Enkele verkiesingsvoorvalle reeds aangemeld

Die polisie is op ‘n gereedheidsgrondslag om te verseker die verkiesing verloop vry en regverdig. (Foto: SA Polisie)

Terwyl enkele verkiesingsverwante voorvalle reeds aangemeld is, sê die polisie hy is gereed om Maandag ʼn fyn oog te hou om te verseker die plaaslike verkiesing verloop vlot.

Betogings is in sommige gebiede aangemeld en voorvalle van stempunte wat deur ontevrede kiesers toegesluit is, is reeds aangemeld.

Die minister van polisie, Bheki Cele, was Sondagaand in KwaZulu-Natal om die polisie se gereedheid na te gaan en was ʼn dag tevore in Mpumalanga om dieselfde te doen. Daar is veral gekyk na gebiede wat as moontlike brandpunte geïdentifiseer is.

KwaZulu-Natal het 4 006 stempunte en 128 hiervan is in die hoërisikokategorie geplaas. Die minister sê hy is tevrede dat maatreëls ingestel is om die veiligheid van kiesers, amptenare van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) en die publiek te verseker.

“Bykomende polisiebeamptes is voor die verkiesing in die gebied ontplooi. Wetstoepassingsowerhede sal ook nou saam met die weermag werk om ons magte te versterk.

“Die provinsies het omvattende planne saamgestel, gerig deur intelligensiegedrewe ontleding, en dit gee my die vertroue dat die planne sal beteken kiesers kan hul stemme vrylik uitbring, met min tot geen ontwrigting nie,” sê Cele.

Die vier provinsies – dit sluit ook die Oos- en Wes-Kaap in – wat vroeër as prioriteitsgebiede geïdentifiseer is, is volgens Cele onder “slot en grendel”.

In gebiede waar OVK-amptenare weens veiligheidskommer of dreigemente van inwoners nie hul werk kan doen nie, is polisiebeamptes opgelei. Hulle sal op ʼn gereedheidsgrondslag wees om sake by die stempunte oor te neem, indien nodig.

“Dit is reeds die geval in die Ugu-distrik in KwaZulu-Natal, waar verkiesingsverwante geweld uitgebreek en ʼn polisiebeampte by Mistake Farm in die been gewond is.”

Cele sê al fokus die polisie in hierdie stadium daarop om die stemproses te beveilig, sal ander misdade nie oorgesien word nie.

Die verhoogde ontplooiing sal geld tot ná 4 November, wanneer die uitslae na verwagting bekend gemaak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Lourens CFG ·

Sarel, ons het so pas gestem, jy doen dit nie so dat hul kyk wie of wat jy stem nie. Hulle is daar om toe te sien dat jy nie gepla word om te kan stem nie.
So, doen die ding en gaan maak jou kruisie, SAP sal toesien dat jy veilig is terwyl jy dit doen.
Geseënde dag.

Willem ·

Alle verkiesings in SA geskied nog al die jare onder polisiebewaking.

Harley Davidson ·

Ek raak bang as ek polisie en intelegensie in een sin sien want nie een bestaan nie.

Nie Verbaas ·

Hoe kan Cele veiligheids maatreëls nagaan as hy geen idee van polisiëring het nie?

Andréas ·

Asseblief mense, jul moet gaan stem?
Motiveer dié in jou gesin, familie en vriendekring. Daarom is dit ‘n vakansiedag. Dis in werklikheid jou plig en word nodig geag ten einde jou mening vir ‘n beter toekoms nie net te lug, maar werklik te kan maak. Hiér tel die gesegde, “Die Pen is beter as die Swaard”

Stem jy nie…
Dis Draad sit. Jou kommentaar en mening oor ons land en sy mense sal absoluut geen grondige waarde hê. Net lug in ‘n oop en leë blik.
Verraad teen jouself en dié naaste aan jou.
Sonder rugraat…

Chrisp ·

Waarnemer
Presiese woorde van die ou Nationale party (was een van hul beloftes op hul plakkate) gaan ook dieselfde gevolge dra….

JohanR ·

My sister stem nie maar as die ligte afgaan, en die water loop straat af is sy die eerste een om die raadslid te bel!

Buck ·

Die wat so aangaan en stem punte toemaak speel gelukkig teen hulself. Dan is daar mos net een uitkoms: Verloor! so ek sit maar terug en kyk die game

Landras ·

Hoe kan jy bid vir verandering as jy nie stem nie ? Dis netsowel jy bid vir werk , maar jy doen nie aansoek nie .

Shakespeare ·

Hoe gaan by verre die meeste SAP ” ‘n fyn oog hou” as hulle sienende blind is. Vra maar net.

Dries ·

God gee vir ons son, wind, reën en grond en saad om te plant . MAAR Hy plant dit nie. Ons moet dit self doen. GAAN STEM ASB

Adriaan ·

cele is soos n drom wat by trappe afrol. Hoe leer die drom is, hoe meer lawaai dit.

Mariana ·

As jy nie gaan stem nie, moet jy ook nie jou opinie lug of kerm oor enigiets wat in jou dorp verkeerd is nie. Hierdie is jou kans om jou stem te laat hoor oor jou griewe, gaan stem

Waarnemer ·

Sorg net dat jy vir die DA stem,dan hoef jy nie rede te he om jou stem te verhef nie.

Waarnemer ·

En Cele het al 128 stempunte Sondag in KZN besoek….twak storie.

Pietertjie ·

Dit klink eerder of daar al hope voorvalle aangemeld is: stemlokale wat laat open, of gladnie, of daar is nie genoeg stempumte nie, of die stelsel is van lyn af. Dit lyk ook of hierdie voorvalle meerendeels by NIE-ANC beheerde wyke voorkom. ‘n Slim plan van die ANC?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.