
Die stadsaal in Bloemfontein nadat dit Woensdag (21 Junie 2017) aan die brand gesteek is. Foto: Twitter via @Talk2Elia
Dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro, sê die Bloemfonteinse stadsaal was ʼn erfenisbate van onskatbare waarde wat nou vir ewig verlore is.
Dit volg ná stakende werkers van dié metro, wat Bloemfontein, Botshabelo, Dewetsdorp, Wepener en Tweespruit insluit, Woensdagaand die gebou weens hul ontevredenheid met die ANC-beheerde munisipale administrasie aan die brand gesteek het.
Volgens Snyman-van Deventer is die stadsaal die eerste keer in 1883 gebou en weer in 1935 herbou. Die munisipale argief wat in die kelder van die stadsaal gehuisves was, is ook na bewering verwoes. Behalwe vir die hout wat uit ʼn skeepswrak van die 1800’s herwin en in die boog van die verhoog gebruik is, was die besonderse erfenisbate ʼn nasionale gedenkwaardigheid en ʼn spesiale deel van Bloemfontein, die Vrystaat én Suid-Afrika se geskiedenis.
“Dit is werklik ʼn hartseer gevolg van ʼn onbevoegde ANC-administrasie en burgemeester se onvermoë om behoorlike bestuur toe te pas.”
Sy het bevestig dat die VF Plus ʼn klag van kwaadwillige saakbeskadiging teen SAMWU, sowel as sy provinsiale sekretaris, Thabang Tseoua, aanhangig gemaak het.
“Die skuldiges moet aan die pen ry en SAMWU behoort vir die skade te betaal, maar hoe vervang ’n mens iets wat meer as 100 jaar se geskiedenis bevat het?”
- Die stadsaal in Bloemfontein nadat dit Woensdag (21 Junie 2017) aan die brand gesteek is. Foto: Twitter via @farmingportal
- Foto: Twitter via Arrive Alive
- Foto: Twitter via Arrive Alive
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
25 Kommentare
Maak ‘n beginsel besluit wie in die toekoms nie toegelaat sal word in waardvolle geboue nie.
Is enige van die skildiges gearesteer?
ons kan wys wat ons in die geskiedenis al bereik het tov geboue, tegnologie, hartoorplantings, wapentuig, ens! ander kan net die teendeel daarvan wys, daarom het hulle wat regeer en in die meerderheid is nodig om hulle met wetgewing teen die minderheid moet beskerm! wat ñ vernedering!
Dis tyd dat vakbonde volle aanspreeklikheid vir enige skade aan provinsiale en nasionale bates moet dra. Hierdie unies het baie fondse.
Dus maar hoe dit gaan in die land. Ons het nou nie baie natuur rampe nie maar mens rampe het ons in oorvloed.