA nie.

humor ·

Bg. voorstelle is nog minder haalbaar as die vereffening van 1000 miljard.

CFS ·

Ek glo nie hierdie mense het regtig ń begrip van hoeveel ń miljard is nie.

Basjan ·

Natuurlik gaan hulle nie appelleernie, want daar is ‘n plan B, C, en D in plek om met die korrupsie voort te gaan.

John ·

Die geagte minister se van dui op Indiese konneksies… indien so verstaan ons sake baie beter… die oumense het mos altyd gevra: Nou, van watter so en so is jy niggie…o, so jou pa is die neef van…

Johan ·

Tina JouMA Pietersen moet opdok. Sy was erg betrokke by die hele storie maar sy kom weg met alles, selfs toe sy minister van lanbou was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.