‘Erfenis gee erkenning aan ʼn volk se voortbestaan’

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: VF Plus)

Erfenis is ʼn noodsaaklike en onlosmaaklike deel van enige volk se voortbestaan. Wanneer jy ʼn volk se erfenis vernietig, vernietig jy die volk. Erfenis gee erkenning aan ʼn volk se voortbestaan.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, sê dit is daarom uiters belangrik dat die Afrikanervolk moet seker maak dat sy erfenis beskerm en bewaar word om toekomstige geslagte ook in staat te stel om te weet wie hulle is en waar hulle vandaan kom. “ʼn Volk kan net trots wees as hy ook trots is op sy verlede en sy erfenis.

“Suid-Afrika se Grondwet maak dit duidelik dat die land behoort aan almal wat daarin woon, verenig in hul diversiteit.”

Die VF Plus moedig daarom alle Suid-Afrikaners aan om trots te wees op wie en wat hulle is – trots om bruin te wees, trots om swart te wees en trots om wit wees. “Elke volk moet die geleentheid gegun word om sy erfenis te koester, te bewaar en uit te bou.”

Hierdie reg van die Afrikaner word tans bedreig en die ANC is besig met ʼn subtiele proses om alles wat deel is van die Afrikaner se erfenis, te vernietig en te demoniseer, sê Groenewald.

Sogenaamde koloniale en standbeelde van die Afrikaner-geskiedenis en die behoefte om daarvan ontslae te raak, is opnuut op die agenda van die regerende party en die EFF. “Daar kan geen twyfel bestaan nie dat dit ʼn kwalik verskuilde poging is om die Afrikaner se erfenis ook te teiken.”

Dié miskenning van ander se erfenis is nie net van toepassing op standbeelde nie, dit hou verband met taal- en kultuurerfenis in die algemeen, meen Groenewald. “Hierdie optrede hoort nie in ʼn land waar taal- en kultuurerfenis van gemeenskappe deur die Grondwet erken en beskerm word nie.

“Dit is eindelik niks anders nie as ʼn poging om die Afrikanervolk, en veral die jonger generasie, sy trots te ontneem en hom skaam te maak oor wie en wat hy is. ʼn Goeie kennis van ʼn volk se erfenis en sy geskiedenis, sal verhinder dat dit gebeur.”

Die VF Plus doen ʼn beroep op die Afrikaner om met trots sy kultuur te beoefen en erkenning en waardering te hê vir die offers wat ons voorsate vir ons toekoms gebring het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andrew ·

Dr. Pieter. As julle nie nou besêf dat daar met volkstaat onderhandelinge en planne moet begin word nie dan gaan die VF dit nooit doen nie. Plaasmoorde, verwydering van taal en kultuur, dit is volksmoord en moet so begin hanteer word. Daar sal altyd die engelse (met hul dubbele paspoorte) en progresiewes wees wat oor volkstaat praatjies sal galbraak, maar hulle kan in emalatheni en tshwane ens. hul progresiewe manietjies uitleef. En moet nie laat die volk kies waar hul wil bly nie, laat die aan ons gegee word dan is daai balkei ook sommer van die tafel af.

Harry ·

Die tyd is ryp. Anders is ons ook aandaadig aan ons medeburgers se dood. Praat Pieter.!!

Jr ·

Kom ek vertel jou weer net wat julle almal weet. Wharra wharra . Baie praat niks doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.