Enige Sanral-boete sal onwettig wees, sê VF Plus

Argieffoto

Argieffoto

Dreigemente van organisasies wat Sanral se e-tolgeld moet invorder oor die moontlike vervolging van nie-betalers, kan in Sanral se gesig ontplof, het die VF Plus Donderdag gesê.

“Die VF Plus het reeds bewys dat die meetinstrumente wat in die e-tolstelsel gebruik word, nie gesertifiseer is soos die wet vereis nie,” het Anton Alberts, woordvoerder van die party, gesê.

Alberts het hom aangesluit by OUTA deur daarop te wys dat ʼn enkele mislukte poging tot vervolging in die hof, Sanral se totale kaartehuis in duie kan laat stort aangesien die presedent dan geskep sal wees.

Hy het bygevoeg die VF Plus het Sanral reeds daarop gewys dat hy nie aan die vereistes van die Wetlike Metrologiewet (Wet 9 van 2014) voldoen nie.

Die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRVS) het aan die VF Plus bevestig dat die e-tol-toerusting nooit gesertifiseer is soos die wet vereis nie. Die NRVS het ook bevestig dat daar nooit aansoek gedoen is om sertifisering nie.

“Dit is daarom duidelik dat enige poging van Sanral om geld in te vorder, bloot op grond hiervan onwettig sal wees,” het hy verduidelik. “Dit is benewens die feit dat die totale stelsel volgens die VF Plus ongrondwetlik is. Die VF Plus het op aanbeveling van die Verbruikerskommissie ʼn afspraak vir 3 Maart vanjaar met Sanral gemaak om die onwettigheid van die meetinstrumente met hulle te bespreek.”

Alberts het gesê indien die party nie bevredigende antwoorde kry nie, sal hy voortgaan met stappe teen Sanral ingevolge die Wet op Verbruikersbesteding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris W

Ek is trots of julle VF+ !Ek woon nou wel nie naby die e-tol gebied nie maar ondersteun julle heelhartig in julle geveg teen Sanral!Mag Sanral EN e-tol “val”.

GES

Dit is nogal ‘n uitdaging om in SA te woon. Selfs as ‘n mens gaan slaap moet die een oog oop wees.

Andre

Mooi so VF+

Mick

Na vier e-posse aan Sanral is nog niks wyser nie. Hulle ook nie. Ek meld dat ek geen rekeninge ontvang nie en wil by hulle weet of dit is omdat ek met vervalste nommerplate rondry op die snelweg? My nuwe nommerplaat stem ooreen met die van die Burgermeester se ampsmotor. Sover word ek “Professor” of “U Edele” genoem in hulle terugvoer, maar steeds kry ek geen rekening of uitstaande balans nie. Daar is ook ‘n magdom vorms om in te vul, maar ek het nou regtig nie tyd om te mors met die invul daarvan nie. Ek stuur maar e-posse,… Lees meer »

Ahooy

Alle mense wat tans wel E tol betaal kan dus nou maar ophou om te betaal.
Na n jaar en n half is daar steeds geen uitklaring oor die kwessie nie.
Sanral moet nou maar n paar mense aanskryf en voor die hof daag om die geldigheid te toets.
Waarvoor wag hulle??? WAT IS FOUT MET ONS REGSTELSEL??? Is daar geen een wat kan uitsluitsel gee nie?? Stap een: Hof toe – beslissing . Stap twee: Hoëgeregshof toe – ander beslissing. Stap drie ; konstitunele hof toe( na ses jaar) Nog n ander beslissing.
BELAGLIK!!!!!!!