‘Entoesiastiese skattejagter’ met graaf doodgeslaan

Ryan Maggs, ’n Oos-Kaapse skattejagter en metaalspeurder, is helder oordag aangeval. (Foto: Facebook / Tanya Vosloo)

Ryan Maggs (45), ’n bekende skattejagter van die Oos-Kaap, is Saterdag vermoor toe hy en sy pa met ’n soektog in ʼn bebosde gebied in Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), besig was.

Maggs is met ’n graaf doodgeslaan.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van moord word ondersoek, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die oorledene en sy pa het verskillende rigtings ingeslaan, toe sy pa ’n rumoer in die bosse gehoor het. Hy het ondersoek ingestel en twee vermeende verdagtes sien weghardloop.”

Jansen van Rensburg sê die pa het sy seun met kopbeserings aangetref en hom na ’n hospitaal gehaas. Hy is egter met sy aankoms dood verklaar.

Huldeblyke vir Maggs het intussen op sosiale media ingestroom.

“Jou entoesiasme vir ons stokperdjie was ’n inspirasie – jy het hope geskiedenis uitgegrawe,” het Tanya Vosloo op haar Facebook-blad geskryf waar sy ook ’n foto van Maggs gedeel het.

Volgens haar was Maggs ’n “legende” en vasberade wanneer hy na voorwerpe gesoek het.

Nog ’n gebruiker, Henry Clapton, het Maggs se dood as ’n “absolute tragedie” beskryf.

“Ryan was ’n toegewyde skattejagter en ons gaan hom baie mis.”

John Fernandes skryf hy is stomgelaat. “Jou lewe was nie veronderstel om so te eindig nie. Jy het baie uitdagings oorkom en op ’n stil manier soveel mense gehelp. Jy was uniek en jou familie moet platgeslaan wees.”

“Ons het ’n baie waardevolle Oos-Kaapse metaalspeurder verloor,” skryf Trace Mace op die groep Metal Detecting, Eastern Cape.

“Mag jy vir ewig in die goue velde jag. Hou aan grawe, tot ons weer ontmoet,” het Marcel Loggerenberg op Facebook gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Skappie ·

Sterkte aan die gesin en vriende kring van Ryan. Mag onse Liewe Jesus julle styf in sy arms vashou in hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle.

Misky ·

Daai moordenaars is seker met ‘n selfoon weg van die toneel en ‘n lewe niks meer vir hulle werd nie. Maak mens woedend!!!! RIV Ryan en simpatie met sy familie nou en die tyd vorentoe.

JohanR ·

Jy kan amper nerens meer gaan waar hulle nie vir jou wag nie, Kan amper nie eers meer op Tafel Berg gaan loop nie dan wag hulle vir jou agter ‘n klip of bos.

Sandra ·

Ja lyk my mens mag nie eens jou stokperdie in die publiek uitoefen nie. Moet mens nou vir veiligheidshalwe dag en nag in jou huis sit en verstok. My innige simpatie met sy familie.

Kokerboom ·

Die boewe is wreed en fanaties gevoelloos. Dki ANC . Jul en “our people” maak die eens mooi land ‘n tronkhel om in te leef!

Werner ·

As jy al die freedom charter onder oe gehaad het sou jy sien dat dit presies is wat hul wil hé.Jy moet Sien wat hulle nog beplan.

Toy ·

Dit is belaglik hoe dit gaan in die land. Moord elke dag, hier is siek mense wat leef asof hulle onaanraakbaar is.

Kokkie ·

As 74-jarige durf ek nie meer alleen gaan hengel by my gewilde hengelplekke nie. Boonop wag ek nou sestien maande vir my vuurwapenlisensie. Baie krag en vertroosting aan Ryan se geliefdes.

Surfer ·

“Our people” het niks verkeerd gedoen nie, net n persoon van “there people” met n graaf vermoor. Next…….………………

Swerwer ·

Mag die ………………….. gevind word en mag hul diesellfde straf opgelê word wat hul aan Ryan Maggs gedoen het. Dit is al hoe hierdie sinnelose moorde stop gesit gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.