Ennerdale-skoliere vas ná mesaanval

skool

Argieffoto

Drie skoliere is in hegtenis geneem nadat ʼn man Dinsdag tydens ʼn stryery by ʼn skool in Ennerdale, in die suide van Johannesburg, dood is ná ʼn mesaanval.

“Senzo Xulu het glo op die skoolterrein oortree en hy en die drie leerlinge het omstreeks 12:00 begin baklei,” het Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een van hulle het ʼn mes te voorskyn gebring en die man in sy bolyf gesteek. Hy is op die perseel dood.”

Die drie leerlinge, tussen 18 en 19 jaar oud, is in polisie-aanhouding en sal binne 48 uur in die Vereeniging-landdroshof verskyn.

Dlamini het gesê die polisie weet nog nie wat die motief vir die aanval was nie.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die departement is besorg oor die manier waarop die slagoffer onwettig toegang bekom het tot die skool. “Ons skoolbeveiligingspan sal die skool besoek om te bepaal watter veiligheidsmaatreëls by die skool ingestel is en aanbevelings te maak om seker te maak dat dit nie weer gebeur nie,” het Sekhonyane gesê.

Beamptes by die skool en skoliere is versoek om hul samewerking te gee tydens die veiligheidsondersoek en die ondersoek sal ook bepaal hoe ʼn mes skool toe gebring is.

Leerlinge wat die aanval gesien het, het reeds traumaberading ontvang en die skool se beamptes ontvang ook ondersteuning.

Dit is die tweede mesaanval vandeesweek in die suide van Johannesburg wat met skoliere verband hou. Die Lenasia Rising Sun het berig ʼn 14-jarige seun is Sondag ná ʼn sokkerwedstryd doodgesteek in die nabygeleë Zakaraiyyapark. Die voorval het nie op die skoolterrein plaasgevind nie.

Bron: Jenni Evans, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adel Meyer ·

En die Departement is bekommerd oor die feit dat iemand die skoolterrein kon binnekom! Maar nie besorg dat een van hul leerlinge ‘n mes by hom het en dit sonder omhaal gebruik het om een dood te steek nie!

Annabelle Grobler ·

Wat soek ‘n seun van 19 nog in die skool! Daar moet ‘n reël wees vir die wat druip die skool moet verlaat op daardie ouderdom. Ons jong meisiekinders is dan eintlik blootgestel aan mans wat saam met hulle rond beweeg! Skokkend!

Nina ·

Dis eintlik lagwekkend dat daar bekommernis is oor mense wat die skoolgrond binnekom, maar NIE oor leerlinge wat wapens op daai selfde skoolgronde ronddra nie! Hoe vertraag kan jy wees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.