Entstofprogram ‘vorder goed’ – kabinet  

Minister Khumbudzo Ntshavheni. (Foto: Flickr/GovernmentZA)

Die kabinet is “tevrede” met die vordering van fase 2 van die regering se Covid-19-entstofprogram, waarvoor meer as twee miljoen mense reeds aanlyn geregistreer het.

Só het Khumbudzo Ntshavheni, minister van kleinsake-ontwikkeling, Donderdag gesê.

Dít het gevolg op ’n virtuele kabinetsvergadering wat Woensdag gehou is.

“Duisende mense is reeds ingeënt en entstofsentrums regoor die land is gerat om mense te ontvang.

“Ons doen ’n beroep op mense wat reeds geregistreer het om by die individuele tydgleuwe wat toegeken word, te hou.”

Maroela Media het berig dat fase 2 van die program op 17 Mei afgeskop het en dat mense van 60 jaar en ouer prioriteit sal kry.

Teen dié tyd was meer as die helfte van Suid-Afrika se gesondheidswerkers egter nog steeds nie ingeënt nie.

Ntshavheni het ’n verdere beroep op die publiek gedoen om streng by Covid-19-maatreëls soos die dra van maskers, gereelde ontsmetting en sosiale afstand te hou, gegewe die dreigende derde vlaag van Covid-19. Meer as 4 000 nuwe Covid-19-gevalle is Woensdag in Suid-Afrika aangemeld. Ntshavheni sê die regering is bekommerd oor die toename in sterftes en aktiewe gevalle in die land.

“As kabinet is ons in die proses om te besluit watter stappe geïmplementeer moet word om die verspreiding van die virus hok te slaan. Ons sal binnekort ʼn datum bekendmaak wanneer die president die land oor dié besluite sal inlig.

Maroela Media het Dinsdag berig dat Suid-Afrikaners moontlik binnekort strenger inperkingsregulasies kan verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Alida ·

Kan Maroela nie asseblief vir ons iewers ‘n lys van die private inentingslokale (soos Dischems of Clicks) publiseer nie? Of ook uitvind of daar enigsins ‘n manier is om te kies waar ‘n inenting moet plaasvind?

Botterblommetjie ·

Ek sien sy ‘n goeie voorbeeld sonder die masker…. Kan nie glo hier is nog mense wat als glo wat die regering ens. kwytraak nie… dit is huil-wekkend…. (lagwekkend, is werklik nie meer van toepassing nie)…

tweeling ·

Ja dit vorder goed as jy die syfers manipuleer. Al die gesondheids werkers is nog nie gespuit nie. Skande

Misky ·

As jy lae standaarde het, sal jy seker “tevrede” wees met die stand van sake.

Ons het tans die laagste persentasie van mense al ingeent in die hele Afrika. Selfs Zimbabwe het al meer ingeent….

Rian ·

Wat het die minister van klein-sake ontwikkeling met die entstof te doen?

Baardman ·

Almal van hulle het mos ondernemings wat geld maak uit die entstofprogram.

Andre ·

Haar suster se man se broer se tante, wat oorkant haar ouma bly se kleinneef het nou ophou werk by MacDonalds en hy gaan nou a verspreider word. Dis mos hoe hulle rol.

Persheks Adri ·

Dankie vir die lag Andre! Ek’s nou so deur mekaar ek sal die pad moet volg lol

Samuel ·

Net mooi niks nie. O nee, sy skep seker saam met die ander kamerade

Johann ·

Ja wel gemeet teen die absoluut onbevoegde ANC pipe dream van sukses is sy seker in haar skik met hulle prestasie? SHAME ON YOU!!!!!!!! Hoe kyk jy n gesondheidswerker in die gesig en smile terwyl julle nie eers die funksionerende gewete het om nie eers alle gesondheidswerkers te kan inent nie? Maar hey…vir 27 jaar hardloop die massas agter hulle redders aan….ongeskoold….ongevoed….sonde basiese dienste… Siek siek siek realiteitvan die WERKLKE RSA!

marius ·

Vorder so goed soos ‘n bebroeide eier wat al dae in die son bak . Dis die waarheid .

Andre ·

Ons is al in Mei, amper Junie, waar ons al miljoene moes inent, so julle vordering is nie so goed soos wat julle die wêreld vertel nie. Hoeveel mense is dood as gevolg van julle onvermoë om om by die tyd al die helfte van Suid Afrika in te ent. Almal wat nou doodgaan van Covid is op julle hande.

Andre ·

Registreer help niks as die werk nie uit gevoer kan word nie. Die ouens gee n hande klap vir geen prestasie

Johanncb ·

Ek verskil 100% met haar! Jy registreer, ontvang die sms om te bevestig, en daarna gebeur daar…….niks!

Pietertjie ·

Ek wonder hoeveel Kubane is betrokke by die opstel van die program

JohanR ·

Agh my gooiste praat Dlamini-Zuma, ekskuus, Cyril Ramaphosa al weer!

Kokerboom ·

Hulle lieg so dat hul hulself glo! Wat het ‘n Minister van Kleinsake in elk geval uit te waai met gesondheidsake? Wat ‘n sirkus

Vonkprop ·

Sy raak bly oor duisende wat ingeënt is teenoor ander lande wat miljoene al ingeënt het. Glad nie iets om oor trots te wees nie

Wakkerslaper ·

In 3 maande se tyd skaars 750 000 mense geënt…. maar in Afrika terme is dit puik….. wat ‘n flippin grap!

Jacobus ·

Weet hierdie brein sjirurg hoe ver duisende van miljoene is – seker ook student van Zuma skool vir Wiskunde.

Jack ·

Koop maar julle drink en rookgoedjies. Die smokkelaars en hul politieke konneksies het reeds opgestok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.