Engen-skieter kry borg

Die misdaadtoneel. Foto: Twitter

Die misdaadtoneel. Foto: Twitter

Dave Forbes, wat glo ’n man by ʼn vulstasie in Kaapstad doodgeskiet het, is op borgtog vrygelaat.

Eyewitness News berig dat Forbes (48) op borgtog van R20 000 vrygelaat is. Forbes is aanvanklik Woensdag borg geweier in die Kaapstad-landdroshof waarna sy regsverteenwoordiger ʼn dringende appèlaansoek gebring het en borg toegestaan is.

Forbes is Saterdag by die Engen-vulstasie in Oranjestraat, Tuine in hegtenis geneem nadat hy glo die 23-jarige Toufieq Joseph doodgeskiet het. Forbes organiseer en bemark musiekpartytjies, waaronder die gewilde H2O-musiekfees.

Volgens Eyewitness News was Joseph uit op borg toe hy doodgeskiet is. Hy het glo op aanklagte van moord terggestaan. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.