Enkelmedium Afrikaanse skole al minder

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. (Foto: ANA)

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het in antwoord op ʼn parlementere vraag gesê daar is meer as 2 200 skole landwyd waarin onderwys deur Afrikaans as medium verskaf word. Omtrent die helfte hiervan is enkelmedium Afrikaanse skole en die res is parallelmediumskole waarin klasse in sowel Afrikaans as Engels aangebied word.

Dit beteken daar is in totaal 1 126 staatskole wat onderrig deur Afrikaans enkelmedium verskaf en 1 112 skole wat Afrikaans/Engels-parallelmedium is. Volgens syfers van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) was daar in 2018 1 318 enkelmedium Afrikaanse skole en 1 037 parallel- en dubbelmedium Afrikaanse skole in Suid-Afrika. Die aantal enkelmedium skole het dus afgeneem en die aantal parallelmedium skole het toegeneem.

Hierdie getal sluit nie private skole in nie.

Die meeste enkelmedium Afrikaanse skole is in die Wes-Kaap geleë (566), gevolg deur die Noord-Kaap (158), die Oos-Kaap (149), Gauteng (113), die Vrystaat (56), Noordwes (44), Mpumalanga (18) en Limpopo (15). KwaZulu-Natal het net sewe Afrikaanse skole.

melanie-buys-sos-skoleondersteuningsentrum

Melanie Buys, SOS se hoof van Ontwikkeling, sê navorsing het bewys skole floreer waar gemeenskappe by die skole betrokke is. Foto: Verskaf.

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die SOS, sê skole is nie minder omdat daar minder Afrikaanssprekende kinders is nie. “Dit is eerder weens politieke druk, veral in Gauteng, dat Afrikaanse skole dikwels noodgedwonge Engelssprekende kinders inneem.” Volgens die AON se syfers was daar verlede jaar 137 enkelmedium Afrikaanse skole in Gauteng.

“Omdat die gehalte van onderrig by Afrikaanse skole so uitnemend is, wil baie Engelssprekende ouers ook graag hul kinders in hierdie skole plaas,” sê Buys.

Volgens Buys is dit jammer dat die aantal parallelmedium skole toeneem, ten koste van enkelmedium skole, aangesien die risiko groot is dat dié skole later heeltemal verengels. “Dit is moeiliker en duurder om parallelmedium skole te onderhou, omdat jy meer klaskamers en onderwysers nodig het. Meeste kinders verstaan Engels, daarom skakel parallelmedium skole dikwels oor na Engels as medium,” sê Buys.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Hans ·

Die idee van gelykheid is lankal net “Mandela-effek”!
Ons leef weer in Engelse kolonie.

Daan ·

Form dit nie deel van CR se ” boil them like frogs” toespraak nie?

sweis ·

Dit is nog n rede hoekom ons n tuisland moet kry waar kinders in hulle moedertaal onderig kan word,as lezufi sy sin kry sal daar oor n paar jaar indien so lank geen afrikaanse skole wees nie.

PJC ·

Sweis ek stem 100% saam met jou. Ongelukkig is daar ń groot persentasie Afrikaners vir wie selfbeskikking om een of ander onverlklaarbare rede erger as die dood is.

Trots Afrikaans ·

PJC, daardie Afrikaners het natuurlik die volste reg om hul “opsie een” uit te voer en, sou hulle dit so verkies, mag hulle mos maar eerder dood gaan……… lol

Daar sal ‘n tyd kom wat almal sal moet kies of hulle binne of buite die “laer” wil wees.

Dolf ·

Afstigting is die enigste langtermyn oplossing. Indien nie, sal Afrikaners oor 20 jaar in elk geval bywoners wees, meestal oud en sonder geld. Dan is hulle geen bedreiging vir die ANC nie. Waar? Daar is genoeg opsies in die suide en weste van die land. Bruinmense en ander minderhede daar deel dieselfde sentiment. Die noorde van die land is oorbevolk en afgeleef en bied geen toekoms nie.

Repsak ·

Dolf: Waar is jou beoogde tuisland? Waar in die Suid of Weste? Noem my dan ‘n distrik of distrikte.

Dolf ·

Repsak, dis nie my “tuisland” nie. Daar is reeds ‘n hele paar inisiatiewe aan die werk. Gaan besoek gerus die Verenigde Vryheidsalliansie se webtuiste om mee te begin. Dis ‘n inisiatief wat oorspronklik deur bruinmense geloods is om minderhede polities in die suide en weste te bemagtig deur middel van ‘n konfederasie. Ek steun hulle 100%. Hulle steun is nog beperk en meer kan bereik word met behoorlik bemarking en skarebefondsing. Front Nasionaal is ‘n ander een, maar is meer op blankes gerig en net ‘n groter weergawe van Orania. My ideaal is ‘n streek in die onontwikkelde en ylbewonend gebiede aan die weskus waar minderheidsgemeenskappe kan vestig en ‘n federasie tot stand bring. Daar word voorsiening gemaak vir alle skakerings en lewensbeskouings. Toegegee, dit sal harde werk en geld vereis, want daar sal ‘n ekonomie van die grond af opgebou moet word. Sukses gebeur nie vanself nie, maar danksy tegnologie is dit onnodig om die wiel te herontwerp. Maar wat is die alternatief? Om jaar in en jaar uit te kla oor die ANC, Afrikaans, diskriminasie, BEE, Steve, sportkwotas en emigrasie is nie volhoubaar nie. Mense begin reeds moed verloor. Nog ‘n jaar en ek is ook moedeloos en ‘n potensiële emigrant. Sweis hierbo het ook al goeie voorstelle genoem.

Kobus ·

Om te werk vir afstigting is dalk ‘n goeie idee. Solidariteit het sopas hul saak teen die staat se regstellende aksie beleid in die Arbeidshof verloor. Die deure vir wittes word een na die ander toegemaak. Van Solidariteit se selfbestuur plan sal ook dadels kom. Afrikaners is nou kanonvoer en pionne in sinnelose hofsake.

Kolonie ·

Die statistiek in hierdie berig bevestig dat Afrikaans gedy in die Wes-Kaap. Dit is vir my, as Wes-Kapenaar en lid van Solidariteit/Afriforum, dus ‘n bron van frustrasie dat so baie van die Solidariteitbeweging se aksies op die noorde van die land gemik is. Akademia en Soltech kampusse word byvoorbeeld in die noorde beplan. Ek glo dat hierdie inisiatiewe veel meer vrugte sal afwerp as dit (ook) in die Wes-Kaap geloods word. Hier is vrugbare grond wat ontgin kan word sonder die anti-Afrikaanse politieke sentimente wat in die noorde aan die orde is.

GJ ·

Stem saam Kolonie. Wens ook hulle word wakker en konsentreer in wes kaap. Reis baie rond en meeste provinsies lyk of die eindtyd baie naby is. Keer liewer verval van wes kaap waar daar nog hoop is

Neels ·

Ek stem saam. Daar is geen toekoms in die noorde nie. Bou liewer die suide uit. Dit is dalk tyd vir ‘n soortgelyke organisasie in die Wes-Kaap om met soortgelyke inisiatiewe te begin, gerig op uitdagings in die streek. Waarom moet die ANC gebiede uitgebou word?

Petrus ·

Neels, wat jy sê maak sin. Al die ontwikkelings in die noorde versterk net die ANC se posisie. Hulle gaan tog al die krediet opeis vir die ontwikkelings danksy die vetroue wat beleggers kwansys in hulle het. Dis tyd om uit die boks te dink.

Judge Dredd ·

Nee – dis tyd dat julle Suidelinge saam suffer met ons Noordelinge – Wes Kaapse mense wou mos niks hoor van die boerestate terugbring.

Wingman ·

Ons Suidelinge was nooit deel van die boerestate nie. Julle het dit self opgevoeter en nou word ons beskudig vir die gemors.

aj ·

Tuisonderrig d.m.v. internet, radio en selfone in Afrikaans!

Kennis is nie meer beperk tot tussen die baksteenmure van die klaskamer nie …. KENNIS IS IN DIE WOLK!

Saint ·

Melanie Buys druk die vinger vierkantig op die sweer.
“Dit is eerder weens politieke druk, veral in Gauteng, dat Afrikaanse skole dikwels noodwendig Engelsprekendes (moet) inneem.
Dit in plaas daarvan om toe te sien dat genoeg skole gebou word sodat kwaliteit moedertaalonderrig aan kinders veskaf kan word.
Iewers doen iemand nie sy mandaatlike plig nie.

Henk Ackermann ·

Ek is vanuit die noorde en dit naak heeltemal sin wat jy sê . Dalk moet hille begin by n Soltech .

Trots Afrikaans ·

Burgers,
Kom ons keur trots terug na suiwer Afrikaans. As Afrikaners deesdae met my praat is ek nooit seker of hulle Afrikaans of Engels praat nie so meng hulle hul tale.

My taal, my erns.

Thelma ·

Trots Afrikaans ek stem volkome met jou saam. Ons wil baklei vir ‘n taal wat ons onself nie eens behoorlik respekteer deur dit suiwer te praat nie, altyd “slang”. Ek word baie grootoog aangekyk as ek suiwer afrikaans praat.

Dan stem ek ook saam met die bou van skole, as al die skole nou engels is, gaan daar steeds ‘n tekort wees want die nasie groei maar die nuwe skole nie.

sweis ·

Die vraag moet wees hoeveel skole in die sogenaamde townships wat leeg staan omrede die regering mense subsidieer om kinders kilometers aan te ry na afrikaanse skole.

Corrien ·

Wat as die Afrikaans sprekende skole hul onderwysers verbied Engels te spreek en klas te gee? Engelse klasse kan dan gevolg word via tuis onderrig of privaat. Ek glo nooit dat ons ‘n stap verder kom sonder Volkstaat totaal geskei van Engelse en ander volke. Ooit was daar soiets as n Boere staat in oprigting, wat het daarvan geword?

Grobler Steyn ·

Die antwoord lê by die BCVO standaarde is egter hoog daarom verkies baie boere Afrikaners die droomwêreld van jou staatskool waar 12;13 14!!!! Onderskeidings haalbaar is die bubble bars op varsity waar die BCVO se vrystelling en 60 pers altyd die mas opkom

Ratkas ·

Ek was in n parralel-medium skool (Afr & Eng) en dit het my n beter Suid-Afrikaner gemaak.

Tinus Coetzee ·

Solidariteit het die antwoord, verwysend na ‘n vorige berig.
My groot probleem wat ek het met gemengde onderrig is die kultuur verskil. My kinders en kleinkinders kon nog altyd redelik veilig by die skool wees. Ek het my kleinseuns laat uithaal uit ‘n skool en hulle is nou in ‘n privaatskool nadat my kleinseun, wat toe 8 jaar oud was, se kop oopgeslaan is deur ‘n swart leerder en dit met ‘n knopkierie. Wat het daarvan gekom? Kagiso, you must not do that again, ok.
Waar gaan die kinders skoolgaan as die swartes kwaad word en die dubbel medium skole afbrand?
Dalk kan ouers, ipv tuisonderrig, Orania se Volkskool se afstand studie oorweeg. My een kleindogter het 2 jaar gelede matriek so gedoen en haar punte was baie beter as in die gewone stroom skool.

Tans ·

Ons bly in Ballito KZN. Hier is net een skool wat Afrikaans bied, en dit is slegs die laerskool wat Afrikaans is. Let wel die skool fonds van daardie private skool is al amper R7500 ‘n maand. Wens so iemand wil ‘n afrikaanse hoerskool en laerskool hier oopmaak. Ons Afrikaanse ouers het geen keuse as om ons hoerskool kinders in ‘n engelse skool te sit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.