Epilepsielyer glo in hospitaal verkrag

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

ʼn Vrou wat aan epilepsie ly is glo by die Suidrand-hospitaal in Johannesburg verkrag terwyl sy gewag het om daar opgeneem te word.

Jack Bloom, gesondheidswoordvoerder vir die Demokratiese Alliansie (DA) in Gauteng, het Donderdag gesê hy het ʼn verslag ontvang waarin die vrou beweer sy is een aand deur ʼn psigiatriese pasiënt in ʼn wagkamer verkrag terwyl sy geslaap het.

“Die psigiatriese pasiënt is vroeër die middag ontslaan en het vir ʼn familielid gewag om hom by die hospitaal op te laai,” het Bloom gesê.

Hy het gesê daar is ʼn drastiese toename in psigiatriese pasiënte by die hospitaal vandat die Chris Hani Baragwanath-hospitaal sy ongevalle-eenheid tydelik gesluit het vir opknappingswerk. Pasiënte met skisofrenie, bipolêre versteuring, selfmoordneigings en dwelmverslawing word gewoonlik vir 72 uur opgeneem vir observasie en behandeling.

“Psigiatriese pasiënte moet apart van gewone pasiënte gehou word, in ʼn toegewyde saal met meer sekuriteit,” het hy gesê.

Hy het gesê daar is nog geen aanduiding of iemand weens die voorval in hegtenis geneem is nie.

Bloom het sy kommer oor die voorval uitgespreek en aangedring dat ʼn volledige ondersoek van stapel gestuur word.

Bestuur by die hospitaal kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

M ·

Mens kan maar net jou kop skud vir wat alles aangaan in hierdie land. Is mens nou nie eers meer veilig in ‘n hospitaal nie en nou wil hulle nog hierdie nuwe regerings mediese plan wat ook al jy dit noem in ons kele afdruk. Hoe gaan dit dan nie gaan nie want ons gaan seker almal nou gedwing word om na hierdie septiese staatshospitale toe te gaan tensy jy die prviaat fondse kan bekostig. Ek hoop regtig hierdie mal plan realiser NOOIT nie.

Antoinette ·

wat het die vrou daardie tyd van die aand nog in die hospitaal gesoek? Gewag om opgeneem te word?

Jo ·

Nee, as jy die berig lees, sal jy sien dat sy reeds ontslaan was, maar het gewag vir familie om haar by die hospitaal te kom haal.

Pieter ·

Ai toggie Jo. Sommige van ons lees bietjie beter as ander.

Lynette ·

Nee Jo, jy moet berig weer gaan lees. Vrou het gewag om opgeneem te word en sy is verkrag deur man wat vroeer ontslaan is en wat vir sy familie gewag het om hom te kom oplaai.

alida ·

Die barbaarse optrede word ten sterkste veroordeel. So ‘n mens is siek in sy kop en moes in die eerste plek in ‘n veilige plek toegesluit gewees het totdat sy mense opgedaag het.

Theresa B ·

Hoe siek kan ‘n mens wees om sulke dinge te wil doen………………. Walglik!!

Berhalet Beukes ·

Vergeet ‘n oomblik van hoër sekuriteit in psigiatriese eenhede, waar was die sekuriteitspersoneel?? Kameras?? Enige iets?? Hoe sluip iemand dan ongemerk deur die gange rond, verkrag iemand en niemand kom enige iets agter nie?? Nee jinne man, dit gebeur te veel in hospitale! Maak ‘n plan man!

Anny Penny ·

My kind is in 1980 daar gebore toe dit nog n puik hospitaal was. Skreiend dat dinge so agteruit gegaan het

Wiebo ·

#Antoinette. Jou opmerking is onvanpas. As mens na n staatshospitaal ongevalle toe gaan, sit jy vir die hele dag/nag daar. Die vrou het ook gewag om gehelp te word. JY MOET MAAR SIT EN WAG, AL IS DIT IN DIE NAG! Ek was na Steve Biko in Pretoria. Het 16h00 die middag daar aangekom, en is eers die volgende oggend om 05h00 gehelp. So, mens sit en sit by die ongevalle vir ure sonder dat ENIGE iemand jou help. As ek verkrag was daardie nag, sou niemand dit eers geweet het nie. Staats hospitale se ongevalle afdeling is skrikwekkend sleg en niemand steur hulle aan jou nie. Die buitelandse dokters loop net op en af en doen niks-ekskuus, hulle drink net bekers en bekers koffie uit en gesels met mekaar.

Maude ·

Wiebo jy praat die waarheid. Dit is presies wat in die kimberley staats hospitaal gebeur. By ons sien jy nie n senior dr nie. Net hierdie 2de jaar drs en hulle is behoorlik onbeskof met jou as ou mens. Ek het galstene, baie pyn gehad, hulle str jou maar net hs toe met pynpille.

Maude ·

Was oor desember 2keer in kimberley staats hospt vir galsten wil nie opereer nie. Een nag ook n bruin man( mans &vroue saam op 1st vloer)in my kamer gekom. Het so geskrik koni eers geluid uitkry nie. Hy was ook gesteurd. Hulle moes die sekuriteit kry om hom vas te bind aan sy bed. Sal eerder by my hs sterf as om weer na die staatshospt in kimberley gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.