‘Enigiemand, behalwe wit mense’ – landdroskommissie

Richard Lawrence. (Foto: judgesmatter.co.za)

Die hooggeregshof in Bloemfontein het die kortlys-verrigtinge van die landdroskommissie vir vakante poste in die Vrystaat ter syde gestel.

Volgens die Helen Suzman-stigting, wat as vriend van die hof in die saak opgetree het, het die hof bevind die kommissie het wetgewing, bepalings, sy eie kortlysproses én die regte van wit mense om minstens tydens die proses oorweeg te word, heeltemal verontagsaam.

Die stigting het gesê uitspraak is verlede Dinsdag gelewer.

Die aansoek is ingedien deur Richard Lawrence, die waarnemende landdros en kantoorhoof op Petrusburg. Hy het aansoek gedoen om ʼn permanente aanstelling, maar die landdrostekommissie het hom vir die pos oor die hoof gesien.

“Dit was duidelik uit die rekords van die private beraadslaging van die landdroskommissie dat ras die deurslaggewende faktor tydens die kortlysproses was. Die rekord het, in besonder, verstommende stellings soos ‘alles wat jy nodig het, solank dit nie wit is nie’, deur die voorsitter van die landdroskommissie, geopenbaar,” het die stigting gesê.

Die kommissie het sy besluit – om nié wit kandidate te oorweeg nie – probeer regverdig deur te steun op sekere bepalings van die Grondwet wat vereis dat oorweging in regterlike aanstellings ook die breë ras- en geslagsamestelling van Suid-Afrika moet weerspieël.

Die Helen Suzman-stigting het aangevoer art. 174 (2) van die Grondwet moet oorweeg word, maar ook saam met alle ander relevante faktore in ag geneem word wanneer ʼn besluit gemaak word. Die stigting het aangevoer dit kan nie die bepalende faktor wees nie, omdat dié interpretasie die reg ondermyn. Die stigting het ander faktore uitgewys wat in ag geneem kan word.

Waarnemende adjunkregterpresident Johann Daffue, in ooreenstemming met regter Pitso Molitsoane, het bevind die landdroskommissie het nie ʼn kworum gehad toe dit byeengekom het om die kortlys saam te stel nie, wat die verrigtinge ongrondwetlik, onregmatig en ongeldig maak.

“Wat betref die landdroskommissie se interpretasie en toepassing van art. 174(2) het die hof bevind die kommissie het wetgewing, bepalings, sy eie kortlysproses en die regte van wit mense om minstens vir die kortlys oorweeg te word, heeltemal verontagsaam. Die hof het gevolglik die aanstelling van landdroste deur die minister van justisie in dié verband, ter syde gestel,” het die stigting gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Haarmald ·

Swart Ekonomiese Bemagtiging is ekwivalent aan sabotasie.

James ·

Ons is net nie welkom hier nie. Hoekom wil hulle nie vir ons se waar ons maak koop, loop, mag sit en nie mag sit nie. Hierdie is dieselfte.

Koos le Rouxn ·

Wat is so snaaks daaromtrent? BEE word al dekades toegepas. Die dwaasheid daarvan is al oor en oor uitgewys. Naakte rassisme.

PROPPIE ·

Dis hoekom dit so gaan in ons land. Wand daar mag mos nie wittes wees nie sterkte

Wepner Viljoen ·

Jip, doen jul huiswerk, wit mense moet ‘minstens’ oorweeg word!

marous ·

Geen eerbare witmens wil deel wees van hierdie mislukte riool plaas nie .

JohanR ·

Gaan dit nog ‘n kommisie wees met net swart mense? Hoeveel van soortgelyke kommisies het al sedert 1994 gevaal? Jy het Suid Afrikaners van alle agtergronde, en alle vel klere nodig, om hierdie kommisies reg te balanseer…..jammer!

Penellope Jones ·

Dis nie eintlik meer snaaks nie – dis sinomiem met die ANC.

Annette ·

Gaan dit ooit end kry? Blatante rassisme en onregverdigheid en so verval die een ding na die ander.

Elbie ·

BEE = Suksesvolle en winsgewende Eskom, SAA, SABC, Transnet, Denel, munisipaliteite en ‘n hele swetterjoel ander instansies. Veels geluk ANC, julle het aan die hele wereld bewys hoe goed jul verspotte ideologie nie werk nie.

André André ·

Onder apartheid kon die mense in hul eie gebiede/tuislande maak wat hulle wil, skoolgaan, universiteit toe, ‘n besigheid opsit, boer, jy noem dit, en waar staan die wit mense vandag?

Loeis ·

Nou moet die hof net ook gevra word om te bevind dat die lede van gemelde kommissie nie geskik is om op daardie kommissie te dien nie, en deur bekwame persone vervang word. Ongeag van ras.

Anoniem ·

Ons eie regbank is rasisties en diskrimineer en jy kry nog steeds mense wat skree bring die doodstraf terug…

Christa ·

Wys net weer Wie en hoe rassisties is die regering. Sodra witmense hulle uitsluit bars n BOM maar hulle mag alles doen

Mawê ·

Weet jul wat as ek so kyk na al d komentare op mm is ons ma net n 21 of n 47 of n 138 ens! Wat ek wil se ons probeer n berg klim wat ons nie beskore is nie! So wat nou gemaak??

Pieter ·

Maar ons belasting geld is goed genoeg ons blankes moet maak soos die mense van hong kong ons praat te veel en doen te min dit is ons probleem

koos harmse ·

in die land van die blindes is eenoog koning en in die land van die dowes is die doofste ou die voorsanger en in die land van kreupeles i s die kreupelste ou die ou wat vinnigste kan hardloop .

ChrisE ·

Ons landjie het nou soos snoeker geword. Die wit bal doen al die werk en die swart bal tel die meeste punte.

Ja-Ne ·

@ChrisE Dis die beste uitdrukking oor SA vandag wat ek nog ooit teegekom het en soms alles baie mooi op in 1 sin. Volpunte.

Bobby ·

Ek as n 45 jaarige wit man werk al 26 jaar vir myself op my eie modus operandi. Dis nie altyd maklik nie maar ons het n dak oor ons koppe en ons eet Dankie.

Reverse rasisme ·

En dís hoekom land uitmekaar val. Eskom, SAL, poskantoor, gesondheidstelsel, polisie. Kan hulle nie 1en 1 bymekaar sit.
Kan iemand asb die woord reverse rassisme in die H.A.T sit, want dis n realiteit

Johann ·

Hierdie gebruik het net na 1994 posgevat, witmense is uit al wat bestuurspos op alle vlakke van ons samelewing gedwing. Die gevolg is nou geskiednis alles val plat, onbevoegdheid, oneerlikheid, korrupsie, staatskaping en ekonomiese plundering het allerdaags geword. ‘n Totale ineenploffing van alle staatsentiteite het ons land tot algehele rommelstatus gestuur. Die einde is vir hierdie eens vooruitstrewende land nou ‘n voldwonge feit. Gelukkig is dit nou nie meer iets wat voor die witmens se deur gelê kan word nie.

jakes ·

Dan wonder mense hoekom die geloofwaardigheid van die regbank onder verdenking is? Doen n bietjie navorsing en kyk hoeveel landdroste die afgelope 2 jaar hulself skuldig gemaak het aan erge wangedrag soos bv korrupsie, omkopery en bedrog. Dit is feite wat in die media gepubliseer is.

Ai ·

Hulle soek net swartes in die howe sodat wittes wat aangekla word skuldig bevind kan word, dis al waaroor dit gaan. Ons howe is net so rasisties soos ons Regering, en als waaraan hulle vat val uitmekaar uit!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.