Ennerdale-skool het week om onderrig te hervat

Oakdale Sekondêre Skool (Foto: ANA)

Die gemeenskap van Ennerdale in Johannesburg het tot volgende week om skoolaktiwiteite by die Oakdale Sekondêre Skool in dié buurt te hervat. Indien dit nie gebeur nie, sal die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, dié skool sluit.

Dit volg nadat die inwoners van Ennerdale hulle Maandag tot die strate gewend het gedurende ʼn betoging oor ʼn gebrek aan dienslewering wat gelei het tot die tydelike sluiting van die skool asook die brand van ’n tydelike klaskamer.

“Die [departement] het met teleurstelling opgemerk dat onderrig en leer nie by die [skool] plaasvind nie. Die skool word dus in kennis gestel om onderrig en leer te hervat. Indien nie, sal die LUR geen ander keuse hê as om te help om die skool amptelik te sluit nie,” het die departement Dinsdag in ’n verklaring gesê.

Luidens die verklaring is ʼn begroting reeds goedgekeur om die skool te vervang. “Dit is teleurstellend dat ons tot sulke drastiese maatreëls moet oorgaan vir ons kinders om verdienstelike onderwys te ontvang. Ons hoop egter dat die gemeenskap gehoor sal gee aan ons beroep en kinders sal toelaat om terug skool toe te gaan,” het Lesufi gesê.

Die LUR het ’n beroep op die ouers en die gemeenskap gedoen om in gedagte te hou dat enige ontwrigting ʼn negatiewe invloed op skoolkinders het, aangesien hulle heelwat onderrigtyd verloor.

“Dit is altyd ’n uitdaging om te herstel van tyd wat gedurende ʼn kurrikulum verlore gaan,” het die LUR gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jakes ·

Ek is verbaas dat net een klaskamer afgebrand het. Gewoonlik brand hulle alles en plunder ook sommer vir pret. Lesufi moet dieselfde beginsel toepas by universiteite en hulle ook sluit sodra brandstigting en baksteengooiery paasvind want dan sal daar binne n week geen universiteit meer bestaan nie. Om te leer in skole en by universiteite is lank nie meer n prioriteit by skoliere en studente nie, daarom is SA n tipiese derdewereldland sedert 1994.

Stel ·

Dis omdat skole nie in so toestand moet wees nie. Niemand mos ooit skuldig Nie!! Jy wat die skool dwing om te begin gaan sit jy ook more daar in die klaskamer en ek hoop al 4 seisoene is op 1 dag. Aanvaar verantwoordelikheid, as jy jou werk gedoen het was daar nie nou ‘n probleem nie.

Maria ·

Ek stem.As hy sy werk doen waarvoor hy seker miljoene van ons belastinggeld betaal word en ophou om Afrikaanse skole te teiken sal díe stappe nie nodig wees nie.As hy kinders het sit hle seker lekker in privaat skole..Wat pla dit hom hoe die armes se kinders onderrig kry.Staan op vir jle kinders se regte!!@

Onnie ·

Lesufi dreig alweer, om sy sin te kry en sy stempel af te druk – ‘n regte diktator. Maar het hy gesien hoe lyk die klaskamers? G’n mens kan daar skoolgaan nie! Hou op met baasspeel en doen slag jou werk, dan sou die skool nie in so haaglike toestand gewees het nie. Ek sal ook nie daar skoolhou nie. Sou hy?

Anoniem ·

Ja kyk nou net tipies as jy wit of kleurling is dan is jy die skuldige. Daar word op jou geskiet en jy word ontneem van jou waardes, maar as jy swart is dan is dit ok ,gooi klippe, brand bande, brand skole af, plunder skole doen net wat julle wil ons die ANC sal vir julle nuwe skole bou moenie worry nie die witman ,kleurling en indiers het baie geld hulle taxes is hoog ons vorder baie geld in so ons sal n beter skool bou vir julle.

Sarel ·

Is hy(Lesufi) dan nie die een wat wat by wit skole anargie aanstook nie of verbeel ek my?

J ·

En wie moet ons bedank????? Stakings is goedgekeur in die Wet boeke. Ek wonder of die Wet op staking ooit in die verre ,verre ,vere toekoms gaan herskryf word in die WET BOEKE.

Christo ·

Lesufi is ‘n boelie en trek sekere rasse voor. Ouer skole sit met strukturele skade a.g.v. die ouderdom van die skole en nie as gevolg van instandhouding deur beheerliggame nie. Elke keer as die ANC en kie skole afbrand word daar net nuwes gebou. Dan is dieselfde skole gou om te se dat hulle nie moderne fasileite het soos rekenaarsentrums ens. nie. Daar is nie pille vir dom wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.