‘Enigste weg uit krisis is uitmuntende onderwys’

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

ʼn Nuwe benadering moet gevolg word om kundigheid te ontwikkel en die pad na ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika te ontsluit aangesien die ANC-regering tot nou toe net gemaai het, maar nie gesaai het nie.

Só sê Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en parlementere woordvoerder.

Hy meen Suid-Afrika se ekonomie is voor ʼn kruispad waar die een rigting lei na ʼn groeiende ekonomie en sosiale kohesie, terwyl die ander rigting, waarop die regering tans is, die pad van wanhoop en verval is.

Hy sê verder die ANC het vir 23 jaar bloot ʼn herverdelende ekonomiese plan gehad wat nie volhoubaar was nie aangesien daar geen ontwikkeling plaasgevind het nie. Die land staan voor ʼn fiskale afgrond terwyl die stroping van sy bates net voortgaan.

“Die enigste weg uit hierdie krisis is om ekonomiese groei voorop te stel. Die voorvereiste daarvoor is uitmuntende basiese en hoër onderwys. Dit is bewys deur talle state met stygende inkomste-vlakke, soos Suid-Korea, Taiwan en Australië.”

Alberts meen ongelukkig is die ANC se antwoord op ons krisis om meer van dieselfde ekonomiese kwaksalwery toe te pas: Herverdeling totdat daar later net armoede oor is om te herverdeel.

“Die sogenaamde gelykheid in Zimbabwe is ʼn goeie voorbeeld: Almal in die land is ewe arm en honger terwyl die regerende elite in weelde leef. Dit is Suid-Afrika se voorland as ons nie wegstuur van herverdeling en onteiening sonder vergoeding na ekonomiese groei en welvaart nie. Tot nou toe kan die ANC nie die rampspoed insien waarop hy afstuur nie. “

Hy sê Suid-Afrika het wel ʼn kans om die Zimbabwe-scenario te vermy. “Ten eerste sal sy jeug wêreldgehalte onderwys moet kry. Aanstellings moet op meriete geskied en nie volgens ras nie. Ons moet ons met meriete staal vir die vierde en vyfde industriële rewolusies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Die enigste ding wat Suid Korea, Taiwan en Australië het wat nie in Afrika is nie, is potensiaal. En dit kan jy nie êrens gaan koop nie………..Jy het dit, of jy het dit nie. En daarsonder doen jy die “her-verdeling” ding tot daar niks oor is nie, en gaan staan bak-hand by Korea, Taiwan en Australië ….terwyl jy hulle vervloek omdat hulle presteer. Dis Afrika….

Stem saam ·

Ja, dalk as mense weer op meriete aangestel word en nie op ras nie, sal dit ook beter gaan in die skool klasse. Dalk, dalk, sal studente dan besef, as hulle nie werk en presteer nie, gaan hulle nie meer, soos tans, wel van ‘n lekker hoë pos en vet salaris verseker wees nie. Ek en my vrou het besluit op geen kinders, agv die land se huidige toestand en toekoms vooruitsig.

Stem nie saam met "Stem saam" ·

Hoekom moet ons wat slim is in die greep van politiekery doodgewurg word? Doen jou eie ding! Daarom het ek en my man besluit om so veel kinders te kry as wat God ons gee. Ons werk sonder vreemde arbeid en ons doen tuisonderwys. Ons leer ons kinders om self te werk. Uiteindelik gaan ons eie innoverende denkwyse seevier en dan moet ons genoeg wees om dit te geniet. En wanneer ons oud is (gemiddelde ouderdom is steeds besig om te styg) moet ons eie mense ons versorg. Ons skep hoop vir die toekoms!

JoeV ·

Die ANC kan nie bekostig om die gemidelde kieser ‘n goeie onderig te gee nie, Geen geleerde persoon sal vir die ANC stem nie, Die doel is spesifiek om die populasie ongeleerd te laat om die afhanklikheid van die regering te verseker, Eers later wanneer almal onder die kommunistiese leierskap inval, kan hulle begin opvoed want dan is die kultuur van afhanklikheid van die staat geskep.
Indien daar nou geleerdheid aangebied word, is die kans groot dat die ANC sy bewind sal verloor, so die rigting waarin ons tans gaan val reg in die plan van die ANC.

Hanna ·

Joe V jy slaan die spyker op die kop! Dis absoluut my siening ook! As die stemvee goeie geleerdheid gaan kry, is dit neusie verby vir die ANC. Hou die stemvee afhanklik van die staat. Dit werk al vir 24 jaar!

Joh. 3:16 ·

Onderwys en opvoeding is beslus die kritieke spul waaroor dit gaan. Die probleem is dat die regering self dit af reek. As ‘n volk nie oor homself regeer nie, het hy alle mag verloor. Die verlies aan mag is ook verlies aan beheer oor jou eie kinders se onderwys.

Dawid ·

Ons as al besig met 400 jaar se onderwys . Daar is geen salf te smeer nie

Klip-in-die-bos ·

Onderwys moet ook nie net maar nog ‘n werk wees nie. Onderwysers moet ‘n passie vir die beroep hê. Ek glo absoluut dat dit ‘n beroep is waarvoor jy geroep moet wees om werklik ‘n verskil te wil maak in ‘n kind se lewe.

Disselboom ·

Die waarde van onderwys is vanselfsprekend. Die feit dat 99% van die Suid-Afrikaanse bevolking se kinders in ‘n staats-afgedwingde voorskriftelike bevraagtekende onderwys sit en bly sit wat nie vir differensiasie (onderskeid vir verskillende vlakke van vermoë om opgelei te word) voorsiening maak nie, maak die oproep vir uitmuntende onderwys ‘n blote stukkie retoriek. En solank Afrikaners aanhou dink net omdat jou skool Afrikaans is, is dit uitmuntend, maar die skool bied die regering se kurrikulum en voorskrifte aan, is selfbedrog met geen toekoms nie. Maar nou ja, ons was so gewoond aan dekades van goeie staatsonderwys, dat ons nou nog dink onderwys is ‘n staatsfunksie, en solank die staat jou akkrediteer, is alles in orde. As die VF+ die stryd vir eie onderwys buite staatsvoorskriftelikheid vanuit ANC sosialisme wil aanknoop, dan gesels Disselboom graag saam.

Reinhardt ·

Jong, dis amper asof hierdie stelling voor die hand liggend is. Ek dink almal weet dit, ANC inkluis. Dus is daar vir seker n geheime agenda, die ANC hou sy stemmers onopgevoed. Dit weet ons al lankal.

Casper Labuschagne ·

Uitmuntende onderwys is inderdaad die begin wat lê heel aan die begin van werklike oplossings. Maar, maar, maar…

Uitmuntende onderwys kom slegs voor in meeste privaatskole, meeste van die vorige model-c staatskole alhoewel die regering absoluut ten doel het om dit in die naam van gelykheid (wat bloot gelykstelling met die meerderheid beteken) te verongeluk en ook in enkele klaskamers en net in enkele van die res van die staatskole. En ek aanvaar ook uitmuntende onderwys kom voor by die meerderheid van tuisonderrig, alhoewel ek nie eerstehandse statistiek hieroor het nie.

Teenoor uitmuntende onderwys staan die agenda van ‘n progressiewe linkse leerplan, die gelykstelling van alle leerders, die idee dat uitmuntende onderwys eerstens elitisties is, die model van reuse klasse in staatskole, die aanslag op die voormalige model C skole, die aanslag op Afrikaanse skole, die Nehawu vakbond, die toenemende swakker uitkoms van tersiêre opleiding wat swakker leerkragte beteken, die dekolonisasie van onderwys wat ‘n werklikheid geword het, die gebrek aan hulpbronne, die verkwisting van die begroting vir onderwys, die gebrek aan steun van ouers asook die feit dat ouers so min betrokke is by skole dat daar by 79 skole geen sanitasie bestaan nie en by ander skole ‘n leerder in ‘n putlatrine verdrink.

Doen dit self en jy kan wel uitmuntende onderwys vermag, so nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.