‘Engel’-petroljoggie kom tot bejaarde se redding

Annatjie Moolman en haar seun Leon. Foto: Verskaf

ʼn Geliefde ma van vier is veilig opgespoor nadat sy deurmekaar geraak en ʼn paar uur lank vermis was totdat ʼn “engel en held” oor haar pad gekom het.

Annatjie Moolman, wat in Oktober haar 70ste verjaardag gevier het, is in die beginfase van Alzheimer se siekte. Sy woon saam met haar 87-jarige man, Des, in ʼn huisie langs haar oudste seun, Dirk (49), se huis in Elarduspark in die ooste van Pretoria. Buiten Dirk, het sy nóg twee seuns, Leon (48) en Anton (46), en ʼn dogter, Lana Grobler (42).

“Sy is Maandag omstreeks 11:00 uit die huis uit en het in haar silwer Toyota RunX daar weggery. Ons weet nie hoekom sy gery het nie, want sy is nie meer veronderstel om te bestuur nie,” het Anton Donderdag aan Maroela Media gesê.

Hulle het later by Des verneem sy het gery en is nog nie terug by die huis nie. Die bekommerde familie het na haar begin soek. Hulle het rondgebel, polisiestasies en hospitale besoek en selfs in die strate rondgery om na haar en die motor te soek. Leon, Dirk en Dirk se vrou het hulle tot sosiale media gewend in die hoop dat iemand Annatjie dalk opgemerk het. Annatjie se selfoon was deurentyd af.

Teen 22:15 het die familie ʼn oproep van ʼn vreemdeling ontvang dat Annatjie veilig is by ʼn Sasol-vulstasie in Rivonia in Johannesburg, sowat 40 km van haar huis af. Sy het deurmekaar geraak en verdwaal toe sy by haar niggie, wat naby haar woon, wou gaan kuier.

“Ons het geweet Alzheimer gaan begin intree, maar nie besef sy sal so vinnig deurmekaar raak nie. Die siekte is vir ons nog ʼn nuwe ding. My ma sou nooit op haar eie so ver alleen ry as sy moes nie. Sy het op ʼn manier by die vulstasie beland waar die petroljoggie, Prosper Sebata, hom oor haar ontferm het. Hy het gesien sy is verward en huil in die kar. Hy het haar bygestaan en gehelp dat sy haar foon kon laai. Hy het met sy eie geld vir haar water gekoop en ook koffie gemaak. Hy het haar daarna rustig en kalm gekry sodat sy kon fokus, waarna hy haar met vrae gelei het totdat hy kon vasstel om vir Dirk te bel.”

Prosper Sebata. Foto: Verskaf

Anton het gesê toe hulle die goeie nuus hoor dat sy veilig is, het hulle haar dadelik gaan haal. “Ons almal was in trane. Toe ek daar aankom, het ek vir Prosper omhels. Hy is ʼn engel en ʼn ware held. My ma was vir hom ʼn totale vreemdeling, tog het hy hom oor haar ontferm en uit sy pad gegaan om te help. Ek kon sien hoe liefde uit sy gesig straal. Daar is soveel rassespanning tans in die land, maar hier het liefde oor kleurgrense geseëvier.”

Volgens Anton was Annatjie verskriklik verward en geskok, maar is veilig teruggeneem huis toe en laat bedaar.

Annatjie onthou niks van Maandag nie. “Dit gaan nou beter met haar en sy is oor die stres, maar steeds deurmekaar. Sy neem reeds medikasie en spreek ʼn neuroloog, maar ons sal nou maar meer daadwerklike stappe moet doen sodat so iets nie weer gebeur nie. Ons is vir eers net dankbaar dat sy veilig terug is by ons.”

Anton het gesê die ondersteuning van die gemeenskap wat hulle tydens die ure lange nagmerrie ervaar het, was ongelooflik en oorweldigend. Daar het selfs verskeie mense agterna na vore gekom met raad oor hoe om ʼn geliefde met Alzheimer se siekte te hanteer.

Wat Prosper betref, beplan die familie om hom behoorlik te bedank en hoop hulle hy “word uit sy skoene uit geseën”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Andre Nel ·

Dankie vor die goeieen mooi nuus. Kan Maroela noeasb seker maak dat die nuus op alle media nuus kan kom nie. Dit is wat ons land nodig jetopdie stadium

Tammy ·

Prosper het die koerant gehaal vir die regte redes. Baie geluk jongman, jy is beslis n ster!!!

Mielie ·

Wow wat n fantastiese storie. Hy is voorwaardelik n engel. Die storie moet meer publisiteit kry.

HPV ·

Prosper, jy is ‘n yster! Met meer Prospers en minder Zumas en Malemas, dink net hoe kan die land lyk!

Ek weet ·

Ek weet wat dit beteken. Sluit julle hekke na buite maar sou die persoon alleen wil gaan stap, doen soos versoek maar dat iemand op ‘n afstand volg. Sterkte vir julle.

Ann ·

Hierdie jongman gee mens weer hoop! Prosper meer mense soos jy kan van ons land ‘n wonderlike land maak om in te woon!

Yolande ·

Vanogg met trane in my oe. Ek bid elke dag dat God met mooi hierdie land nog sal omkeer. Kyk hier! Daar is nog n liggie in die donker, en ek fokus op daardie liggie.

Frikkie ·

Dankie Here vir iemand soos Prosper. Here ek weet dat daar nog baie soos hy is. Hy is iemand om na op te sien, wat bereid is om ander te help. Wie weet, moontlik wat dit sy kos geld vir die dag wat hy spandeur het om Annatjie te help. Prosper wil jy nie dalk parlement toe gaan om ons land beter plek te maak nie. Jy stel ander persone in die parlement n voorbeeld, wat kan gedoen kan word deur jou liefde en deurnis aan ander. Ons is trots op jou Prosper. Vertrou jou werkgewer gaan jou vergoed vir jou liefdes daad al is dit net ‘n betaalde 7 dae op verlof

Manna ·

Dis die soort vam mens soos die jongmabn wat my hoop gee vir Suid Afrika. Nie die Malemas en Zumas. Sterkte vir familie.

Veronica ·

Soos reeds gesê: as mend so iets hoor dan kry mens hoop ! Dankie Prosper! Mag jy sëen ontvang.

Chrisna Botha ·

My seun is gister beroof en ons is kwaad!!!! Maar dan kom daar sulke nuus en sê ons dankie. Dankie vir nense soos Prosper en dankie dat net wêreldsgoed by ons seun gevat is. Mag hierdie jongman prosper….

Veronica ·

PROSPER SEBATE . . . . THANK GOD FOR YOUR HELP AND MAY GOD BLESS YOU !!!!!!

Christo Pienaar ·

Die algehele wantroue wat die Guptas geskep is kan net verkeerd bewys word as Suid Afrikaners mekaar met wedersydse respek te behandel. ‘n Goeie Samaritaan en mag Prosper se lewe net geseënd wees in die toekoms. En Goddank vir die positiewe bydrae van sosiale media.

Tina ·

Stem saam jou Yolande, bring trane in my oë om te weet daar is nog siele wat omgee en die regte ding doen. Wl nie eers dink aan wat sou gebeur het as sy langs pad moes gestaan het nie. Dankie Prosper, mag God jou seën en dankie Maoerla vir die stukkie positief wat ek vandag kon lees. As ons land maar net kan verander en in vrede saam leef, na mekaar kyk, help, sal dit regtig aangenaam wees om in vrede te lewe.

Louis ·

Prosper, thank you for the example you have set for all of us. People, let us follow his example today.

Snip ·

Dankie Liewe Heer dat daar nog mense is soos Prosper. Seën hom asb Heer en seën ons land, sodat ons in vrede kan saam leef en na mekaar kan uitreik in nood.

Ouma ·

Daar is nog baie mense soos Prosper. Die probleem is dat ons meestal net die negatiewe nuus en kommentaar in koerante sien. Dankie Prosper. Dit was rétig baie dierbaar van jou!!

francis ·

Dankie weereens Prosper..mt trane in my oë sê ek Dankie Here vir mense soos hy..Liewe Heer U weet ons land het dit nodig met al di negatiwiteit maar weereens het U kom bewys dat daar ook positiwiteit is. Kom ons as Suid-Afrikaners bly op ons kniee, niks is onmoontlik.

madelyn ·

Wat n fantastiese storie. Dankie dankie Prosper, dis mense soos jy wat ons weer hoop gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.