Enorme dwelmvonds in Namakwaland

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

Goeie samewerking tussen verskillende wetstoepassers het daartoe gelei dat ʼn vermeende dwelmhandelaar gestuit is en dwelmmisdaad in die Wes-Kaap ʼn terugslag beleef het.

Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê verkeersbeamptes het Donderdag tydens roetineoptrede ʼn bestuurder in die noordweste van die provinsie voorgekeer en geneem na die polisiestasie op Klawer, aan die N7 tussen die Kaap en Namibië.

Daar het hulle vasgestel alles was nie pluis met sy voertuig se registrasie nie. ʼn Saak van bedrog is aanhangig gemaak en die verdagte in hegtenis geneem, vertel Rwexana.

Vrydag het die polisie op Klawer die verdagte se besonderhede nagegaan en vasgestel hy is “ʼn aktiewe misdadiger” wat vir talle ernstige misdade gesoek word. “Hulle het besluit om die Volkswagen-afleweringsvoertuig te deursoek,” sê Rwexana.

Lede van die honde-eenheid het met die soektog gehelp en op altesaam 111 000 Mandrax-tablette afgekom waar dit onder die voertuig versteek was. Die geskatte straatwaarde van dié dwelms is sowat R5,5 miljoen.

Die 33-jarige verdagte sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof voorkom op aanklagte van bedrog en dwelmhandel. Hy bly intussen in aanhouding.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, Wes-Kaapse polisiekommissaris, het die polisielede geloof vir hul deeglike ondersoek wat verhoed het dat die dwelms gebruikers bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wouter ·

Wel gedaan. Wonder net wie het daai enorme klomp tablette getel?

Wim Kotze ·

Wouter in die geweste het ons nog poeliesmanne wat kan tel. Hulle het nie Jimmy Maneyi se raad gevolg nie.

Boet ·

Die verdagte is in hegtenis geneem, welgedaan maar ek hoop die polisie ondersoek die saak deeglik want die verdagte is seker net die afleweraar van die dwelms. Hier kan hulle dalk n sindikaat oopvlek.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek is natuurlik gekant teen hierdie tipe operasies….Gee vir die “druggies” wat hulle wil hê, net soveel as hulle wil hê…..tot sterwens toe. Ek het verskeie van hulle probeer “red” en ompraat en oortuig om op te hou……..het my duisende Rande gekos en ek het NIKS bereik nie, behalwe ‘n helse klomp skade en hartseer. Gee vir die “druggies” hulle fix….ek sal dit borg……..hoe gouer hulle “overdose” hoe beter. Die wêreld het nie sulke swak individue nodig nie….En nou kan die klipgooiers maar begin gooi….

Alida ·

Snaaks ek stem saam. Hou hulle aan en forseer die goed in hul kele af. Dit spaar ons baie aan veblyf in die tronke.

Stripes ·

Gaan seker ook vrygelaat word agv onvoldoende getuienis. Hoop net hulle gee dan sy produk terug sodat hy kan gaan aflewer.

Karolis ·

As daar 110999 pille is, val die saak plat as gevolg van onvoldoende getuienis.

mog-het-troffe ·

Nie nodig om totale aantal tablette te tel. Neem totale massa van tablette en deel dit met die massa van een tablet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.