Epilepsielyer verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Donderdagmiddag verdrink in ʼn swembad by ʼn huis in Mount Edgecombe in Umhlanga, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man, wat aan epilepsie ly, het die swembad by die huis skoongemaak. “Die eienaar van die huis het vir hom ontbyt gemaak en toe sy hom gaan soek, het hy in die swembad gedryf.”

Botha het gesê met paramedici se aankoms op die toneel was veiligheidsbeamptes reeds besig om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas. Paramedici het die man op ʼn ventilator geplaas en vir langer as ʼn uur gespook om hom by te bring. “Hy is ongelukkig op die toneel dood verklaar.”

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Waarheid ·

Sterkte aan die betrokke tot die sekerheidsbeamptes ook. Tragies my skoonsus het in haar Huis in die bad dit oorgekom. Jammer en spyt kom altyd te laat. Voorsorg en waaksaamheid kan help, voorkom …soms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.