Enorme hulppakket vir taxibedryf

vervoer taxi minibustaxi taxi taxistaanplek

Die hulppakket aan die taxibedryf is amper vier keer hoër as dié aan ander bedrywe. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die departement van vervoer het ʼn reddingspakket van R1,135 miljard vir die taxibedryf – een van die grootste verligtingspakkette aan enige bedryf – bekend gestel.

In vergelyking hiermee het die meeste ander bedrywe pakkette van naastenby R350 miljoen ontvang om hulle te midde van die Covid-19-pandemie en afsonderingsregulasies wat daarvoor ingestel is, aan die gang te hou.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het Vrydag gesê die hulppakket is ook ʼn geleentheid om die taxibedryf op lang termyn te formaliseer.

“Ons het ooreengekom om hulp aan die bedryf in die vorm van ʼn eenmalige ex gratia-betaling aan taxibedieners te verskaf. Daar moet benadruk word dat dit nie vergoeding vir verlies aan inkomste weens Covid-19-beperkings is nie, maar eerder regeringshulp binne die beskikbare hulpbronne en vermoëns,” het Mbalula gesê.

“Die verligting moet ook beskou word as ʼn geleentheid wat die Covid-19-pandemie geskep het om langtermynvolhoubaarheid van die bedryf deur formalisering en uiteindelik subsidiëring te bereik.”

Mbalula het gesê die regering het die negatiewe uitwerking weens die afkondiging van ʼn ramptoestand op die taxibedryf oorweeg. Taxi’s kon onder meer net 30% van hul normale passasierkapasiteit vervoer, ʼn verbod is geplaas op reis tussen provinsies, grense is gesluit en daar was beperkte bedryfsure.

taxi taxistaanplek minibustaxi vervoer pendel ry reis

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het Vrydag gesê die hulppakket is ook ʼn geleentheid om die taxibedryf op lang termyn te formaliseer. (Foto: Bongani Mbatha/ANA)

“Bogenoemde maatreëls het beteken die sektor is bedryf teen minder as 60% van sy vlootgrootte en hy het 30% minder van sy gelisensieerde kapasiteit vervoer. Amper 20% van die bedryf het ʼn algehele verlies aan inkomste ondervind. Dit geld veral vir langafstand- en oorgrensdiensverskaffers wat direk geraak word deur die sluiting van landsgrense en die verbod op interprovinsiale reis.”

Mbalula het gesê die departement het kennis geneem van die bedryf se hewige beswaar dat die hulppakket en die formaliseringsproses van die taxibedryf aan mekaar gekoppel word.

Die uitbetaling van die geld sal deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gedoen word en streng bepalings geld. Voorwaardes sluit in dat die taxionderneming formeel as ʼn sakeonderneming geregistreer moet wees; dat die onderneming ʼn sakebankrekening moet hê waarin die geld betaal sal word; dat die onderneming vir inkomste- en ander verwante belasting geregistreer moet wees; asook dat die taxibediener in besit van ʼn geldige bedryfspermit, of kwitansie vir die aansoek daarvoor, moet wees.

Die taxibedryf vervoer die meeste passasiers in die land. Nagenoeg 5,4 miljoen mense onderneem elke dag sowat 15,6 miljoen passasiersreise in ʼn taxi.

(Foto: Courtney Africa/ANA)

Mbalula het gesê die bedryf genereer ʼn inkomste van nagenoeg R40 miljard per jaar en enigiets tussen 250 000 en 300 000 taxi’s skep sowat 350 000 direkte en indirekte werksgeleenthede.

In dié stadium is daar 137 000 wettige taxi’s in die land met die nodige bedryfslisensies wat by die departement geregistreer is. Nagenoeg 113 000 taxi’s word onwettig bedryf met die kwitansie wat wys dat hulle aansoek gedoen het vir ʼn bedryfspermit. “Die feit dat jy vir ʼn permit aansoek gedoen het, beteken nie vanselfsprekend dat ʼn permit aan jou uitgereik is nie,” het Mbalula gesê.

Suid-Afrika het ook nagenoeg 25 000 geregistreerde metertaxi’s, 63 188 e-taxibestuurders, asook 1 900 oorgrens-taxibedieners wat in Suid-Afrika geregistreer is.

Die taxibedryf het intussen versoek dat interprovinsiale en oorgrensreise weer toegelaat word en dat ʼn moratorium op voertuigterugnemings, asook ʼn verlengde betalingsvakansie vir taxibedieners wat in geldelike moeilikheid is, ingestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Willem ·

Taxi bedryf wat nie ń sent belasting betaal nie, wat nie e tol betaal nie kry hulp van regering. My kind moes sy besigheid toemaak want hy is wit en kry nie ń sent nie al het hy belssting betaal. Nou mag ek nie kwaad word nie

Gemaskerde Sopbeen ·

Nie belasting betaal nie en gisteraand op nuus gehoor die bedryf mor al klaar dis te min.
Rassisme weereens ook.

Sakkie ·

Siestog niemand anders het of is nog besig om skade te ly nie

Kokerboom ·

Ek voel dis uiters diskriminerend teenoor ander bedrywe soos toerisme en restourante wat netso belangrik vir ekonomie is. Dis ‘n goeie meevaller vir taxibase wat meer as een taxi besit.

SomeOne ·

waar kom al die geld vir die pakette vandaan, net november 2019 was daar geen geld vir enigiets beskikbaar

Herman ·

Mense dis nou die tyd om “shares” in Porche, Lamborgini en al daai fancy industire te koop. Staats amptenare gaan nou groot.

Agge nee ·

Hulle het lánkal vir hulleself begin sorg. Noudat hulle net die helfde van die passasiers kan vervoer, vra hulle dubbel die fooie, want anders verloor hulle.

Michael 1 ·

Ek glo nie wat ek lees nie,sekerlik moet hierdie n swak grap wees .

Johann ·

IN YOUR FACE WHITE BUSINESS…”the people” veral “the taxi people” loop hand om die blaas met die ANC se kaders. So ewe se die taxi base hulle soek R20 000 per “kombi”??????? Dit terwyl belasting betalende wettige besighede VERAL BLANK BESIT….bloot gelos word om self te sien oorleef?

Kokerboom ·

Ek stem volkome Willem!!! Ek het kinders wat in dieselfde penarie sit SONDER enige staatshulp want dis nie our people!!!Nou kan jy ons kwalik neem dat ons nie briesend kwaad word en absoluut dislojaal teenoor die regering word?

Sarel ·

Werkers kan nie salaris kry nie want daar is nie fondse nie. Vervoetdienste / Transnet Pensioenarisse sukkel nou nog om hulle geld te kry, hulle wil Staatamptenare se Pensioen gebruik vir Eskom, Prasa is bankrot maar daarcus R1,3 Milhard Rand beskikbaar vir Taxi Bedryf

Snowball ·

Ek wonder wat kos die taxi industrie SA reeds jaarliks aan padongelukke en lewensverlies. Hierdie bedryf word op ‘n troontjie gesit want ons lamsakkige regering kan weens wanbestuur en korrupsie nie behoorlike alternatiewe publieke vervoer verskaf nie en so word hierdie goed met hulle mafia mentaliteit nou opgehemel tot nasionale helde! Dis om van naar te word.

Hans ·

Ja dis nou mooi, en as WIT SMME hulp vra moet jy meer sekuriteit neersit as wat jy wil leen en jy wag tevergeefs op antwoorde, maar jy is goed genoeg om swart mense werk te voorsien en dan wil hul vermetel genoeg wees om meer van jou te demand as wat ters vir hul uitbetaal het.

'n Simpelman ·

Hoeveel van die geld gaan by die drywers kom?
Dis hartseer, daai geld gaan net na eienaars wat nog ryker word.

Althes ·

Die regering hand om die blaas met die taxi-ondernemings. #Otherbusinessesmattertoo.

PieterP ·

Kêrels en meisies. My belasting geldjie gaan terug na my gatsak toe. Help jouself want die regering sal nie, ons is te wit!

Mariana ·

Liewe genade, dog daar is nie geld nie, maar daar is altyd vir sekere groepe. Laat mens wonder wie het almal ‘n hand in daai pie. Daai mense kan nie eers ordentlik bestuur nie, taxi’s gevaarlikste motoriste op pad. ….meeste het nie eers bestuurslisensies nie. Maar ja dit is waar belastingbetaler se geld land…….

Piet parys ·

So dis alweer Cyril se swart broers wat daarby baat . Die privaat persoon mag net in 50% van sy voertuig mense laai so gaan julle korrupte rassistiese regering dan ook al die ander mense vergoed hu??. So dit beteken n paar van die regerings ammptenare het aandele in die taxi bedryf . EK SAL GRAAG WIL WEET VAN SATS OF ENIGE VAN DIE TAXI BELASTING GAAN BETAAL OP DIE MEEVALLERTJIE . DIT IS MOS GELYKSTAANDE AAN DIE LOTTO ., behalwe jy hoef nie n ticket te he nie net jou kleur moet reg wees

capie ·

“Die taxibedryf vervoer die meeste passasiers in die land” Dit is nie waar nie, hulle vervoer feitlik alle passasiers in die land want alle kompetisie, treine ingesluit het hulle reeds uitgebrand.

JohanR ·

Sien op die nuus vannand dat die taxi bedryf is nie gelukkig met die R1,135 miljard nie wat omtrent R5000 ‘n taxi is. Hulle soek tussen R15000 en R20000. Praat nou van gulsig!

Warrior ·

Hoe meer taxis hoe meer insittendes hoe meer corona…geen sosiale afstand geen maskers.
Ons gaan china se getalle nog verdubbel indien nie meer nie. Hou so aan ANC. Ju l gaan nog n nobelprys losslaan… sies vir jou Ramaphosa en trawante!

Francois ·

Waarom kry hulle geld. Hulle betaal nie eens tax op enige van hulle inkomste nie. Wys hoe korup die regering is. Neem die belasting geld van gehoorsame burgers en stop hulle kaders meer in

Pieter ·

Kla gaan ons niks help nie ons eie skuld want ons wil nie tandpunt in neem nie. Hierdie komuniste maak met ons blankes net wat hulle wil want hulle weet ons praat net

Nico ·

Die taxi eienaars betaal glad nie btv of belasting nie, waarom moet hulle gehelp word, die taxi’s is ook van die mees ongedissiplineerde bestuurders op die pad wat die oorsaak is van die meeste stref gevalle op die paaie, die ANC regering gebruik nou die belasting betaler se geld. Die is absolute rassisme, die ANC se motto is “wat myne is, is myne en wat joune is moet ons deel” dit is ‘n bewys van algehele onbevoegdheid om ‘n land te regeer.

Anoniem ·

Die Taxi bedryf kry geld en wat van die armes en die plase waar dit so bitter droog is???

Jack ·

Onthou maar altyd die land word regeer deur die vakbonde en die taxibedryf. Hulle kan maar net kwaai lyk dan word die staatskas ontsluit. Die geld gaan opraak so vermors maar lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.