Entstof teen die naweek in SA – Mkhize

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Die eerste dosisse van die Covid-19-entstof sal na verwagting teen Sondag in Suid-Afrika aankom.

“Ons is redelik seker dat ons dit teen die einde van die maand sal ontvang,” het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Maandagoggend in ’n onderhoud met Morning Live gesê.

Dié aankondiging volg kort ná ʼn peiling waarin 67% van die volwassenes wat deelgeneem het, aangedui het dat hulle hulself beslis of waarskynlik teen Covid-19 sal word laat inent sodra ’n entstof beskikbaar gestel word.

Mkhize het vanoggend gesê Suid-Afrika sal teen die einde van die maand na verwagting 1 miljoen dosisse van die AstraZeneca-entstof ontvang, wat by die Serum Institute of India (SII) vervaardig is.

Die departement van gesondheid sal ’n aankondiging maak sodra die eerste dosisse vir verskeping gelaai word. Die dosisse is teen $5,35 (sowat R 81,40) per dosis aangekoop.

Gesondheidswerkers word eerste ingeënt.

Volgens Mkhize word nóg 500 000 dosisse in Februarie verwag, waarna nóg dosisse later in Februarie en Maart sal volg.

(Foto: Andres Larravere/AFP)

Suid-Afrika sal ook entstowwe van Pfizer en Johnson & Johnson ontvang. Dié entstowwe sal omtrent $10 per dosis kos, hoewel Pfizer aanvanklik $15 per dosis wou hê.

Die minister het gesê daar is nie juis ’n verskil in die doeltreffendheid van die onderskeie entstowwe wat Suid-Afrikaners gaan ontvang nie. Volgens hom is “70%-doeltreffendheid goed genoeg vir ’n begin. Elkeen van hierdie entstowwe is goedgekeur en dus geskik om te gebruik.”

Peiling

Die peiling waarna hierbo verwys is, is tussen 29 Desember en 6 Januarie deur die Centre for Social Change (CSC) aan die Universiteit van Johannesburg gedoen in vennootskap met Developmental, Capable and Ethical State (DCES), ʼn navorsingsafdeling van die Geesteswetenskaplike Navorsingsraad (RGN). Altesaam 10 618 mense het aan dié peiling deelgeneem.

Soveel as 67% van die volwasse deelnemers het aangedui dat hulle hulself beslis of waarskynlik teen Covid-19 sal laat inent sodra ’n entstof beskikbaar gestel word, terwyl 18% van die deelnemers gesê het dat hulle beslis of waarskynlik nié die entstof sal neem nie.

Sowat 15% van die volwassenes wat deelgeneem het, is nog nie seker of hulle bereid sal wees om ingeënt te word nie.

Diegene wat nié ten gunste is van die entstof nie, het verwys na vrae oor die doeltreffendheid van die entstof, newe-effekte en onsekerheid rakende toetsing.

Baie van die deelnemers het gesê hulle het meer inligting nodig. Slegs 10% het na samesweringsteorieë verwys.

Prof. Narnia Bohler-Muller van die RGN, sê hul ontleding toon dat deelnemers se kommer hoofsaaklik neerkom op onsekerheid met betrekking tot ʼn entstof wat binne ʼn rekordtyd ontwikkel is, asook ʼn mate van wantroue in die regering en korporasies [wat die entstof vervaardig en versprei]. “Ons het ʼn inentingsveldtog nodig wat feitelike inligting verskaf wat die twyfelaars sal oortuig,” het Bohler-Muller gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Anel ·

Ja, hou maar verby. 70% is goed genoeg vir hulle. Nie vir my nie dankie.

Thom ·

My seun , dogter en skoondogter is almal spesialiste ___ ons leef nie meer in die regse donker eeue nie en sal ent sodra dit moontlik is . Slegs die korrekte hantering vandie entstowwe mag dalk ‘n probleem inhou . Die moontlike newe-effekte is minimaal opgeweeg teen die globale risiko van ‘n hoogs-vatbare bevolking .

Stefaan ·

Nou moet ons julle glo ivm persentasies. Die mense met wie ek in die algemeen omgaan is 100% daarteen.
Ek wonder onder watter bevolkings groepe die peiling gedoen is.

J P ·

Hi Stefaan, beweeg jy nie dalk in die verkeerde kringe nie, die mense waaronder ek beweeg kan nie wag vir die entstof nie. Wonder maar net.

Persheks Adri ·

Nie vir ‘n hel naby my of my gesin nie dankie en niemand maar niemand gaan my sê ek sal dit vat nie! My liggaam, my keuse klaar NIE onderhandelbaar NIE!

Wakkerslaper ·

Perheks Adri – moet dan ook asb nie vir gevorderde mediese behandeling gaan as jy COVID-19 kry nie. Hoe kan jy dan skielik dieselfde wetenskaplikes en mediese personeel en tegnologie vertrou wat entstowwe vir die mens ontwikkel…?

Thom ·

Wakkerslaper __ sy wil doelbewus , moedswillig roekeloos optree en dan druk op die stesel plaas en mense se lewens in gevaar stel wat dag en nag reeds sweet om diesulkes te genees .

Mariana ·

70%nie goed genoeg. Praat van menselewens hier. En dan ook nog astronomiese bedrae waarteen hierdie goed aangekoop word en dan weer mee gesmous gaan word. Nee dankie.

Connie ·

Nee dankie stel nie belang in jul entstof nie, en daar is baie wat so voel.

Deon ·

Is die stoor en vervoer van die goed in orde? Wat ek ook graag sal wil weet is hoe spuit jy n ding in n mens in wat onder vriespunt is?

J P ·

Die aktiewe eenheid wat soos ‘n tablet lyk word verskaf in ‘n ampule, dit moet gevries gehou word, net voor toediening word ‘n steriele vloeistof in die ampule ingespuit met dieselfde spuit wat vir die inenting gebruik gaan word. Dit ontvries dmv die vleistof wat jy inspuit. Daarna word jy met die pas, ontvriesde vloeistof mengsel ingespuit. Of so dink ek.

Johanncb ·

Ek sien ‘n ramp – net ‘n klein aantal mense gaan gehelp word! Die Regering sit oop oë en slaap!

Piet ·

Die enigste ramp wat ek sien, is die trompoppies wat nie die entstof wil neem nie en vir hulself sal moet sorg in hul Covid-siekbedjies by hul eie huis

Wakkerslaper ·

Die Astra-Zeneca entstof bied ten minste 70% immuniteit – dit is ver beter as 0% immuniteit! My enigste bekommernis op hierdie stadium is dat die entstowwe se aankope en bestuur daarvan in die patetiese anc staat se hande is… Dit is die enigste ding waaroor ons moet bekommerd wees – nie allerhande ou-vrou bangmaak stories wat mense op WhatsApp en Facebook lees nie!

Wakkerslaper ·

Mense wat beweringe oor die C-19 entstowwe versprei sonder om enige geloofwaardige, wetenskaplike of kliniese bewyse vir hulle aantuigings te voorsien, behoort krimineel aangekla te kan word…. Vals nuus en onkundige mense wat dit doelbewus versprei is ons GROOTSTE probleem. Nie goed ontwikkelde entstowwe teen ‘n hoogs aansteeklike en potensieël dodelike siekte soos COVID-19. Liewe heng – dit is die jaar 2021 nie die donker eeue nie!

Wakkerslaper ·

Sug…. ‘n klompie af duimpies, maar NIEMAND wat verwysings kan gee na betroubare en erkende bronne wat die bangmaak stories ondersteun nie. Ek het nogal meer verwag van MM lesers….

Wakkerslaper ·

Ek probeer regtig verstaan – wat presies is die anti-entstof mense se vrees? En waar kom julle aan hierdie aantuigings dat daar iets “fout” met die C-19 entstowwe is? Gee bronne en verwysings vir julle standpunte asb – moenie kom met “ek het gehoor” of “hulle sê” nie. Wie is die “hulle”?

Piet ·

Soveel keer as wat nodig mag wees oor die volgende paar jaar.

Ian ·

Die hulle is wetenskaplikes en viroloe wat nie gemaklik is hiermee nie. Tussen 50 en 60% voorste linie dokters en verpleegpersoneel oorsee weier die entstof. Is jy so geleerd en alwetend dat jy hulle ook wil aankla? Die mense wat die entstof vervaardig en op almal wil afdwing se hantering van die siekte laat veel te wense oor. Baie van ons ruik ‘n rot. Gebruik gerus jou entstof. Niemand keer jou nie. Laat ons ander wat dit nie wil he nie met met rus asseblief. Indien die entstof werk is ons wat dit nie gaan neem nie mos nie vir jou ‘n gevaar nie. So bekommeer jy jou maar oor jouself.

Wakkerslaper ·

Hi Ian, stuur asb vir my jou verwysings waar jy hierdie inligting gekry het. Ek sal dit baie graag wil lees.

Terloops, so gepraat van voorste linie wetenskaplikes en mediese spesialiste, hier is nog ‘n verwysing na een van die top mediese fakulteite en universiteite in die wêreld (nr. 12 op die wêreld ranglys vir top universiteite, The World University Rankings, in partnership with Elsevier):

Is the COVID-19 Vaccine Safe? Gabor David Kelen, M.D. en Lisa Lockerd Maragakis, M.D., M.P.H., Johns Hopkins Medicine

“So far, none of the vaccine trials have reported any serious safety concerns. Trials for the first two vaccines — from Pfizer and Moderna — have had fully independent safety monitoring boards, and safety data are continuously reviewed by the FDA and expert panels.”

Lees gerus self verder.

Wakkerslaper ·

Hi Die Wolf, soos ek verstaan is die entstowwe tans beskikbaar se dosisse geoptimiseer vir slegs een enting nodig. Ek mag verkeerd wees.

Enige spesifieke rede hoekom jy nie Johns Hopkins vertrou nie? Enige verwysings wat jou agterdog steun?

Jaco ·

Ek glo nie die ” Conspiracy Theory” stories nie. MAAR ek sal net entstof van Phizer en J&J vat. Hulle sal nie hulle reputasie in gevaar sit nie, die ander ken ek nie. Wat my bekommer is of die “Cold Chain Management” gehandhaaf is, die probleem is indien nie gaan dit nie werk en jy sal dit nie weet.

Met die vermoe in die land dink ek privaat fasiliteite sal dit reg doen maar die staats fasileite gaan n probleem wees.

Johannes ·

Hoe gaan die koelketting gehandhaaf word deur mense wat duidelik geen logistieke vaardigheid het nie?

Piet ·

Hierdie kommentare is belowend. Daar gaan meer beskikbaar wees vir ons wat nie kan wag vir die entstof nie.

Die Wolf ·

Ek sal wag tot jy vir ons laat weet hoe dit gaan. Asb net nie van n hospitaal bed nie.

Die Wolf ·

Dit is jou keuse die ander mense is nog lugtig, wat ook hulle goeie reg is.

Jaco ·

In die hoofsaaklik wit Afrikaanse kringe waarin ek beweeg, hoor ek maar dieselfde as hier op die Afrikaanse hoofsaaklik wit maroelamedia.co.za: “ek weier om ingeënt te word”. Ontkou tog net, as meeste wit mense weier, word alle wit mense môre oormôre uitgekryt as “rassisties, reaksionêr en teen transformasie”. En dan word ons almal swaar met ander goed gestraf. Moenie dink dit kan nie gebeur nie: die hoogs ontwikkelde “beskaafde Duitsland het dit so onlangs as 1945 met Jode gedoen. In Rwanda het die Hutu meerderheid so onlangs as 1994 dit met die Tutsi minderheid gedoen. As jy in 2021 wit is in dié anti-wit SA, wees bly oor die bietjie “regte” wat jy nog het, hou jou mond oor dinge wat jou pla en doen net wat van jou verwag word. Die wit mense van Kenia, Rhodesië, Angola en Mosambiek kon almal na hulle moederlande of na die ou SA vlug toe dinge te warm vir hulle geraak het. BITTER min van ons SA wittes het ‘n ander land om heen te vlug.

Die Wolf ·

Ai Jaco! Dit is almal se goeie reg om te besluit. Hoeveel swartmense gaan ook eers wag?
Baie van hulle is ook maar skepties.

Andries ·

Net een vragie aan WakkerSLAPER. As die endstof so goed is waarom dan aanspreeklikheid uitsluit ingeval newe-effekte?

Wakkerslaper ·

Lees gerus die artikel deur Johns Hopkins Medicine – sien my kommentaar aan Ian.

What are the side effects of the COVID-19 vaccine?
Vaccine developers report side effects that include pain at the injection site, fever, muscle aches, fatigue and headaches, mostly lasting about a day or two. If symptoms persist, you should call your doctor.

If you have allergies, especially severe ones that require you to carry an EpiPen, discuss the COVID-19 vaccine with your doctor, who can assess your risk and provide more information on if and how you can get vaccinated safely.

Soos met ENIGE entstof, sal daar altyd ‘n kans wees vir newe effekte. Dieselfde met enige medisyne. Daarom die raad dat ‘n mens altyd jou dokter moet konsulteer voordat jy net medisyne gebruik, en in hierdie geval die C-19 entstof. Daar is NIKS snaaks of ONHEILSPELLEND hieraan nie.

Lees gerus ander betroubare bronne – CDC, WHO, NICD, NHS ens.

Wakkerslaper ·

Hi Die Wolf, ek weet nie of aanspreeklikheid ingesluit of uitgesluit is t.o.v die C-19 entstowwe nie. Ek is beslis GEEN regskenner nie. Maar dit sal baie interessant wees om te sien hoe aanspreeklikheid hanteer gaan word.
Aanspreeklikheid t.o.v entstowwe is beslis nie iets nuut nie
Dit is ‘n uiters ingewikkelde saak
Daar is beslis al sake gewen en sake verloor t.o.v. entstowwe wat newe effekte gehad het en waar mense siek geword het, bv. sekere preserveermiddels wat mense siek gemaak het
Die feit bly staan dat entstowwe ‘n wel erkende en algemeen aanvaarde manier is om aansteeklike en dodelike siektes te verhoed.
Die feit bly staan dat entstowwe se ontwikkeling, so ook die C-19 entstowwe se ontwikkeling, onderhewig is aan uiterse streng regulasies en beheer.

Kobus ·

Kanada het die regering aangedui dat aanspreeklikheid nie uitgesluit sal wees nie, basies waarborg die regering jou.. Dankie vir jou bydrae, ten minste een wat weet waarvan hy praat.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ek is te siek met my kanker om dit te neem. Hou verby.

Jan ·

Alle medikasie het newe-effekte. Om 80% van die bevolking bloot te stel aan newe-effekte ter wille van ‘n probleem wat slegs minder as 0,01% van die bevolking ernstig benadeel en dit met ‘n produk wat slegs 70% doeltreffend is, moet enigeen met gesonde verstand laat besef dat daar ‘n slang in die gras is waarby groot geld betrokke is. Die grootste grap is dat die entstof nie help vir nuwe mutasies wat reeds hier is nie.

Kobus ·

Jan, Gelukkig raak dit jou nie eintlik nie, jy glo mos inelkgeval dat Covid nie bestaan nie. Kyk net weer jou verwysing dat “die entstof nie help nie” dit is n onwaar. Moderna se resultate toon dat alhoewel die SA variant meer weerstandig is, die entstof steeds beskerming bied, miskien nie teen 95% nie, maar om te beweer dit help niks, is vals, so nie so n groot grap nie.

Kobus ·

Ek luister vannaand op die nuus dat n jaar gelede die woord “COVID” nog nie bestaan het nie…Ek besef die entstof vraag is persoonlik, maar kyk na die alternatiewe. Wil jy eerder vir ewig in n staat van inperking wees, wag tot jy of jou geliefde dit kry en hoop vir die beste, of jou en die mense om jou probeer beskerm, al is dit 70%, dit bly steeds beter as niks. Ek is seker dit gaan vrywillig verpligtend raak – as jy wil vlieg, bv na die buiteland, wys dat jy inge-ent is. Baie lande sluit nou reeds hul grense vir SA. Die wat bekommerd is, praat met jou dokter en kundiges. By ons, kan veral die hospitaal personeel nie wag om die entstof te ontvang nie. Die wat reeds gekry het, het slegs gekla van n seer arm. Ek hoop net SA kan dit reg bestuur, want naas Israel, is daar groot probleem met die verkryging en verspreiding van die entstowwe, dit gaan baie stadiger as wat voorsien is. My mening is, vat as jy kan kry, eerder om te soek as jy nie meer kan kry nie. Sterkte

christo ·

President Ramaphosa se opmerking die vervoer en verspreiding van die entstof ‘n geleentheid is vir swart bemagtiging laat die gevaarligte flikker. Die entstof is veronderstel om onder streng vereistes t.o.v. verkoeling ens. vervoer en geberg word. Nee dankie, dan bly ek liewer weg van die entstof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.