Erdogan sê Italië moet eerder Mafia uitsorteer

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye. Foto: AP Photo/Kayhan Ozer, Presidential Press Service, Pool

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye. Foto: AP Photo/Kayhan Ozer, Presidential Press Service, Pool

Die Turkse president Recep Tayyip Erdogan het gesê Italië moet eerder die Mafia uitsorteer as om die ondersoek na sy seun voort te sit.

Erdogan se oudste seun, Bilal, word reeds vanaf Februarie vanjaar vir geldwassery in Italië ondersoek. Erdogan se seun wil sy studie in Bologna afsluit, maar soos Erdogan dit stel: “As my seun vandag na Italië terugreis, kan hy daar in hegtenis geneem word.”

Die spanning tussen Turkye en Italië het verder verhoog nadat betogers in Bologna teen Erdogan betoog het onder die vaandel van die PKK, wat as ʼn militante groep in Turkye beskou word.

Die Italiaanse eerste minister, Matteo Renzi, het gesê Italië is ʼn regstaat waar regters op grond van wette en die grondwet handel. Hy het gesê Italië dans nie na die pype van die Turkse president nie.

Erdogan het Italië se regstelsel gekritiseer en gesê die verhouding tussen die twee lande kan in die gedrang kom weens die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JC ·

Lekker!!
Belaglike Erdogan.
En dan is die Turke nog dom genoeg om na sy pype te dans en hom te glo!
Kan maar net my kop skud vir nog ‘n affere wat homself ‘n leier noem, wat ‘n pateet en moeilikheidmaker(soeker)!!

HV ·

Ek wil ook graag weet hoekom die Italiaanse regering nie die mafia nek omdraai. Is dit nou maar nie ook soos hier by ons waar misdaad gedy, want van die regerings amptenare het self n hand in die misdaad paai.

Armando ·

Net vandag in die koerant gelees, HV: Krap eerder in jou neus as in sake waarvan jy niks weet nie (behalwe dat dit nie die neus is nie).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.