Enkele gil, toe klap skoot wat lewe eis

Riaan Barnard (52).

ʼn Vrou van Germiston is platgeslaan nadat twee gewapende rowers haar lewensmaat gisteraand in ʼn huisrooftog oënskynlik summier doodgeskiet het.

Riaan Barnard (52), ʼn IT-werker, het Dinsdag omstreeks 21:00 op die stoep gesit en rook toe twee rowers hom daar oorval het, het Christa Jacobs, sy skoonma, gesê. Haar dogter, Esmé Swanepoel (49), was in die huis toe die rowers toegeslaan het.

“Esmé was in die kamer. Ons weet nie wat presies gebeur het nie, maar Esmé het gehoor hoe skreeu hy [Riaan] ‘néé’ en toe hoor sy ʼn skoot.”

Die twee mans is die huis binne waar hulle Swanepoel gedreig en haar selfoon en ʼn televisiestel geëis het. Hulle het met dié toestelle, asook ʼn tablet wat Barnard buite op die stoep by hom gehad het, oor ʼn muur gevlug.

Swanepoel het op ʼn swaar gewonde Barnard buite die huis afgekom. Hy is in die buik getref. Daar is op die toneel met noodhulp begin, waarna Barnard inderhaas na die Unie-hospitaal in Alberton geneem is. Hy is vanoggend kort ná 01:00 dood nadat die koeël enorme inwendige skade aangerig het.

Swanepoel is nie tydens die aanval beseer nie. “Sy is stukkend, ja. Maar ons is oukei,” het Jacobs gesê.

Barnard en Swanepoel, ʼn rekenmeester, was nagenoeg tien jaar saam. Barnard het ook twee volwasse kinders uit ʼn vorige verhouding. Hulle was by hulle pa in die hospitaal kort voor sy dood.

Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum, veiligheidsmaatskappye en die polisie was kort ná die voorval op die toneel, maar daar was geen spoor van die verdagtes nie.

“ʼn Tablet, ʼn selfoon en ʼn televisiestel. En ʼn lewe. Dís wat hulle gevat het.

“My kind is stukkend. Dit is vir my só hartseer dat ʼn lewe so min werd is,” het Jacobs gesê.

Hulle het vanoggend Barnard se liggaam gaan uitken. “Dit was nie ʼn mooi gesig nie. Ons is moeg, ons het heelnag lank nie ʼn oog toegemaak nie,” het Jacobs gesê.

“Hy was ʼn stillerige man, ʼn goeie mens en hy was baie goed vir my kind.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Botterblom ·

Deel van ons elke dag se nuus… niks nuut nie… As mens net ‘n antwoord kon kry wat om te doen. Ons staan magteloos eenkant, lees hartseer berigte, was self al deel van rowers en ook al vele kere beroof. Jy klim uit jou kar by die huis en probeer om jou kyk. Jy sien iemand verby loop wat loer in jou rigting en probeer die deur vinniger oopsluit en sluit agter jou toe. Mens voel onveilig en bang. Wil nie alleen buite plante natmaak of sit en boek lees nie. Die rowers is gevoelloos en sommer kommer of vrees. Hulle speelveld is oop, jy woon in ‘n tronk.

Vanessa Barnard ·

Dit is waar. Ons lewe soos tronkvoels en steeds sal hulle n onskuldige lewe neem net vir simpel aardse goed. Die familie aan albei kante is gebreek.

Poplap ·

Toe n paar vrouens aangeval is op n plaas terwyl di mans op n jagtog was,het di speurders en polisie gesê dis n goeie ding dat di mans ni daar was nie. Boewe se modus operandi is om di mans sumier dood te skiet of dood te maak. Al sit hulle hul nie teë nie. Die wit mans moet uitgemoor word. Dan is dit net di weerlose vrouens en kinders wat oorbly.

Net nog iets. Eks moeg om te hoor dat die mense,en veral boere di werkers swak behandel en dis die rede hoekom hulle vermoor word.

Cherokee ·

Botterblom, dit komkommer my dat julle ook al deel was van rowers!
Maar wat jy sê is absoluut waar en dit is nie paranoia nie.

Thinus ·

En dan wil hulle ons wapens wegvat sodat hierdie moordenaars geen teenstand kan he nie? Nie ‘n manier nie en aan die mense wat hul wapens ingehandig het moet maar sterk staan, want julle het oorgegee.

Nuus ·

Waarom haal hierdie tipe nuus wat nou alledaags voorkom nie die sauk nuus nie, maar ‘n persoon iewers oorsee wat sy toon gestamp het wel?

Ronel ·

VRA JY? EK WIL OOK WEET. EK SIEN HULLE HET N STRATEGIE.. DINK ONS US DOM?

Amnesty ·

Geagte Mnr Cele, so bly om te sien hierdie makkers het hulle wapens kom inhandig. Myne sal jy nie sien nie.

carisma harmzen ·

Al wat ek gaan se is mense moet oppas hoe hulle ander behandel en wat hulle vir ander se want die wiel kan draai en dan kan jy in dieselfde situasie sit waar iemand anders gesit het en jy geen simpatie vir daai persoon gehad het nie. Sterkte aan sy seun. Om n pa te verloor is nooit maklik nie.

toy ·

Hoekom het hulle nie net die items gevat en hom gelos nie. Dit is bitter hartseer, hoe kan hulle gelukkig wees met iemand anders se besittings en hom ook nog vermoor het vir dit.

Dot van der Watt ·

Daar gaan n dag kom wat my Vader en Skepper gaan se dit is genoeg die maatemmer is vol DAN gaan ons nie meer wegharloop huil gebreek wees nie ons gaan toekyk hoe Vader self regverdigheid gaan laat geskiet. Ek glo daar wag vir ons n tyd wat ons gaan sien watter groot Koning Presedent Geneesheer noem Hom die ALLERHOOGSTE wat ons dien. Hierdie oorlog is Vader se oorlog dit gaan wreed wees dit glo ek. Dit is nog net n klein rukkie

JohanR ·

Nou ja die mense is wit, maar egte Suid Afrikaners nogtans. Wat dit maar aan dat Cyril nie sal verskein om met hulle rou te betuig nie?

Elmien ·

Dis regtig verskriklik hartseer!! Innige simpatie aan familie… ❤️

Woef ·

Hierdie is die nuwe manier om mense dood te maak omdat plaas aanvalle soveel aandag gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.