Engen reageer op waaghalsige trollie-man

Skermskoot uit een van die video’s.

Engen, aan wie se vragmotor ʼn man homself vasgemaak het vir ʼn “prettige” rit op die N4-Wes naby Pretoria, het Donderdag aan Maroela Media gesê die brandstofmaatskappy is “uiters bekommerd” oor die video’s wat die ronde op sosiale media doen.

“Engen beskou die saak in ʼn ernstige lig. As ʼn maatskappy wat aan streng veiligheidspraktyke en -prosedures voldoen, handhaaf Engen ʼn ononderhandelbare verbintenis tot veiligheid wat op alle vlakke van sy bedrywighede omarm en bevorder word.”

Die ganse land was die afgelope week in rep en roer oor die waaghalsige man wat Sondag sy winkeltrollie aan ʼn brandstofvragmotor vasgemaak het en in die reën agter die vragmotor op ʼn snelweg aangesleep is.

Video’s van die man, wat vanuit ʼn paar verskillende hoeke afgeneem en op sosiale media versprei is, wys hoe die man skaterlag en opgewonde wuif vir die onbekende mense wat dié jolige – en gevaarlike – affêre verfilm.

Die maatskappy het lede van die publiek bedank wat die Engen Bulk Fuel-vragmotorbestuurder in kennis gestel van die saak en loof die bestuurder dat hy die vragmotor op ʼn veilige wyse tot stilstand gebring het.

“Nadat die bestuurder ondersoek ingestel het, het die man in die trollie van die toneel af verdwyn. Geen beserings is aangemeld nie.”

Engen versoek ook die publiek om hulself nie aan dié soort “uiters gevaarlike gedrag” skuldig te maak nie.

“Ons moedig ook motoriste en gemeenskappe aan om sogenaamde truck surfers by die SAPD aan te gee, aangesien dit moontlik ʼn lewe kan red en mede-motoriste, voetgangers en padgebruikers sal beskerm.”

Maroela Media het vroeër berig owerhede beplan om dié “ryloper” op te spoor en tot verantwoording te roep.

Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, sê ʼn ondersoek na die beweerde onwettige rygeleentheid is reeds van stapel gestuur.

Die ryloper sal na verwagting binnekort vasgetrek en aangekla word.

Maremane het egter nie enige besonderhede oor die man se identiteit gegee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johanna ·

Met ENGEN kan jy baie ver gaan op n Tank brandstof.

Tenminste gaan owerhede nou ook n Trolley dief in hegtenis neem., en dit sommer “red handed on Camera”

Lillian ·

En waar gaan hulle hom kry? Hy’s tien teen een dakloos en is seker nou al bewus daarvan dat die metro polisie hom soek. Hy sal laaglê.

melaney ·

Indien die grapjas in die trollie beseer was of nog erger, sou Engin moes opdok.

Perdeby ·

Nee glad nie hy was onverantwoordelik en geen hof sou in sy of families se guns green het nie

Cherokee ·

Die heel ergste van die hele petalje is dat mense weer hul kos in daardie trollie gaan laai! Dit is nog erger as die ma’s wat hul kinders met vuil doeke in die trollies laat ry.

Lillian ·

Hyt seker daai trollie “gekoop” – affirmative shopping.

Jack ·

Weereens net in suid afrika. Ons bly maar n land van eerstes en die narre kom van heinde en ver

Lillian ·

Hy het nie sy trollie vasgemaak nie, hy het net met sy hande vasgehou agter aan die tanker. maar dit was beslis ‘n j”olly ride”!

Francois ·

Die ryloper sal na verwagting binnekort vasgetrek en aangekla word.

Lag ek nou te lekker. Nie met ons polisiediens nie

Robert ·

Daarvoor kan jy ‘n magneet gebruik… in die geval glo ek nie hulle sal hom opspoor nie.

Prikkie ·

“Die ryloper sal na verwagting binnekort vasgetrek en aangekla word” Bwa ha ha ☺ ☺!

AmY ·

Seker omdat daar nie meer treine is om ‘trainsurfing’ te doen nie?
Hulle gaan nou tot uiterstes….

Marina ·

Pleks die regering, polisie en wie ook al eerder konsentreer op meer ernstige misdade, daar sit hulle hand gevou

Swerwer ·

Gun elke diertjie sy plesiertjie lui die spreekwoord. Die trolliedrywer het pret gehad, is raakgesien en media dekking gratis gekry asook menigte padverbruikers laat gimlag en lag! Dit is uiters gevaarlik maar gelukkig was hy in sy eie oë verantwoordelik gewees en sonder enige leed ontsnap.

anko ·

Sal graag wil weet watter besigheid se trollie dit is, want daardie wieletjies is waaragtig sterk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.