Entstof: Niemand mag ‘agterweë bly’

(Foto: Jean-Christophe Verhaegen/AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief hy is bewus van kritiek dat die regering nie deursigtig genoeg is oor sy pogings om ʼn entstof teen Covid-19 te bekom nie. Die regering is egter wel in multilaterale en regstreekse onderhandelings met vervaardigers betrokke om te verseker Suid-Afrika bekom entstof “wanneer dit beskikbaar is”.

Ramaphosa sê soos met die aankondiging oor die onderhandelings met die Serum Institute of India (SII), sal die besonderhede oor die ooreenkomste met vervaardigers bekend gemaak word sodra dit afgehandel is en die regering vrygestel word van kontrakte wat hom verbied om inligting daaroor bekend te maak.

“Dit is algemeen in hierdie omstandighede en die meeste regerings moes aan soortgelyke beperkings voldoen.”

Daar was die afgelope ruk heelwat kritiek op die regering se pogings om entstof te bekom. Dit sluit in kommer omdat die regering glo te lank gewag het om te begin onderhandel om entstof in die hande te kry en meer onlangs kritiek omdat Ramaphosa luidens berigte gesê het die verspreiding van die entstof gaan geleenthede vir swart bemagtiging bied.

Die president sê gegewe die ongekende wêreldwye vraag na entstof tesame met die groter koopkrag van ryker lande, moes Suid-Afrika in omvattende en uitgerekte onderhandelings met vervaardigers betrokke raak om genoeg entstof te verseker.

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Hy sê Suid-Afrika het ook nou saam met die Covax-fasiliteit en die Afrika-unie se entstofaankooptaakspan gewerk as deel van gesamentlike pogings om entstof vir wêreldlande met lae- en middeklasinkomste te verseker.

Ramaphosa sê die land sal “binnekort” die eerste besending Covid-19-entstof van die SII, die wêreld se grootste entstofvervaardiger, ontvang.

“Dit gaan die begin wees van ʼn massa-inentingsprogram wat die mees ondernemende en omvattendste in ons land se geskiedenis gaan wees. Dit gaan elke deel van die land bereik en geleidelik in werking gestel word om te verseker diegene wat dit die meeste benodig, word geprioritiseer.

“In die eerste fase sal gesondheidsorgwerkers die entstof ontvang. Die tweede fase sluit noodsaaklike werkers, onderwysers, bejaardes en diegene met onderliggende siektetoestande in. Die derde fase sluit alle ander volwassenes in.”

Ramaphosa sê ʼn behoorlike verspreidingsplan en meegaande logistieke raamwerk sal in samewerking met die private sektor, burgerlike samelewing, tradisionele leiers, geloofsgroepe en ander in werking gestel word.

“Dit is belangrik dat die veldtog die hele samelewing bereik en niemand agterweë bly nie.”

Maroela Media het Sondag berig dat Solidariteit vandeesweek ʼn dringende skrywe aan onder meer die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die nasionale Covid-19-bevelsraad gaan rig oor die regering se oënskynlike planne om swart bemagtiging deur die verspreiding van entstowwe te bevorder. Dít nadat pres. Ramaphosa tydens ʼn virtuele vergadering tussen die ANC se topses en die Progressive Business Forum gesê het dat die verspreiding van entstowwe geleentheid vir swart bemagtiging gaan bied.

Ramaphosa erken dit is belangrik dat mense te alle tye op die hoogte gehou word van vordering met pogings om entstof te bekom.

“Die regering moet ook aanspreeklik gehou word vir die besluite wat hy hieroor neem. Vryheid van spraak en openbare debat is die hoekstene van ons demokrasie en só ook die media se reg om alle regeringsbeleid en -besluite deeglik te ondersoek.

“Regdeur die pandemie het die regering oop kaarte met Suid-Afrikaners gespeel oor die gesondheidsmaatreëls wat hy tref rakende mense se veiligheid. Ons het al ons besluite verduidelik, na mense se besware geluister en deurlopend terugvoer gegee oor die stand van die siekte.

“Wanneer ʼn dodelike pandemie soos hierdie een beveg moet word, is eerlikheid en vertroue net so waardevol as enige entstof.”

Ramaphosa sê die regering het ook reeds begin met ʼn deurtastende kommunikasieveldtog om mense oor die Covid-19-entstof in te lig en wanopvattings daaroor uit die weg te ruim.

“Almal van ons moet deel wees van hierdie nasionale poging en nie toelaat dat gerugte, vrees en wantroue versprei word nie. Vals inligting en vals nuus stel lewens in gevaar.”

Ramaphosa sê almal moet saamwerk om vertroue in die entstof te bou, die doeltreffendheid en veiligheid daarvan te wys en die belang daarvan te benadruk om die dodelike virus te oorkom.

“Ons het ʼn enorme taak wat voorlê, waarskynlik veel groter as wat enige van ons nog ooit onderneem het. As ons egter saamwerk en mekaar vertrou en ondersteun, en as ons kommunikasiekanale oophou, sal ons suksesvol wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Danie ·

Hou maar jul entstof ek wil hom nie he nie. Ek vat eerder die kans sonder hom as met hom. God het my lewenspad uitgewerk dus hoef die regering hom nie te verleng of te verkort nie.

Wakkerslaper ·

Danie, dit is nou regtig ‘n on-Bybelse en belaglike redenasie. So is jy ook nie ingeënt teen massels, polio, pokke, geelkoors ens nie? Jy gaan jouself ook seker nie laat opereer as jy ‘n hartomleiding of behandeling vir kanker nodig het nie? Of jaag jy ook teen 200km/h op die snelweg en glo jy sal nie verongeluk nie, of vang jy onverantwoordelike en lewensgevaarlike dinge aan en glo jy sal nie sterf nie? Verseker moet ons ons lewens in geloof aanpak en uitleef, maar God het ons almal darem ‘n gesonde verstand en logiese denke ook gegee.

Persheks Adri ·

Sjoe weer groot woorde soos eerlikheid en vertroue sê jy? Ek wonder of julle daai groot woorde ooit verstaan, want dis iets wat julle nie eers kan doen nie gggmmmfff pffft. Loop tsek met jou entstof Cyril en jou BEE ook

annie ·

?.. dalk via Dubai ingevoer… Onthou reèls is reèls… En waar gaan ons die paraffienyskaste en ander goodies vir die inentings persent kry en wie gaan dit toedien? Mens sien reeds op tv hoe onkundiges die spuitnaald soos ‘n ekspert na ‘n pyltjiebord gooi. Pieng.. reg in die boarm se beskermende deklaag wat beslis nie om dowe neute daar is nie. En die gevolge word doodgesmoor as maar nog ‘n nommer in die kolom vir gesneuweldes. Koebaai Dubai…

Heinrich ·

Nee wat, dis nou dieselfde mense wat nie eers handboeke by skole kan uitkry nie. Wanneer die entstof kom, trek ons seker al verby die derde golf, dan moet julle nog opvang. Dit gaan ‘n eindelose proses bly, julle gaan permamnent agter wees en êrens gaan iemand weer die monopolie op iets kry en weer skatryk word. Die entstof is in elk geval nog nie behoorlik getoets nie en kom met sy eie klomp newe-effekte. Wanneer ‘n ANC hempie voor my hek kom staan met ‘n entstof kry hy dit in sy oor ingedruk.

ameli ·

Waar in die lewe kan jy n entsof so vinnig reg hê daar moet jare eers daaraan gewerk en getoets word. Nou wil hul die toetslopies op onskuldige mense uittoets. Nee dankie. Ek sal nie n eksperiment wees nie Indie kan my botteltjie hou

Wakkerslaper ·

ameli, jou stelling is eenvoudig nie waar nie. Die COVID enstowwe is deur duisende wetenskaplikes en mediese spesialiste wêreldwyd se navorsing en kennis ontwikkel en getoets. Met die huidige tegnologie beskikbaar is dit heel moontlik om ‘n effektiewe mRNA entstof binne ‘n paar maande te ontwikklel. Die goedgekeurde entstowwe voldoen aan die FDA en ander instansies se vereistes vir gebruik in mense. Doen jou navorsing behoorlik en hou op om die twak op Twitter, WhatsApp, Facebook, YouTube en die Internet te glo asb!

Wakkerslaper ·

LET WET – ek verwys SPESIFIEK na die Pfizer en Moderna entstowwe wat deur erkende en gerespekteerde instansies goedgekeur is vir gebruik in mense.

DieKriek ·

Ja, Wakkerslaper, ek sien jy is absoluut n wetenskaplike. Nou verduidelik asseblief vir ons hoekom perde wat al elke jaar vir 15 jaar getrou ingeënt is met die verpligte en baie goed nagevorste entstof teen perdesiekte, nog steeds op strepe vrek.

Wakkerslaper ·

DieKriek, deur net vinnig op te lees oor perdesiekte (vanaf betroubare bronne) blyk dit dat daar verseker tekortkominge is met die entstowwe beskikbaar. Om te begin is dit belangrik dat die perde met die regte en goedgekeurde entstof ingeënt word. Dit lyk ook of die effektiwiteit van die entstowwe huidiglik beskikbaar beperk mag wees. Ek is nou nie lus vir ‘n lang debat nie – doen net ‘n bietjie moeite en lees BETROUBARE EN ERKENDE inligting voordat jy mense beledig. Net terloops, ek het twee nagraadse kwalifikasies in mikrobiologie en molekulêre biologie…

Wakkerslaper ·

@SomeOne …sekerlik! Maar hou asb op om ALLES wat jy lees en hoor te glo – VERAL as dit van onbetroubare bronne soos die Internet, WhatsApp, YouTube, Facebook, Twitter en wie weet waar vandaan kom. In hierdie era is vals inligting en onkundige mense ons GROOTSTE bedreiging. Nie ‘n entstof teen ‘n hoogs aansteeklike en potensieël dodelike siekte nie! Soek BETROUBARE en ERKENDE bronne vir inligting, dis so eenvoudig soos dit.

Cathaldus ·

Daar is soveel spesialiste in Suid Afrika maar hulle kry die entstof uit India. Nee wat, gee dit maar vir jou eie mense as jy dan so graag wil.

Irma ·

Ek dink Maroela Media moet weer soos in die verlede ‘n opname maak wie vir en wie teen die entstof is.

Wakkerslaper ·

Irma, MM kan gerus eerder ‘n artikel met al die FEITE oor die COVID entstowwe plaas wat al hierdie sameswerings teorieë en absolute TWAK daaroor weerlê…

Irma ·

Ons is almal volwassenes en dit bly nog steeds die individu se eie keuse of hy die entstof wil ontvang of nie.

Piet ·

Die lyste met name moet ook deurgestuur word na die regering sodat net die wat nou aandui hulle wil die entstof kry, dit gaan kry.

Grassie ·

Ongeveer 3 weke gelede het die Russiese nuus (RT) berig dat Rusland en Indië ooreengekom het dat Indië baie miljoene dosisse van Rusland se Sputnik-entstof gaan vervaardig en versprei. Miskien is dit nou die entstof wat ons gaan kry, al is dit onder ‘n ander naam, ek weet nie. Rusland se dodelikste gif wat hulle gemaak het kon nie eers vir Navalny dood kry nie, ek wonder of hul entstof ‘n virus sal kan baasraak.

Natasha ·

“Vryheid van spraak en openbare debat” … “demokrasie”…
“Regdeur die pandemie het die regering oop kaarte met Suid-Afrikaners gespeel … Ons het al ons besluite verduidelik, na mense se besware geluister en deurlopend terugvoer gegee oor die stand van die siekte.”“…is eerlikheid en vertroue net so waardevol …” Hoe lekker lag ek nou! Wanneer & waar het al die goed gebeur? Niks is behoorlik verduidelik of beantwoord nie, net af gedwing. As die regering SO bekommerd is hoekom mag net hulle die entstof aankoop en nie die privaat sektor ook toelaat om te versprei nie? Hoekom nie Ivermektien goedkeur nie? Entstof vir swart bemagtiging is die begin van volksmoord.

Jaco ·

“Niemand mag agterweë bly”. Niemand van alle Suid-Afrikaners/alle rasse, of net niemand van ramaphosa se “our people”? Ek vra maar net. 2 stelle reëls geld mos maar vir omtrent alles in dié anti-wit SA, met die meer drakoniese stel reëls wat vir wit mense geld. Ek dink maar net aan goed soos:
1 net BEE besighede wat geld uit die hulpfonds kry
2 wit mense wat tydens die begin van inperking nie mag kospakkies gekry het nie
3 ramaphosa se uitsprake dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop
4 onteiening sonder vergoeding

Fedup ·

Mrc-5 is dipliod cells.
I’ll rather not tell where it comes from.
I have morals, thank you so much.
Latrogenic reaction CAN be caused by a vaccine.
So, these exquisite 2 reasons will be me declining the jab very politey.
Human trials ain’t even finished yet.
Even people in india don’t want that jabby.
How many other citizens in other countries are sceptical about this jab?
Sorry, no, keep it.

Wakkerslaper ·

Fedup, PLEASE state your sources of information.
CDC (source) – Pfizer and Moderna COVID-19 vaccines – clinical trials completed, approved for use. AstraZeneca, Janssen and Novavax – Phase 3 clinical trials in progress, CDC (source) – vaccination may cause side-effects in some individuals, Milken Institute (source) – tracking the development and trial testing of various COVID-19 vaccines
The Pfizer and Moderna vaccines were found to be ethically uncontroversial by the pro-life policy organization the Charlotte Lozier Institute (source). Catholic Health Association of the United States (source) – the Pfizer and Moderna COVID vaccines that are coming out are not even tainted with that moral problem.” Reuters (source) – Fact check: Lung tissue of an ‘aborted male foetus’ is not in the vaccine for coronavirus
University of Alabama (source) – Myth: The COVID-19 vaccine was rushed and will not be safe. Myth: The side effects from the COVID-19 vaccine will be severeMyth: Vaccines cause autism

Jacobus ·

Baie mense is al oortuig dat die entstof dalk ‘n goeie idee is.
Maar; vertrou nie huidige kabaal om dit te organiseer.
Die provenance van die entstof is van uiterste belang.
Julle lieg dusver 100/100 hoe moet ons julle glo.

Marietha ·

Ramaphoza verwys na ” almal ” word ingesluit vir Covid entstof maar verwys dan na die voordele daarvan vir swart bemagtigi ng. Hy moet die dwars pratery verduidelik.

Marietha ·

Weer dubbelsinnige stelling. Almal moet deel wees van die nasionale poging en dan weer verwys hy na swart bemagtiging. Onverstaanbaar!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.