Enkele seksklagtes teen modelbaas laat vaar

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelagentskapbaas wat tereg staan op verskeie seksuele aanklagte, het Woensdag die regter versoek om die aanklagte teen hom te laat vaar.

De Villiers het weer in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer verkragting, die besit van kinderpornografie, seksuele aanranding, intimidasie en bedrog.

Jacques Pienaar, De Villiers se regsverteenwoordiger, het namens sy kliënt die hof versoek om die aanklagte teen hom terug te trek aangesien hy beweer daar is geen bewyse teen hom nie. Regter Cassim Moosa wou egter nie die aansoek toestaan nie.

Arveena Persad, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê dat sy saamstem dat sommige van die aanklagte laat vaar kan word. Sy het egter van die ernstige aanklagte gelys wat sy meen nie teruggetrek kan word nie.

Moosa het ingestem om die aanklagte van onbehoorlike aanranding, crimen injuria, bevriending met seksuele oogmerke, seksuele aanranding en bedrog teen De Villiers te laat vaar, hoofsaaklik omdat getuies nie getuig het nie. De Villiers moet egter steeds tereg staan op die oorblywende aanklagte.

Persad het aan die hof gesê een van die getuies het aangevoer dat sy ʼn maagd was tot sy De Villiers ontmoet het en dat haar getuienis nie net uitgegooi kan word nie. Sy het ook die hof herinner aan die getuienis van ʼn seun wat getuig het dat hy kaal meisies in De Villiers se huis gesien het. Die seun het ook getuig dat hy gesien het hoe De Villiers foto’s van die meisies neem en dan met sommige seks gehad het.

Die saak is uitgestel tot Vrydag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Uncle Buck ·

Ek wonder net wat sou die ou gedoen het as ‘n ander ou dit aan sy dogtertjie moes gedoen het. Sy reaksie sou nogal interresant gewees het om te aanskou

ANDRE ·

Dit is om van naar te word , dit is “scary” om te sien hoeveel mense se koppe raas soos n blik geroeste skroewe !

CHRISTA ·

DIT gebeur al meer vandat pornografie gewettig is. Die pornografiese tydskrifte en DVD’s sweep die mans op. Waar dink julle gaan hulle daarvan ontslae raak? Pornografie moet weer eens verban word soos voorheen!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.