‘English only’ by Maties is ‘doelbewus’

Pamflette verwelkom studente by die Universiteit Stellenbosch. (Foto: US/Facebook)

Dit begin al hoe meer lyk of studenteleiers aan die Universiteit Stellenbosch (US) die US se taalbeleid en die Grondwet “willens en wetens oortree”, sê die Afrikaanse Taalraad (ATR) ná ʼn nuwe herrie oor taal by die universiteit.

Verskeie studente is die afgelope paar dae by Maties se verwelkomingsweek glo voor stok gekry wanneer hulle Afrikaans praat, na bewering selfs in informele gesprekke of wanneer almal in die groep Afrikaans praat.

Die organisasie StudentePlein sê hy het reeds verskeie klagtes hieroor ontvang. In ʼn voorval op 4 Februarie het die primaria van die Isa-dameskoshuis eerstejaars op pad na ʼn kampusaktiwiteit op “aggressiewe wyse” gewaarsku dat hulle slegs Engels mag praat. “I don’t care if your mammie and pappie speaks Afrikaans at home, you’re in Isa now,” is daar glo aan die student gesê.

In nog ʼn beweerde voorval ʼn dag later is ʼn Isa-eerstejaar glo betig omdat sy en ʼn ander koshuisinwoner by ʼn skakelingsfunksie by die Helderberg-manskoshuis in Afrikaans gesels het.

Enkele dae tevore is ʼn student gevra om nie Afrikaans te praat nie, “maar liewers in ʼn taal wat almal insluit”, toe hy en ʼn groep ander studente, almal Afrikaans, tydens ʼn funksie by die Minerva-dameskoshuis in Afrikaans gepraat het. Volgens die studente was die gesindheid van die onder-primaria, wat hulle gevra het om in ʼn ander taal te praat, “uiters geïrriteerd”.

Dr. Conrad Steenkamp, hoof van die ATR, sê hy is verbluf om te hoor dat Afrikaanse studente al weer verbied word om in hul moedertaal te praat.

“Die afdwing van slegs Engels is strydig met die US se eie taalbeleid, asook met studente se grondwetlike regte. Ons eis dus dat die US vinnig en daadwerklik optree om die taalbeleid in koshuise af te dwing en om studente se taalregte te beskerm. Ons eis ook dat die Menseregtekommissie (MRK) die kwessie weereens ondersoek en dat lede hul gevolgtrekkings bekend maak,” sê Steenkamp.

Die MRK het in 2021 ʼn ondersoek van stapel gestuur ná klagtes dat studente verbied word om Afrikaans te praat, maar die bevindings daarvan is steeds nie bekend gemaak nie.

Steenkamp sê die US se vorige versekering dat studenteleiers die taalbeleid bloot verkeerd verstaan het, laat dit lyk of die universiteit sukkel om sy eie beleid in te stel.

“Hoe kan studenteleiers ná alles wat gebeur het nog steeds ‘verward’ wees oor die US se taalbeleid en studente se taalregte?

“Nee, die no Afrikaans, English only is baie opsetlik. Dit begin nou eerder lyk asof die studenteleiers die US se taalbeleid en die Grondwet willens en wetens oortree. Ons vereis dus dat daar hierdie keer duidelike gevolge vir die oortreders moet wees. Hulle is immers reeds gewaarsku,” sê Steenkamp.

Die ATR meen nou ʼn nuwe denkrigting en benadering by die universiteit is nodig sodat meertaligheid in ʼn inklusiewe rigting kan beweeg.

“Die herhaalde verbod op moedertaalkommunikasie laat Afrikaanse studente – bruin, swart en wit – ontuis aan die US voel. Dit het ook kommerwekkende gevolge vir verhoudings tussen studente met verskillende agtergronde. Taaldwang skep ʼn klimaat van verwydering, eerder as om studente nader aan mekaar bring.”

Die universiteit het Maandag by navraag gesê hy verwag om later ʼn verklaring oor die kwessie uit te reik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Harley Davidson ·

Hierdie is individue wat Engels wil afdwing en die afrikaans sprekende student moet net opstaan en die “engels prekende” daarop wys dat dit sy / haar reg is om in hulle moedertaal te praat en basta.

Frank ·

Praat die ander studente van die ander 11 amptelike tale tydens informele gesprekke?

JM ·

Stellenbosch Universiteit, wat deur Afrikaanses begin is, verbied nou studente om Afrikaans te praat!! Hoe vermetel! Die MRK is en was ook nog altyd ‘n klug.

Skim ·

Dis waar. Ek is baie teleurgesteld ín Stellenbosch Universiteit. Dis ‘n skande dat hulle Afrikaans so versaak. As dit nie vir Afrikaans was nie, was hulle nie nou daar nie.

Manie ·

Uit die berig kan ‘n mens dus aflei dat die studenteleiers wat Engels afdwing, nie Afrikaans sprekend is. Identifiseer hulle by die naam asseblief.

Ivan ·

Maar op die voorblad van die pamflet is die woord WELKOM in Afrikaans.

Eugene ·

Afrikaanssprekende studente moet net bloot weier om Engels te praat. Laat daar dan gebeur wat moet en laat dinge oorkook. Hierdie klompie Engelse goed moet vir eens en vir altyd in die bek geruk word

Francois ·

Skors sl die lyers en dit is al taal wat hulle ssl verstaan.

Hoekom ·

Afrikaanse studente moet besef die grondwet is aan hulle kant en die afdwing ignoreer…

Pierre ·

Word alle ander tale ook onderdruk of slegs Afrikaans, so mag ek EsiXhosa praat maar jy mag nie in Afrikaans praat nie, indien so word die taal onderdruk, baie werksplekke se taal beleid is Engels en as dit die reels is en dwarsoor die spektrum toegepas word dan is dit reels, maar reels kan jou nie in jou privaatheid waar ek met n vriend in my kamer in my moedertaal wil praat onderdruk nie, in n klas waar mense veeltalig is sal ek saam stem dat Engels die verkose taal moet wees.

Heinrich ·

Hierdie “leiers” het doelbewus die grondwet oortree en en is nie titel van leier werd is nie, daarom moet hulle van hulle posisies ontneem word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie “leiers” gaan eendag die hool se leiers word. Hou vas, die rit gaan rof word.

Amelia ·

Dankie Vader dat die ouderdom my soveel meer selfvertroue besorg het as wat ek gehad het toe ek jonk was. Iemand moet darem vir my voorskryf hoe ek moet praat. Wat gaan hulle maak as jy nie akkoord gee nie? Die kampuspolisie bel? ‘n Boelie moet op sy plek gesit word.

Willem ·

Waarom gaan mense nog so aan oor afrikasns by die US? Die US is lankal nie meer ‘ n relevante instelling in SA nie. Afrikaanse ouers sal meer baat vind daarby om hul kinders na ‘ n instelling soos Akademia te stuur waar hul taalregte beskerm word en afrikaanssprekendes hul taal en kultuur sonder vrees vir intimidasie kan uitleef.

Nettie ·

Dis nie so maklik nie Willem! Akademia bied nie naastenby al die kursusse aan nie. Sommige ouers kan ook nie bekostig om hul kinders so ver te stuur en die petrol en verblyf te betaal nie. Ander studente doen weer aansoek by 5+ universiteite en is net te dankbaar as hulle iewers toelating kry, want so baie wit studente kry nie plek nie! So jy vat maar wat jy kry.

George ·

Elke wit persoon wie ek ken, en dis baie, se kinders het almal plek gekry by universiteit van hul keuse.

Jaco ·

By my werk was so ‘n English only beleid, selfs as ons sosiaal met mekaar wou praat. Ek het die bestuur laat weet dat ek sal hou by die reël, maar dat hulle probleme met swart sprekers van Xhosa en Zulu gaan optel. Ek het ook na sekere gelykheidsklousules in die grondwet van SA verwys. Die bestuur se antwoord was: “we know the constitution and we know that our language policy is right”.
‘n Paar maande later is iemand afgedank oor sy Xhosa gepraat het. Sy is summier na die CCMA en na die EFF toe. Die EFF het gedreig om by die kantoor te kom betoog en die CCMA het gesê dis ‘n onregverdige afdanking. Die gevolg: die simpel English only language policy het ‘n stille dood gesterf.

JohanR ·

Loop die kampus vol en sing Afrikaanse liedjies. Ek wil iemand sien my se om nie in Afrikaanse te sing nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis nie die 1940s nie. Jong mense beweeg aan.

Papsak ·

Hi onthou net ons het almal ons wettige tale om te praat so basta met engels my taal afrikaans en hy sal respekteer word los ons almal kan hulle taal gebruik mos hoekom engels in ons kele afdruk basta daarmee

Kokkie ·

Verlede jaar was daar die verskriklike herrie oor ‘n wit student wat in sy dronkenskap op ‘n swart student se boeke geürineer het. Ek probeer nie die gedrag verskoon nie. Ek verwerp daardie gedrag in die sterkste terme. Dit het daardie student sy universiteitloopbaan gekos. Maar dat sekere studente aan US hulle nou die reg aanmatig om aan medestudente voor te skryf waar en wanneer hulle hulle eie taal mág of nie mág praat nie, is skokkend, verregaande , arrogant en rassisties. En dit is op dieselfde vlak as verlede jaar se voorvaal. Ek vertrou dat die US in diesefde mate sal optree en straf as wat dit verlede jaar gebeur het. Konsekwente optrede is ‘n absolute vereiste.

My siening ·

Dis goed soos die wat mense rasiste word want dit word getart tot dit oorslaan in haat!

George ·

Wys die een wat dit gese het, want die is n Nazi, daar is jy verplig aan taal van jou onderdrukker, nie hier nie. Ek sal my taal praat maak nie saak wat wie se nie.

Nettie ·

Kan ‘n paar organisasies nie asseblief vergaderings met alle Afrikaanse studente daar hou, en hulle van hul menseregte (en taalregte) verseker nie? Sodat hulle na sulke voorvalle die wet kan aanhaal, asook die US se beleid. Deel miskien sommer pamflette uit waarop dit mooi gedruk staan vir die primarias en HK’s en SR en almal wat so voorbarig is om Afrikaners heeltyd stil te maak wanneer hulle in hul taal kommunikeer. Hierdie is ‘n oorlog en ons moet terug veg!

Republikein in die Wes Kaap ·

Bitter min Afrikaanse studente sal opdaag vir daai vurige vegaderings.

Nettie ·

So gereeld kom ek by ‘n teller om vir my inkopies te betaal, dan gesels die pakkers en tellers lustig voort in ‘n taal wat ek nie kan verstaan nie. Dis die lewe! Aanvaar dit. As jy wil verstaan, leer die taal. As jy nie belangstel nie, ignoreer hulle. Die andertaliges by die US moet maar aanvaar dis dieselfde vir hulle ook. Los die Afrikaner kinders wat Afrikaans met mekaar praat. Jy’t GEEN reg om te eis dat hulle Engels moet praat nie. Leer Afrikaans as jy nuuskierig is, of bly JY stil.

TRP ·

Dit is nou werklik een van die universiteite wat ek geglo en gehoop het nie so sal draai nie. My dogter wil daar gaan studeer en op ‘n manier het ek gehoop dit is nie soos op PUK waar “te wit” studente nie by die verwelkoming seremonie welkom was nie. Ag nee US, moet nie verval onder politiek nie. Dit gaan oor onderrig nie politiek.

Wildemien ·

Jinne, die gemors by US is al laaankal aan die gang. Jare al. By die PUK gaan dinge nog relatief goed.

Andre ·

Die klomp liberale gemors is vrek bang vir die Afrikaans taal dis hoekom hulle die gemors toelaat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.