Engen-skieter weer in hof

Die misdaadtoneel. Foto: Twitter

Die misdaadtoneel. Foto: Twitter

Dave Forbes, wat glo ʼn man wat kaartjies op die swartmark verkoop by ʼn vulstasie in Kaapstad doodgeskiet het, verskyn Donderdag weer in die Kaapstad-landdroshof.

Forbes (48), die stigter van Boksburg se gewilde H20-partytjies en ʼn konsultant vir Ultra Music Festival SA, het Toufiq Joseph (23) glo op 24 Januarie by die Engen-vulstasie in Oranjestraat, Tuine doodgeskiet.

Forbes het daarna by die vulstasie gewag vir die polisie om op te daag, waarna hy in hegtenis geneem is.

Hy is op 30 Januarie op borgtog van R20 000 vrygelaat, nadat sy aansoek om borgtog aanvanklik twee dae vantevore afgekeur is. Hy is vrygelaat nadat sy regsverteenwoordiger ʼn dringende appèlaansoek gebring het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

Ja né, as die rolle verruil was en Joseph het Forbes geskiet het hy seker ‘n klop op die skouer gekry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.