ER24-werker word vermis

Corrie Craukamp

Corrie Craukamp

Lees die opvolgberig hier.

ʼn Soektog is van stapel gestuur na Corrie Craukamp (52), ʼn personeellid van ER24-nooddienste, wat Maandag verdwyn het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Craukamp werk by ER24 se noodgevalkontaksentrum in Johannesburg. Hy is Maandagoggend vir die laaste keer by sy huis in Bloubosrand in Randburg gesien toe hy op pad was werk toe. Hy het dit nooit tot by die kantoor gemaak nie.
“Hy is vir die laaste keer deur ander inwoners gesien toe hy sy huis in ʼn wit Mercedes 230C met die registrasienommer STN 355 GP verlaat het,” het Meiring gesê.

Craukamp kan nie op sy selfoon bereik word nie, en familielede weet nie waar hy hom bevind nie.

Hy is 1,7 m lank, weeg tussen 70 en 80 kg, het grys hare en het blou oë. Hy het litteken op sy linkerwang.

Mense wat weet waar Craukamp hom bevind kan ER24 bel by 084 124 of die Douglasdale-polisiestasie by 011 699 1300.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

V ·

Ai dit is so hartseer as n geliefde net verdwyn en in vandag se barbaarse samelewing is niemand veilig nie.Hoop hul kry hom lewend terug.

SNEL ·

Sterkte aan die familie, hoop julle pappie en man kom veilig huis toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.